Deuteronômio 9

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Hoor, Israel, jy trek vandag deur die Jordaan om nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot aan die hemel versterk is,
1 Ouve, ó Israel: Hoje deves passar o Jordão, para possuíres nações maiores e mais poderosas do que tu, cidades grandes e muradas até o céu,
2 'n groot volk van hoë gestalte, die kinders van die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor die kinders van Enak?
2 um povo grande e alto, os filhos dos anaquins, a quem conheces e de quem ouviste falar. Quem pode resistir diante os filhos de Anaque?
3 Weet dan vandag dat die HERE jou God die Een is wat voor jou oortrek soos 'n verterende vuur. Hy sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die HERE jou beloof het.
3 Entendemos portanto neste dia, que o ­SENHOR teu Deus é aquele que vai adiante de ti; como um fogo consumidor, ele os destruirá, e fará com que caiam diante da tua face; assim tu os expulsarás, e os destruirás rapidamente, como o ­SENHOR te ordenou.
4 As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit.
4 Não fales no teu coração, depois que o ­SENHOR teu Deus os tiver lançado fora de diante de ti, dizendo: Pela minha justiça o ­SENHOR me trouxe para possuir esta terra; mas pela iniquidade destas nações, o ­SENHOR os expulsou de diante de ti.
5 Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die HERE vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.
5 Não é pela tua justiça, nem pela retidão do teu coração, que vais possuir a terra; mas pela iniquidade dessas nações, o ­SENHOR teu Deus as expulsa de diante de ti, e para que ele possa realizar a obra que o ­SENHOR jurou a teus pais, Abraão, Isaque e Jacó.
6 Weet dan dat die HERE jou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is 'n hardnekkige volk.
6 Entende, portanto, que não é pela tua justiça que o ­SENHOR teu Deus te dá esta boa terra para possuí-la, pois tu és um povo obstinado.
7 Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die HERE jou God in die woestyn vertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die HERE.
7 Lembra-te, e não te esqueças como provocaste à ira ao ­SENHOR teu Deus no deserto; desde o dia em que deixastes a terra do Egito, até que chegastes a este lugar, fostes rebeldes contra o ­SENHOR.
8 Ja, by Horeb het julle die HERE vertoorn, sodat die HERE toornig was op julle om julle te verdelg.
8 Também em Horebe provocastes à ira ao ­SENHOR, e o ­SENHOR se irou convosco, para vos destruir.
9 Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly -- brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie --
9 Quando subi ao monte para receber as tábuas de pedra, as tábuas do pacto que o ­SENHOR fez convosco, permaneci no monte quarenta dias e quarenta noites; não comi pão nem bebi água;
10 en die HERE het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos die HERE op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, op die dag van die vergadering.
10 e o ­SENHOR me entregou duas tábuas de pedra, escritas com o dedo de Deus; e nelas havia escrito conforme todas as palavras que o ­SENHOR falou convosco no monte, do meio do fogo, no dia da congregação.
11 En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond,
11 E aconteceu que no fim de quarenta dias e quarenta noites, que o ­SENHOR me deu as duas tábuas de pedra, as tábuas do pacto.
12 en die HERE het vir my gesê: Staan op, klim hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel; hulle het gou afgewyk van die weg wat Ek hulle beveel het; hulle het vir hulle 'n gegote beeld gemaak.
12 E o ­SENHOR me disse: Levanta-te, desce rapidamente daqui, porque o teu povo, que tiraste do Egito se corrompeu; eles se afastaram, rapidamente, do caminho que eu lhes ordenei; eles fizeram para si mesmos uma imagem de fundição.
13 Verder het die HERE met my gespreek en gesê: Ek het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk. '
13 Além disso, o ­SENHOR falou comigo, dizendo: Eu vi esse povo, e eis que é um povo obstinado;
14 Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou 'n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.
14 deixe-me sozinho, para que eu os destrua, e apague o seu nome de debaixo do céu; e farei de ti uma nação maior e mais poderosa do que eles.
15 Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die verbond was in my twee hande.
15 Assim, eu me virei, e desci do monte, e o monte ardia com fogo; e as duas tábuas do pacto estavam em minhas duas mãos.
16 Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle 'n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het.
16 E olhei, e eis que vós havíeis pecado contra o ­SENHOR vosso Deus, e vós tínheis feito um bezerro fundido; vos desviastes rapidamente do caminho que o ­SENHOR vos havia ordenado.
17 En ek het die twee tafels gegryp en dit uit my twee hande gegooi en dit voor julle oë verbrysel.
17 E olhei as duas tábuas, e as lancei de minhas duas mãos, e as quebrei diante dos vossos olhos.
18 Daarop het ek voor die aangesig van die HERE neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank -- brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie -- vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom te terg.
18 E caí diante do ­SENHOR, como nos primeiros quarenta dias e quarenta noites; não comi pão, nem bebi água, por causa de todos os vossos pecados, que pecastes, agindo impiamente aos olhos do ­SENHOR para provocá-lo à ira.
19 Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die HERE op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die HERE het my die keer ook verhoor.
19 Porque tive medo, por causa da ira e do grande desprazer com que o ­SENHOR se acendeu contra vós, para vos destruir. Mas também neste tempo o ­SENHOR me ouviu.
20 Ook was die HERE baie toornig op A„ron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir A„ron in die tyd gebid.
20 E o ­SENHOR se irou com Arão para destruí-lo, e ao mesmo tempo orei por Arão.
21 En ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, geneem en dit met vuur verbrand en dit stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat dit so fyn soos stof was; en die stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom.
21 E tomei o vosso pecado, o bezerro que havíeis feito, e o queimei com fogo e o pisei, e o moí em pedaços muito pequenos, até que ficaram pequenos como o pó, e lancei o seu pó no ribeiro que descia do monte.
22 Ook by Tab,ra en by Massa en by Kibrot-Hatt äwa het julle elke keer die HERE vertoorn.
22 E em Taberá, e em Massá, e em Quibrote-Hataavá provocastes a ira do ­SENHOR.
23 En toe die HERE julle uit Kades-Barn,a gestuur het met die woorde: Trek op en neem die land in besit wat Ek julle gegee het -- was julle wederstrewig teen die bevel van die HERE julle God en het julle Hom nie geglo en na sy stem nie geluister nie.
23 Do mesmo modo quando o ­SENHOR vos enviou de Cades-Barneia, dizendo: Ide e possuí a terra que vos dei; então vos rebelastes contra o mandamento do ­SENHOR vosso Deus, e não crestes nele, nem ouvistes a sua voz.
24 Wederstrewig was julle teen die HERE van die dag af dat ek julle ken.
24 Fostes rebeldes contra o ­SENHOR desde o dia em que vos conheci.
25 En ek het neergeval voor die aangesig van die HERE, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat die HERE gesê het dat Hy julle wou verdelg.
25 Assim, caí diante do ­SENHOR quarenta dias e quarenta noites, como caí na primeira, porque o ­SENHOR havia dito que vos destruiria.
26 En ek het die HERE gebid en gesê: Here, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur 'n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.
26 Portanto orei diante do ­SENHOR, e disse: Ó Senhor DEUS, não destruas o teu povo e a tua herança, que resgataste com a tua grandeza, que trouxeste do Egito com mão forte.
27 Dink aan u knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle goddeloosheid en hulle sonde nie,
27 Lembra-te dos teus servos, Abraão, Isaque e Jacó; não olhes para a teimosia deste povo, nem para a sua iniquidade, nem para o seu pecado,
28 sodat die land waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie: Omdat die HERE hulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe!
28 para que a terra de onde nos tiraste não diga: Pois o ­SENHOR não pôde trazê-los à terra que lhes prometeu, e porque os odiava, ele os tirou para matá-los no deserto.
29 Hulle is tog u volk en u erfdeel wat U deur u grote krag en u uitgestrekte arm uitgelei het.
29 Mas eles são o teu povo e a tua herança, que trouxeste pelo teu grande poder e pelo teu braço estendido.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 9, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.