Eclesiastes 8

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van 'n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.
1 Quem é como o homem sábio? E quem sabe a interpretação das coisas? A sabedoria do homem faz brilhar a sua face, e o vigor da sua face é alterado.
2 Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.
2 Eu aconselho que observes o mandamento do rei, e isso em consideração ao juramento de Deus.
3 Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met 'n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.
3 Não te apresses a sair da sua vista, nem persistas em alguma coisa má, porque ele faz tudo do modo como quer.
4 Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?
4 Porque a palavra de um rei tem poder; e quem lhe dirá: Que fazes?
5 Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van 'n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.
5 Quem guardar o mandamento não sentirá mal algum; e o coração do sábio discernirá o tempo e o juízo.
6 Want vir elke ding is daar 'n tyd en 'n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.
6 Porque para todo o propósito há tempo e juízo; porquanto a miséria do homem é grande sobre ele.
7 Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees -- wie kan hom dit te kenne gee?
7 Porque ele não sabe o que há de ser; porquanto quem lhe dirá quando há de ser?
8 Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.
8 Nenhum homem há que tenha poder sobre o espírito, para o reter; nem tem ele poder no dia da morte; nem se liberar em tempo de guerra; nem a maldade livrará aqueles que a possuem.
9 Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in 'n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.
9 Tudo isto eu tenho visto, e apliquei o meu coração a toda a obra que se faz debaixo do sol; há um tempo em que um homem governa sobre outro homem, para o seu próprio dano.
10 So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
10 E então eu vi os ímpios sepultados, aqueles que tinham entrado e saído do lugar santo; e eles foram esquecidos na cidade em que assim fizeram; isto também é vaidade.
11 Omdat die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen;
11 Porque não se executa rapidamente uma sentença sobre a má obra, então o coração dos filhos dos homens está inteiramente disposto a fazer o mal.
12 aangesien 'n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe -- alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,
12 Embora o pecador pratique o mal cem vezes, e os seus dias se prolonguem, ainda assim eu sei com certeza que bem sucede aos que temem a Deus, aos que temem diante dele.
13 en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos 'n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.
13 Porém, o ímpio não irá bem, e ele não lhe prolongará os dias, que são como a sombra; porque ele não teme diante de Deus.
14 Dit is 'n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
14 Há uma vaidade que se faz sobre a terra: há homens justos a quem sucede de acordo com as obras dos ímpios, e também há homens ímpios a quem sucede de acordo com as obras dos justos. Eu digo que isto também é vaidade.
15 Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.
15 Então eu elogiei a alegria, porque o homem não tem nada melhor debaixo do sol do que comer, beber e alegrar-se; porque isso o acompanhará no seu trabalho nos dias da sua vida, que Deus lhe dá debaixo do sol.
16 Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word -- ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie --
16 Quando apliquei o meu coração a conhecer a sabedoria, e a ver o negócio que é realizado sobre a terra (pois também há que, nem o dia nem a noite dorme com os seus olhos);
17 het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan -- hy sal dit nie kan uitvind nie!
17 então contemplei toda a obra de Deus, que o homem não pode descobrir a obra que se faz debaixo do sol; por mais que trabalhe o homem para a descobrir, contudo, ele não a encontrará; e embora o homem sábio pense que a conhece, ainda assim ele não poderá encontrá-la.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Eclesiastes 8, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.