Efésios 4
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
1 Exorto-vos, pois, - prisioneiro que sou pela causa do Senhor -, que leveis uma vida digna da vocação à qual fostes chamados,
2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra
2 com toda a humildade e amabilidade, com grandeza de alma, suportando-vos mutuamente com caridade.
3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
3 Sede solícitos em conservar a unidade do Espírito no vínculo da paz.
4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
4 Sede um só corpo e um só espírito, assim como fostes chamados pela vossa vocação a uma só esperança.
5 een Here, een geloof een doop,
5 Há um só Senhor, uma só fé, um só batismo.
6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
6 Há um só Deus e Pai de todos, que atua acima de todos, por todos e em todos.
7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
7 Mas a cada um de nós foi dada a graça, segundo a medida do dom de Cristo,
8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
8 pelo que diz: Quando subiu ao alto, levou muitos cativos, cumulou de dons os homens {Sl 67,19}.
9 Maar d¡t: Hy het opgevaar -- wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
9 Ora, que quer dizer ele subiu, senão que antes havia descido a esta terra?
10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
10 Aquele que desceu é também o que subiu acima de todos os céus, para encher todas as coisas.
11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
11 A uns ele constituiu apóstolos; a outros, profetas; a outros, evangelistas, pastores, doutores,
12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
12 para o aperfeiçoamento dos cristãos, para o desempenho da tarefa que visa à construção do corpo de Cristo,
13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
13 até que todos tenhamos chegado à unidade da fé e do conhecimento do Filho de Deus, até atingirmos o estado de homem feito, a estatura da maturidade de Cristo.
14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
14 Para que não continuemos crianças ao sabor das ondas, agitados por qualquer sopro de doutrina, ao capricho da malignidade dos homens e de seus artifícios enganadores.
15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,
15 Mas, pela prática sincera da caridade, cresçamos em todos os sentidos, naquele que é a cabeça, Cristo.
16 uit wie die hele liggaam -- goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate -- die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
16 É por ele que todo o corpo - coordenado e unido por conexões que estão ao seu dispor, trabalhando cada um conforme a atividade que lhe é própria - efetua esse crescimento, visando a sua plena edificação na caridade.
17 Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie --
17 Portanto, eis o que digo e conjuro no Senhor: não persistais em viver como os pagãos, que andam à mercê de suas idéias frívolas.
18 mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;
18 Têm o entendimento obscurecido. Sua ignorância e o endurecimento de seu coração mantêm-nos afastados da vida de Deus.
19 wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
19 Indolentes, entregaram-se à dissolução, à prática apaixonada de toda espécie de impureza.
20 Maar julle het Christus nie so leer ken nie,
20 Vós, porém, não foi para isto que vos tornastes discípulos de Cristo,
21 as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:
21 se é que o ouvistes e dele aprendestes, como convém à verdade em Jesus.
22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
22 Renunciai à vida passada, despojai-vos do homem velho, corrompido pelas concupiscências enganadoras.
23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
23 Renovai sem cessar o sentimento da vossa alma,
24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
24 e revesti-vos do homem novo, criado à imagem de Deus, em verdadeira justiça e santidade.
25 Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
25 Por isso, renunciai à mentira. Fale cada um a seu próximo a verdade, pois somos membros uns dos outros.
26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
26 Mesmo em cólera, não pequeis. Não se ponha o sol sobre o vosso ressentimento.
27 en gee aan die duiwel geen plek nie.
27 Não deis lugar ao demônio.
28 Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
28 Quem era ladrão não torne a roubar, antes trabalhe seriamente por realizar o bem com as suas próprias mãos, para ter com que socorrer os necessitados.
29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
29 Nenhuma palavra má saia da vossa boca, mas só a que for útil para a edificação, sempre que for possível, e benfazeja aos que ouvem.
30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
30 Não contristeis o Espírito Santo de Deus, com o qual estais selados para o dia da Redenção.
31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
31 Toda amargura, ira, indignação, gritaria e calúnia sejam desterradas do meio de vós, bem como toda malícia.
32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
32 Antes, sede uns com os outros bondosos e compassivos. Perdoai-vos uns aos outros, como também Deus vos perdoou, em Cristo.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Efésios 4, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.