Deuteronômio 5
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC
1 En Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.
1 E chamou Moisés a todo o Israel e disse-lhes: Ouve, ó Israel, os estatutos e juízos que hoje vos falo aos ouvidos; e aprendê-los-eis e guardá-los-eis, para os cumprir.
2 Die HERE onse God het by Horeb met ons 'n verbond gesluit.
2 O Senhor , nosso Deus, fez conosco concerto, em Horebe.
3 Met ons vaders het die HERE hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.
3 Não foi com nossos pais que fez o Senhor este concerto, senão conosco, todos os que hoje aqui estamos vivos.
4 Van aangesig tot aangesig het die HERE op die berg uit die vuur met julle gespreek --
4 Face a face o Senhor falou conosco, no monte, do meio do fogo
5 ek het in die tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie -- en Hy het gesê:
5 (Naquele tempo, eu estava em pé entre o Senhor e vós, para vos notificar a palavra do Senhor , porque temestes o fogo e não subistes ao monte.), dizendo:
6 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
6 Eu sou o Senhor , teu Deus, que te tirei da terra do Egito, da casa da servidão.
7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
7 Não terás outros deuses diante de mim.
8 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
8 Não farás para ti imagem de escultura, nem semelhança alguma do que há em cima no céu, nem embaixo na terra, nem nas águas debaixo da terra;
9 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
9 não te encurvarás a elas, nem as servirás; porque eu, o Senhor , teu Deus, sou Deus zeloso, que visito a maldade dos pais sobre os filhos, até à terceira e quarta geração daqueles que me aborrecem,
10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
10 e faço misericórdia em milhares aos que me amam e guardam os meus mandamentos.
11 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
11 Não tomarás o nome do Senhor , teu Deus, em vão, porque o Senhor não terá por inocente ao que tomar o seu nome em vão.
12 Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die HERE jou God jou beveel het.
12 Guarda o dia de sábado, para o santificar, como te ordenou o Senhor , teu Deus.
13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
13 Seis dias trabalharás e farás toda a tua obra.
14 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy g,,n werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
14 Mas o sétimo dia é o sábado do Senhor , teu Deus; não farás nenhuma obra nele, nem tu, nem teu filho, nem tua filha, nem o teu servo, nem a tua serva, nem o teu boi, nem o teu jumento, nem animal algum teu, nem o estrangeiro que está dentro de tuas portas; para que o teu servo e a tua serva descansem como tu;
15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.
15 porque te lembrarás que foste servo na terra do Egito e que o Senhor , teu Deus, te tirou dali com mão forte e braço estendido; pelo que o Senhor , teu Deus, te ordenou que guardasses o dia de sábado.
16 Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
16 Honra a teu pai e a tua mãe, como o Senhor , teu Deus, te ordenou, para que se prolonguem os teus dias e para que te vá bem na terra que te dá o Senhor , teu Deus.
17 Jy mag nie doodslaan nie.
17 Não matarás.
18 En jy mag nie egbreek nie.
18 E não adulterarás.
19 En jy mag nie steel nie.
19 E não furtarás.
20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
20 E não dirás falso testemunho contra o teu próximo.
21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie -- na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
21 E não cobiçarás a mulher do teu próximo; e não desejarás a casa do teu próximo, nem o seu campo, nem o seu servo, nem a sua serva, nem o seu boi, nem o seu jumento, nem coisa alguma do teu próximo.
22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.
22 Estas palavras falou o Senhor a toda a vossa congregação no monte, do meio do fogo, da nuvem e da escuridade, com grande voz, e nada acrescentou; e as escreveu em duas tábuas de pedra e a mim mas deu.
23 En toe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,
23 E sucedeu que, ouvindo a voz do meio das trevas e vendo o monte ardente em fogo, vos achegastes a mim, todos os cabeças das vossas tribos e vossos anciãos,
24 en gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.
24 e dissestes: Eis aqui o Senhor , nosso Deus, nos fez ver a sua glória e a sua grandeza, e ouvimos a sua voz do meio do fogo; hoje, vimos que Deus fala com o homem e que o homem fica vivo.
25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van die HERE onse God nog langer hoor, sal ons sterwe.
25 Agora, pois, por que morreríamos? Pois este grande fogo nos consumiria; se ainda mais ouvíssemos a voz do Senhor , nosso Deus, morreríamos.
26 Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het?
26 Porque, quem há, de toda a carne, que ouviu a voz do Deus vivente falando do meio do fogo, como nós, e ficou vivo?
27 Gaan u naderby en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; dan kan u ons alles meedeel wat die HERE onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.
27 Chega-te tu e ouve tudo o que disser o Senhor , nosso Deus; e tu nos dirás tudo o que te disser o Senhor , nosso Deus, e o ouviremos e o faremos.
28 En die HERE het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê die HERE vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed wat hulle gespreek het.
28 Ouvindo, pois, o Senhor a voz das vossas palavras, quando me faláveis a mim, o Senhor me disse: Eu ouvi a voz das palavras deste povo, que te disseram; em tudo falaram eles bem.
29 Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
29 Quem dera que eles tivessem tal coração que me temessem e guardassem todos os meus mandamentos todos os dias, para que bem lhes fosse a eles e a seus filhos, para sempre!
30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe.
30 Vai, dize-lhes: Tornai-vos às vossas tendas.
31 Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.
31 Porém tu está aqui comigo, para que eu a ti te diga todos os mandamentos, e estatutos, e juízos que tu lhes hás de ensinar que cumpram na terra que eu lhes darei para possuí-la.
32 Sorg dan dat julle doen soos die HERE julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.
32 Olhai, pois, que façais como vos mandou o Senhor , vosso Deus; não declinareis, nem para a direita, nem para a esquerda.
33 In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.
33 Andareis em todo o caminho que vos manda o Senhor , vosso Deus, para que vivais, e bem vos suceda, e prolongueis os dias na terra que haveis de possuir.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 5, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.