Deuteronômio 8

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het.
1 “Obedeçam cuidadosamente a todos os mandamentos que hoje lhes dou. Assim, vocês viverão e se multiplicarão, e entrarão e tomarão posse da terra que o S enhor jurou dar a seus antepassados.
2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.
2 Lembrem-se de como o S enhor , seu Deus, os guiou pelo deserto estes quarenta anos, humilhando-os e pondo à prova seu caráter, para ver se vocês obedeceriam ou não a seus mandamentos.
3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.
3 Sim, ele os humilhou, permitindo que tivessem fome. Em seguida, ele os sustentou com maná, um alimento que nem vocês nem seus antepassados conheciam, a fim de lhes ensinar que as pessoas não vivem só de pão, mas de toda palavra que vem da boca do S enhor .
4 Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie.
4 Ao longo de todos estes quarenta anos, suas roupas não se gastaram e seus pés não incharam nem criaram bolhas.
5 Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig,
5 Pensem nisto: assim como o pai disciplina o filho, também o S enhor , seu Deus, disciplina vocês para o seu próprio bem.
6 en hou die gebooie van die HERE jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.
6 “Portanto, obedeçam aos mandamentos do S enhor , seu Deus, andando em seus caminhos e temendo a ele.
7 Want die HERE jou God bring jou in 'n goeie land, 'n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;
7 Pois o S enhor , seu Deus, está levando vocês para uma terra boa, com riachos e tanques de água, com fontes que jorram nos vales e colinas.
8 'n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; 'n land van olieryke olyfbome en heuning;
8 É uma terra de trigo e cevada, com vinhedos, figueiras e romãzeiras, com azeite e mel.
9 'n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; 'n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;
9 É uma terra onde há muito alimento e não falta coisa alguma. É uma terra onde há ferro nas rochas e cobre em grande quantidade nos montes.
10 en jy sal eet en versadig word en die HERE jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.
10 Quando tiverem comido até se saciarem, lembrem-se de louvar o S enhor , seu Deus, pela boa terra que ele lhes deu.
11 Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;
11 “Tenham cuidado para que, em meio à fartura, não se esqueçam do S enhor , seu Deus, e desobedeçam aos mandamentos, estatutos e decretos que hoje lhes dou.
12 sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon,
12 Quando ficarem satisfeitos e forem prósperos, quando tiverem construído belas casas onde morar,
13 en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder --
13 e quando seus rebanhos tiverem se tornado numerosos e sua prata e seu ouro tiverem se multiplicado junto com todos os seus bens, tenham cuidado!
14 en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;
14 Não se tornem orgulhosos e não se esqueçam do S enhor , seu Deus, que os libertou da escravidão na terra do Egito.
15 wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en 'n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het;
15 Ele os guiou pelo deserto imenso e assustador, cheio de serpentes venenosas e escorpiões, uma terra quente e seca. Ele lhes deu água da rocha.
16 wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen --
16 Sustentou-os no deserto com maná, alimento que seus antepassados não conheciam, para humilhá-los e prová-los para o seu próprio bem.
17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.
17 Fez tudo isso para que vocês jamais viessem a pensar: ‘Conquistei toda esta riqueza com minha própria força e capacidade’.
18 Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is.
18 Lembrem-se do S enhor , seu Deus. É ele que lhes dá força para serem bem-sucedidos, a fim de confirmar a aliança solene que fez com seus antepassados, como hoje se vê.
19 Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;
19 “Uma coisa, porém, eu lhes garanto: se vocês se esquecerem do S enhor , seu Deus, e seguirem outros deuses, adorando-os e curvando-se diante deles, certamente serão destruídos.
20 soos die nasies wat die HERE voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die HeRE julle God nie geluister het nie.
20 Assim como o S enhor destruiu outras nações em seu caminho, vocês também serão destruídos caso se recusem a obedecer ao S enhor , seu Deus.”

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 8, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.