Eclesiastes 7
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF
1 'n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.
1 Melhor é a boa fama do que o melhor ungüento, e o dia da morte do que o dia do nascimento de alguém.
2 Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem.
2 Melhor é ir à casa onde há luto do que ir à casa onde há banquete, porque naquela está o fim de todos os homens, e os vivos o aplicam ao seu coração.
3 Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.
3 Melhor é a mágoa do que o riso, porque com a tristeza do rosto se faz melhor o coração.
4 Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde.
4 O coração dos sábios está na casa do luto, mas o coração dos tolos na casa da alegria.
5 Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse as dat 'n mens luister na die lied van die dwase.
5 Melhor é ouvir a repreensão do sábio, do que ouvir alguém a canção do tolo.
6 Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.
6 Porque qual o crepitar dos espinhos debaixo de uma panela, tal é o riso do tolo; também isto é vaidade.
7 Sekerlik, afpersing maak 'n wyse dwaas, en 'n geskenk bederwe die hart.
7 Verdadeiramente que a opressão faria endoidecer até ao sábio, e o suborno corrompe o coração.
8 Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige is beter as 'n hoogmoedige.
8 Melhor é o fim das coisas do que o princípio delas; melhor é o paciente de espírito do que o altivo de espírito.
9 Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.
9 Não te apresses no teu espírito a irar-te, porque a ira repousa no íntimo dos tolos.
10 Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.
10 Nunca digas: Por que foram os dias passados melhores do que estes? Porque não provém da sabedoria esta pergunta.
11 Wysheid is net so goed as 'n erfdeel en 'n voordeel vir die wat die son sien.
11 Tão boa é a sabedoria como a herança, e dela tiram proveito os que vêem o sol.
12 Want wysheid is 'n beskutting, geld is 'n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.
12 Porque a sabedoria serve de defesa, como de defesa serve o dinheiro; mas a excelência do conhecimento é que a sabedoria dá vida ao seu possuidor.
13 Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?
13 Atenta para a obra de Deus; porque quem poderá endireitar o que ele fez torto?
14 Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens n sy dood niks meer sal ontdek nie.
14 No dia da prosperidade goza do bem, mas no dia da adversidade considera; porque também Deus fez a este em oposição àquele, para que o homem nada descubra do que há de vir depois dele.
15 Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is 'n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is 'n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.
15 Tudo isto vi nos dias da minha vaidade: há justo que perece na sua justiça, e há ímpio que prolonga os seus dias na sua maldade.
16 Wees nie alte regverdig en hou jou nie buitengewoon wys nie: waarom sou jy jouself te gronde rig?
16 Não sejas demasiadamente justo, nem demasiadamente sábio; por que te destruirias a ti mesmo?
17 Wees nie alte goddeloos, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd?
17 Não sejas demasiadamente ímpio, nem sejas louco; por que morrerias fora de teu tempo?
18 Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.
18 Bom é que retenhas isto, e também daquilo não retires a tua mão; porque quem teme a Deus escapa de tudo isso.
19 Die wysheid versterk die wyse meer as tien maghebbers wat in die stad is;
19 A sabedoria fortalece ao sábio, mais do que dez poderosos que haja na cidade.
20 want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.
20 Na verdade que não há homem justo sobre a terra, que faça o bem, e nunca peque.
21 Jy moet ook nie let op al die woorde wat die mense spreek nie, sodat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie.
21 Tampouco apliques o teu coração a todas as palavras que se disserem, para que não venhas a ouvir o teu servo amaldiçoar-te.
22 Want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy self ook ander gevloek het.
22 Porque o teu coração também já confessou que muitas vezes tu amaldiçoaste a outros.
23 Dit alles het ek met wysheid op die proef gestel; ek het gesê: Ek wil wys word, maar dit het ver van my gebly.
23 Tudo isto provei-o pela sabedoria; eu disse: Sabedoria adquirirei; mas ela ainda estava longe de mim.
24 Wat bestaan, is ver en baie diep; wie kan dit begryp?
24 O que já sucedeu é remoto e profundíssimo; quem o achará?
25 Ek het my daartoe gewend en my hart gerig om te weet en na te speur, en wysheid en 'n slotsom te soek, en om so die goddeloosheid as dwaasheid en die dwaasheid as onverstandigheid te leer ken.
25 Eu apliquei o meu coração para saber, e inquirir, e buscar a sabedoria e a razão das coisas, e para conhecer que a impiedade é insensatez e que a estultícia é loucura.
26 En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.
26 E eu achei uma coisa mais amarga do que a morte, a mulher cujo coração são redes e laços, e cujas mãos são ataduras; quem for bom diante de Deus escapará dela, mas o pecador virá a ser preso por ela.
27 Kyk, dit het ek uitgevind, sê die Prediker, deur die een by die ander te voeg, om 'n slotsom te vind --
27 Vedes aqui, isto achei, diz o pregador, conferindo uma coisa com a outra para achar a razão delas;
28 wat my siel lank gesoek het, maar wat ek nie gevind het nie: een mens uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek onder soveel nie gevind nie.
28 A qual ainda busca a minha alma, porém ainda não a achei; um homem entre mil achei eu, mas uma mulher entre todas estas não achei.
29 Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.
29 Eis aqui, o que tão-somente achei: que Deus fez ao homem reto, porém eles buscaram muitas astúcias.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Eclesiastes 7, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.