Deuteronômio 32

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond.
1 Ouvi, ó céus, e falarei; e ouve, ó terra, as palavras da minha boca.
2 Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante.
2 A minha doutrina gotejará como a chuva, a minha fala destilará como o orvalho, como a garoa sobre a tenra erva, e como as chuvas sobre a relva;
3 Want die Naam van die HERE roep ek uit: Gee grootheid aan onse God!
3 porque divulgarei o nome do SENHOR: Engrandecei ao nosso Deus.
4 Die Rots -- volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
4 Ele é a Rocha, a sua obra é perfeita; porque todos os seus caminhos são juízo; um Deus de verdade e sem iniquidade, justo e reto é ele.
5 Hulle het verderflik teen Hom gehandel -- die wat sy seuns nie was nie, maar hulle skandvlek -- 'n verkeerde en verdraaide geslag.
5 Eles se corromperam, a mancha deles não é a mancha dos seus filhos; eles são uma geração perversa e deturpada.
6 Durf julle dit die HERE vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou toeberei nie?
6 Assim recompensais ao SENHOR, ó povo tolo e insensato? Não é ele o teu pai, que te comprou? Ele não te criou, e não te estabeleceu?
7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.
7 Lembra-te dos dias de antigamente; considera os anos de muitas gerações; pergunta a teu pai, e ele te mostrará, e aos teus anciãos, e eles te dirão.
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
8 Quando o Altíssimo dividiu entre as nações a sua herança, quando separou os filhos de Adão, definiu os termos do povo, conforme o número dos filhos de Israel.
9 Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.
9 Porque a porção do SENHOR é o seu povo; Jacó é a parte da sua herança.
10 Hy het hom gevind in 'n woestynland en in 'n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.
10 Ele o encontrou em uma terra deserta, e no deserto solitário e uivante; ele o guiou, ele o instruiu, ele o protegeu, como a menina dos seus olhos.
11 Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels --
11 Como uma águia agita sua ninhada, voando sobre as suas crias, estende suas asas, toma-os, e leva-os sobre suas asas;
12 die HERE alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.
12 só o SENHOR o guiou, e não houve com ele nenhum deus estranho.
13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;
13 Ele o fez cavalgar sobre os lugares altos da terra, para que pudesse comer o incremento dos seus campos, e o fez chupar o mel da rocha, e azeite da rocha pedregosa;
14 dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring; en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.
14 manteiga de vacas, e leite de ovelhas, com gordura de cordeiros, e carneiros da raça de Basã, e cabras, com a gordura dos rins de trigo; e bebeste o sangue puro das uvas.
15 Toe het Jesurun vet geword en agterop geskop -- jy het vet geword, dik geword, spekvet geword -- en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.
15 Mas Jesurum engordou, e deu coices; tu engordaste, tu te engrossaste, tu te cobriste de gordura; então ele abandonou o Deus que o criou, e desprezou a Rocha da sua salvação.
16 Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg.
16 Eles provocaram ciúmes, com deuses estranhos, com abominações o provocaram à ira.
17 Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.
17 Eles sacrificaram a demônios, não a Deus; a deuses que não conheciam; a novos deuses que eram recém chegados, a quem seus pais não temiam.
18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het.
18 Da Rocha que te gerou, te descuidaste, e te esqueceste do Deus que te formou.
19 Toe die HERE dit sien, het Hy hulle verwerp, uit ergernis oor sy seuns en dogters.
19 E quando o SENHOR viu isso, abominou-os por causa da provocação de seus filhos e de suas filhas.
20 En Hy het gesê: Ek wil my aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want 'n heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen trou is nie.
20 E ele disse: Esconderei deles a minha face; e verei qual será o seu fim, porque eles são uma geração muito insubordinada, filhos em quem não existe fé.
21 Hulle het my ywer gewek deur wat nie-God is, My geterg deur hulle nietige afgode. k sal dan hulle ywer wek deur die wat 'n nie-volk is, deur 'n dwase nasie sal Ek hulle terg.
21 Eles me moveram para o ciúme do que não é Deus; eles me provocaram à ira com suas vaidades; e eu os moverei para o ciúme daqueles que não são um povo; eu os provocarei à ira com uma nação tola.
22 Want 'n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.
22 Porque um fogo se acendeu na minha ira, e arderá até as profundezas do inferno, e consumirá a terra com o seu incremento, e porá fogo nas fundações dos montes.
23 Ek sal onheile op hulle ophoop; my pyle sal Ek op hulle wegskiet.
23 Amontoarei males sobre eles; minhas setas gastarei sobre eles.
24 As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.
24 Eles se consumirão com fome, e serão devorados com calor ardente, e com amarga destruição; também enviarei sobre eles os dentes de animais, com o veneno de serpentes do pó.
25 Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard.
25 por fora a espada, e por dentro o terror, destruirão tanto ao jovem como a virgem, o bebê que mama e também o homem de cabelos grisalhos.
26 Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei --
26 Eu disse: Eu os espalharei pelos cantos, e farei cessar a sua lembrança entre os homens,
27 as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en die HERE het dit alles nie gedoen nie.
27 se eu não temesse a ira do inimigo, para que os seus adversários não se comportem de maneira estranha, e para que não digam: A nossa mão está alta, e o SENHOR não fez tudo isto.
28 Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie.
28 Porque eles são uma nação vazia de conselhos, e nem há nenhum entendimento neles.
29 Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle einde let.
29 Oh, se fossem sábios, para que entendessem isto, para que considerassem o seu fim!
30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE hulle oorgelewer het nie!
30 Como poderia um só perseguir mil, e dois colocarem dez mil em fuga, exceto se a sua Rocha os tivesse vendido, e o SENHOR os tivesse encerrado?
31 Want hulle steenrots is nie soos ons Steenrots nie -- ja, ons vyande self is skeidsregters!
31 Pois a sua rocha não é como a nossa Rocha, e até os nossos inimigos são juízes.
32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is giftige druiwe, bitter trosse dra hulle.
32 Porque a sua vinha é a vinha de Sodoma, e dos campos de Gomorra; as suas uvas são uvas de fel, os seus cachos são amargos;
33 Hulle wyn is slanggif en wrede addergif.
33 o seu vinho é o veneno de dragões, e o cruel veneno de víboras.
34 Is dit nie by My opgegaar, in my skatkamers verseël nie?
34 Não está isto armazenado comigo, e selado entre os meus tesouros?
35 My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou.
35 A mim pertence a vingança, e a recompensa; o seu pé deslizará no devido tempo; porque o dia da sua calamidade é chegado, e as coisas que virão sobre eles se apressam.
36 Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.
36 Porquanto o SENHOR julgará o seu povo, e se arrependerá pelos seus servos, quando vir que o seu poder se acabou, e que não existe ninguém preso, ou deixado.
37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het,
37 E ele dirá: Onde estão os seus deuses, a sua rocha, em quem confiavam,
38 wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle 'n beskerming kan wees!
38 que comeu a gordura de seus sacrifícios, e bebeu o vinho das suas ofertas de bebidas? Levantem-se, e vos ajudem, e sejam a vossa proteção.
39 Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
39 Vede agora que eu, eu sou ele, e não há nenhum deus comigo; eu mato e eu faço viver; eu firo e eu saro; tampouco existe alguém que possa escapar de minha mão.
40 Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef --
40 Porque ergo minha mão para os céus, e digo: Eu vivo para sempre.
41 as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.
41 Se eu afiar a minha espada reluzente, e a minha mão tomar o juízo; trarei vingança aos meus inimigos, e recompensarei os que me odeiam.
42 Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.
42 Farei minhas setas bêbadas de sangue, e minha espada devorará a carne; e isso com o sangue dos mortos e dos cativos, desde o princípio das vinganças sobre o inimigo.
43 Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk.
43 Alegrai-vos, ó nações, com o seu povo; porque ele vingará o sangue dos seus servos, e trará vingança aos seus adversários, e será misericordioso com a sua terra, e para o seu povo.
44 En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hos,a, die seun van Nun.
44 E Moisés saiu e falou todas as palavras deste cântico aos ouvidos do povo, ele e Oseias, filho de Num.
45 En toe Moses met al hierdie woorde die hele Israel klaar toegespreek het,
45 E Moisés terminou de falar todas essas palavras a todo Israel,
46 sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou.
46 e disse a eles: Concentrai vossos corações em todas as palavras que testemunho entre vós neste dia, que ordenareis que os vossos filhos observem e cumpram, todas as palavras desta lei.
47 Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe; en deur hierdie woord sal julle die dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
47 Porque não é uma coisa vã para vós, porque é a vossa vida; e por isto prolongareis os vossos dias na terra, que vais passar o Jordão para possuir.
48 Daarna het die HERE op daardie selfde dag met Moses gespreek en gesê:
48 E o SENHOR falou a Moisés naquele mesmo dia, dizendo:
49 Klim op hierdie gebergte Ab rim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor J,rigo lê, en aanskou die land Kana„n wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;
49 Sobe este monte de Abarim, até o monte Nebo, que está na terra de Moabe, que está diante de Jericó, e contempla a terra de Canaã, que dou aos filhos de Israel como uma possessão,
50 en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en word versamel by jou volksgenote, soos jou broer A„ron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote,
50 e morrerás no monte que subirás, e te reunirás ao teu povo, como Arão, teu irmão, morreu no monte Hor, e foi reunido ao seu povo;
51 omdat julle onder die kinders van Israel ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kades, in die woestyn Sin, omdat julle My nie geheilig het onder die kinders van Israel nie.
51 porque transgrediste contra mim entre os filhos de Israel, nas águas de Meribá de Cades, no deserto de Zim; porque não me santificastes no meio dos filhos de Israel.
52 Want reg voor sal jy die land sien, maar jy sal daar nie inkom, in die land wat Ek aan die kinders van Israel sal gee nie.
52 Mas verás a terra diante de ti; mas não irás à terra que dou aos filhos de Israel.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 32, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.