Esdras 4
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA
1 En toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge 'n tempel bou vir die HERE, die God van Israel,
1 Quando os adversários de Judá e Benjamim ouviram que os que haviam voltado do cativeiro estavam reconstruindo o templo ao Senhor , Deus de Israel,
2 het hulle aangekom na Serubb bel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan Hom offer ons van die dae van Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.
2 aproximaram-se de Zorobabel e dos chefes de famílias e lhes disseram: — Deixem-nos ajudar na construção, porque buscamos o mesmo Deus que vocês buscam. Já temos oferecido sacrifícios a ele desde os dias de Esar-Hadom, rei da Assíria, que nos fez vir para este lugar.
3 Maar Serubb bel en J,sua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons 'n huis vir onse God bou nie, maar ons alleen sal vir die HERE, die God van Israel, dit bou soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.
3 Porém Zorobabel, Jesua e os outros chefes de famílias de Israel responderam: — Vocês não têm nada a ver conosco na construção do templo ao nosso Deus. Nós mesmos, sozinhos, vamos construí-lo ao
4 Toe het die volk van die land die hande van die volk van Juda laat verslap en hulle afgeskrik om nie te bou nie.
4 Então o povo da terra começou a desanimar o povo de Judá, perturbando-o no trabalho de construção.
5 En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van Dar¡us, die koning van Persië.
5 Contrataram conselheiros para frustrar o plano deles. Fizeram isso durante todo o reinado de Ciro, rei da Pérsia, até o reinado de Dario, rei da Pérsia.
6 En onder die regering van Ahasv,ros, in die begin van sy regering, het hulle 'n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.
6 No começo do reinado de Assuero, escreveram uma acusação contra os habitantes de Judá e de Jerusalém.
7 En in die dae van Artas sta het Bislam, M¡tredat, T beël en sy ander partygenote aan Artas sta, die koning van Persië, geskrywe; en die skrif van die brief was Aramees geskrywe en in Aramees vertaal.
7 E, nos dias de Artaxerxes, rei da Pérsia, Bislão, Mitredate, Tabeel e os outros companheiros escreveram uma carta a Artaxerxes. A carta foi escrita em aramaico e traduzida.
8 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, het 'n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artas sta, die koning, van die volgende inhoud:
8 Reum, o comandante, e Sinsai, o escrivão, escreveram uma carta ao rei Artaxerxes contra Jerusalém.
9 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die Dina‹ete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, naamlik die Elamiete,
9 Os que escreveram foram Reum, o comandante, Sinsai, o escrivão, e os outros companheiros: dinaítas, afarsaquitas, tarpelitas, afarsitas, arquevitas, babilônios, susanquitas, deavitas, elamitas
10 en die ander volke wat die groot en beroemde Asnappar weggevoer en in die stad Samar¡a en die orige gebied wes van die Eufraat laat woon het. En nou --
10 e outros povos, que o grande e afamado Osnapar deportou e fez habitar na cidade de Samaria e em outros lugares deste lado do Eufrates.
11 dit is 'n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: Aan koning Artas sta, u dienaars, die manne wes van die Eufraat. En nou --
11 Eis o teor da carta endereçada ao rei Artaxerxes: “Ao rei Artaxerxes, de seus servos, os homens deste lado do Eufrates e em tal tempo.
12 aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle.
12 Seja do conhecimento do rei que os judeus que saíram daí vieram a Jerusalém. Eles estão reconstruindo aquela cidade rebelde e má. Estão restaurando as muralhas e reparando os seus fundamentos.
13 Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as die stad opgebou en die mure voltooi is, geen belasting, opbrings of tol sal gee nie -- wat aan die inkomste van die konings skade sal doen.
13 Saiba ainda o rei que, se aquela cidade for reconstruída e as muralhas forem restauradas, eles não pagarão os direitos, os impostos e os pedágios e assim causarão prejuízos ao rei.
14 Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet,
14 Agora, como somos assalariados do rei e não queremos ver a desonra dele, por isso mandamos este aviso ao rei,
15 dat hulle kan nasoek in die kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit verneem dat die stad 'n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle van ouds af daarin oproer verwek het; daarom is die stad verwoes.
15 para que faça uma investigação no Livro das Crônicas de seus pais, e nele o rei descobrirá e saberá que aquela cidade foi rebelde e danosa aos reis e às províncias e que nela tem havido rebeliões, desde os tempos antigos; por isso a cidade foi destruída.
16 Ons maak die koning bekend dat, as die stad opgebou en die mure voltooi word, u daardeur geen deel sal hê wes van die Eufraat nie.
16 Portanto, informamos ao rei que, se essa cidade for reconstruída e as suas muralhas forem restauradas, o rei não terá mais a posse das terras deste lado do Eufrates.”
17 Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samar¡a en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou --
17 O rei mandou a seguinte resposta: “A Reum, o comandante, a Sinsai, o escrivão, e aos seus companheiros que moram em Samaria, bem como aos demais que estão além do Eufrates: Paz!
18 die brief wat julle aan ons gestuur het, is aan my in vertaling voorgelees.
18 A carta que vocês nos mandaram foi lida com clareza na minha presença.
19 En deur my is bevel gegee, en hulle het gesoek en gevind dat die stad van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.
19 Por ordem minha, fizeram uma investigação e descobriram que, desde tempos antigos, aquela cidade tem se levantado contra os reis, e nela ocorreram rebeliões e tumultos.
20 En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.
20 Também houve reis poderosos sobre Jerusalém, que dominaram toda a região além do Eufrates, aos quais foram pagos direitos, impostos e pedágios.
21 Gee nou bevel dat die manne moet ophou en hierdie stad nie opgebou mag word totdat deur my bevel gegee sal word nie.
21 Agora, deem uma ordem para que aqueles homens parem o trabalho e aquela cidade não seja reconstruída, a não ser com autorização minha.
22 En wees gewaarsku om hierin geen nalatigheid te begaan nie, dat daar nie groter skade tot nadeel van die konings ontstaan nie.
22 Tenham cuidado e não sejam negligentes nestas coisas. Por que aumentaria o dano, em prejuízo dos reis?”
23 Net toe die afskrif van die brief van Artas sta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met geweld en mag laat ophou.
23 Depois que a cópia da carta do rei Artaxerxes foi lida diante de Reum, de Sinsai, o escrivão, e dos seus companheiros, eles foram depressa a Jerusalém, aos judeus, e, de mão armada, os forçaram a parar a obra.
24 Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Dar¡us, die koning van Persië.
24 Assim, a obra da Casa de Deus, em Jerusalém, foi interrompida; e isso até o segundo ano do reinado de Dario, rei da Pérsia.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Esdras 4, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.