Eclesiastes 1

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Die woorde van die Prediker, die seun van Dawid, die koning in Jerusalem.
1 Palavras do Pregador, filho de Davi, rei em Jerusalém.
2 Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!
2 Vaidade de vaidades, diz o Pregador, vaidade de vaidades; tudo é vaidade.
3 Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
3 Que benefício tem o homem de todo o seu trabalho, que faz debaixo do sol?
4 Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan.
4 Uma geração passa, e uma outra geração vem; mas a terra permanece para sempre.
5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.
5 O sol nasce, e o sol se põe, e apressa-se de volta ao seu lugar de onde nasceu.
6 Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug.
6 O vento vai em direção ao sul, e faz o seu giro para o norte; o vento gira continuamente, e retorna novamente de acordo com os seus circuitos.
7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.
7 Todos os rios correm para o mar, e contudo, o mar não fica cheio; ao lugar de onde os rios vêm, para ali retornam eles novamente.
8 Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie.
8 Todas as coisas são trabalhosas; o homem não o pode exprimir; o olho não se satisfaz em ver, nem o ouvido se enche de ouvir.
9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
9 O que aconteceu, isso é o que há de ser; e o que está feito, é o que deverá ser feito; e não há coisa nova debaixo do sol.
10 Is daar iets waarvan 'n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
10 Há alguma coisa da qual se possa dizer: Vê, isto é novo? Já era nos velhos tempos, que foram antes de nós.
11 Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.
11 Não há lembrança de coisas anteriores; nem haverá nenhuma lembrança das coisas que hão de vir, entre as que hão de vir depois.
12 Ek, Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.
12 Eu, o Pregador, fui rei sobre Israel em Jerusalém.
13 En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is 'n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.
13 E dediquei o meu coração a buscar e a procurar pela sabedoria no que diz respeito a todas as coisas que são realizadas debaixo do céu; esta enfadonha ocupação Deus deu aos filhos do homem, para que nela se exercitem.
14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind.
14 Tenho visto todas as obras que se fazem debaixo do sol, e eis que tudo é vaidade e aflição de espírito.
15 Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie.
15 Aquilo que é torto não se pode endireitar; e aquilo que falta não se pode numerar.
16 Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk, ,k het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien.
16 Falei eu com o meu próprio coração, dizendo: Eis que adquiri grande riqueza, e superei em sabedoria a todos os que vieram antes de mim em Jerusalém; sim, o meu coração teve uma grande experiência de sabedoria e conhecimento.
17 Maar toe ek my hart daarop gerig het om wysheid en kennis, onverstandigheid en dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook 'n gejaag na wind is.
17 E apliquei o meu coração a conhecer a sabedoria e a conhecer a loucura e as tolices, e percebi que isto também é aflição de espírito.
18 Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.
18 Porque na muita sabedoria há muita angústia; e aquele que aumenta o conhecimento, aumenta a tristeza.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Eclesiastes 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.