Efésios 1

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in fese is, en die gelowiges in Christus Jesus:
1 Paulo, apóstolo de Cristo Jesus pela vontade de Deus, aos santos que vivem em Éfeso e são fiéis em Cristo Jesus.
2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!
2 Que a graça e a paz de Deus, nosso Pai, e do Senhor Jesus Cristo estejam com vocês.
3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseënhet met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
3 Bendito seja o Deus e Pai de nosso Senhor Jesus Cristo, que nos abençoou com todas as bênçãos espirituais nas regiões celestiais em Cristo.
4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
4 Antes da fundação do mundo, Deus nos escolheu, nele, para sermos santos e irrepreensíveis diante dele. Em amor
5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,
5 nos predestinou para ele, para sermos adotados como seus filhos, por meio de Jesus Cristo, segundo o propósito de sua vontade,
6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
6 para louvor da glória de sua graça, que ele nos concedeu gratuitamente no Amado.
7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,
7 Nele temos a redenção, pelo seu sangue, a remissão dos pecados, segundo a riqueza da sua graça,
8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,
8 que Deus derramou abundantemente sobre nós em toda a sabedoria e entendimento.
9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,
9 Ele nos revelou o mistério da sua vontade, segundo o seu propósito, que ele apresentou em Cristo,
10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig --
10 de fazer convergir nele, na dispensação da plenitude dos tempos, todas as coisas, tanto as do céu como as da terra.
11 in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,
11 Em Cristo fomos também feitos herança, predestinados segundo o propósito daquele que faz todas as coisas conforme o conselho da sua vontade,
12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,
12 a fim de sermos para louvor da sua glória, nós, os que de antemão esperamos em Cristo.
13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
13 Nele também vocês, depois que ouviram a palavra da verdade, o evangelho da salvação, tendo nele também crido, receberam o selo do Espírito Santo da promessa.
14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
14 O Espírito é o penhor da nossa herança, até o resgate da sua propriedade, em louvor da sua glória.
15 Daarom -- vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges --
15 Por isso, também eu, tendo ouvido a respeito da fé que vocês têm no Senhor Jesus e do amor para com todos os santos,
16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,
16 não cesso de dar graças por vocês, mencionando-os nas minhas orações.
17 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
17 Peço ao Deus de nosso Senhor Jesus Cristo, o Pai da glória, que conceda a vocês espírito de sabedoria e de revelação no pleno conhecimento dele.
18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;
18 Peço que ele ilumine os olhos do coração de vocês, para que saibam qual é a esperança da vocação de vocês, qual é a riqueza da glória da sua herança nos santos
19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte
19 e qual é a suprema grandeza do seu poder sobre nós, os que cremos, segundo a eficácia da força do seu poder.
20 wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
20 Ele exerceu esse poder em Cristo, ressuscitando-o dentre os mortos e fazendo-o sentar à sua direita nas regiões celestiais,
21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
21 acima de todo principado, potestade, poder, domínio e de todo nome que se possa mencionar, não só no presente século, mas também no vindouro.
22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
22 E sujeitou todas as coisas debaixo dos pés de Cristo e, para ser o cabeça sobre todas as coisas, o deu à igreja,
23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
23 a qual é o seu corpo, a plenitude daquele que a tudo enche em todas as coisas.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Efésios 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.