Deuteronômio 2
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 Daarna het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee, soos die HERE aan my gesê het, en ons het om die gebergte Se‹r getrek, baie dae lank.
1 Partindo dali, fomos para o deserto na direção do mar Vermelho, segundo a ordem do Senhor, e andamos muito tempo em torno do monte Seir.
2 Toe het die HERE met my gespreek en gesê:
2 O Senhor então me disse:
3 Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg
3 basta de girar em volta deste monte; dirigi-vos para o norte.
4 en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Se‹r woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op;
4 Ordena ao povo: atravessareis o território de vossos irmãos, os filhos de Esaú, que habitam em Seir. Eles têm medo de vós;
5 begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie 'n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Se‹r as 'n besitting gegee.
5 mas guardai-vos de entrar em luta contra eles, porque não vos darei nada de sua terra, nem mesmo a medida de um pé; é a Esaú que dei a propriedade das montanhas de Seir.
6 Voedsel moet julle van hulle vir geld koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.
6 Comprar-lhes-eis a preço de dinheiro o necessário para alimentar-vos, e pagareis mesmo a água que beberdes,
7 Want die HERE jou God het jou geseënin al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.
7 porque o Senhor teu Deu s te abençoou em todas as tuas empresas, e velou sobre ti durante a tua marcha através desse vasto deserto. Eis já quarenta anos que o Senhor teu Deus está contigo, e nada te faltou.
8 Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Se‹r woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van Elat en Âseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die woestyn van Moab.
8 Passamos, pois, ao longe de nossos irmãos, os filhos de Esaú, que habitam em Seir, evitando o caminho da planície, assim como Elat e Asiongaber. Voltamos e tomamos o caminho na direção do deserto de Moab.
9 Toe het die HERE vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het.
9 Então o Senhor me disse: não ataques os moabitas e não entres em guerra contra eles, porque não te darei nada de sua terra; foi aos filhos de Lot que dei Ar como herança.
10 Die Emiete het tevore daarin gewoon, 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete.
10 { Outrora habitavam os e mim nessa terra. Era uni povo grande, numeroso e de alta estatura, como os enacim.
11 Hulle word ook vir Refa‹ete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.
11 Também eles eram considerados refaim, corno os enacim; irias os moabitas chamavam-nos emim.
12 Ook het die Horiete tevore in Se‹r gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.
12 Em Seir habitavam também os horreus, os quais foram expulsos pelos filhos de Esaú. Estes, após os haverem exterminado, estabeleceram-se em seu lugar, como o fez Israel na terra que o Senhor lhe deu em possessão.}
13 Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek.
13 Vamos, pois! Passai a torrente de Zered. Passamos então a torrente de Zered.
14 En die dae van ons trek van Kades-Barn,a af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt en dertig jaar -- totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos die HERE hulle dit gesweer het.
14 Durou trinta e oito anos essa nossa viagem de Cades-Barne até a passagem da torrente de Zered. Entretanto, extinguiu-se do acampamento toda a geração dos homens de guerra, assim como o Senhor o tinha jurado.
15 So was die hand van die HERE dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.
15 A mão do Senhor pesou sobre eles, e foram cortados do acampamento até a sua completa extinção.
16 En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het,
16 Depois que todos esses homens de guerra desapareceram do meio de seu povo, levados pela morte,
17 het die HERE met my gespreek en gesê:
17 o Senhor disse-me:
18 Jy trek vandag die grens van Moab by Ar oor,
18 passarás hoje a fronteira de Moab, Ar,
19 en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.
19 e encontrar-te-ás em face dos amonitas. Não os ataques, nem lhes faças guerra, porque não te darei nada da sua terra; foi aos filhos de Lot que dei a possessão dessa terra.
20 Dit word ook as 'n land van Refa‹ete beskou; Refa‹ete het tevore daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem --
20 {Também esta foi reputada terra dos refaim, chamados pelos amonitas de zanzomim,
21 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete -- maar die HERE het die voor hulle uit verdelg, sodat hulle die uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;
21 povo grande, numeroso e de alta estatura como os enacim. Mas o Senhor exterminou-os diante dos amonitas, que os despojaram e habitaram em lugar deles.
22 soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Se‹r woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle die uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.
22 Foi o que o Senhor tinha feito pelos filhos de Esaú, que habitam em Seir, destruindo os horreus diante deles. Despojaram-nos e estabeleceram-se em seu lugar, onde estão ainda hoje.
23 Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.
23 Da mesma sorte os heveus, que habitavam nas aldeias até Gaza, foram esmagados pelos caftorim, originários de Caftor, que se estabeleceram em seu lugar.}
24 Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom.
24 Vamos! Desarmai as tendas e passai a torrente do Arnon. Vê: entrego-te nas mãos Seon, rei de Hesebon, o amorreu, com a sua terra. Começa a despojá-lo e faze-lhe guerra.
25 Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.
25 A partir de hoje começarei a derramar o temor e o terror de teu nome entre os povos que habitam debaixo de todos os céus, de sorte que só ao ouvir o teu nome eles tremerão e estarão em pânico por causa de ti.
26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die woestyn Ked,mot na Sihon, die koning van Hesbon, met woorde van vrede om te sê:
26 Então enviei do deserto de Cademot mensageiros a Seon, rei de Hesebon, com palavras de paz, dizendo:
27 Laat my deur jou land gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie.
27 Deixa-me atravessar a tua terra; seguirei pela estrada comum, e não me desviarei nem para a direita nem para a esquerda.
28 Voedsel moet jy my verkoop vir geld, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir geld, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek --
28 Vender-me-ás por dinheiro o necessário para alimentar-me, e pagar-te-ei mesmo a água que eu beber. Deixa-me somente passar,
29 soos die kinders van Esau wat in Se‹r woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het -- totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat die HERE onse God aan ons sal gee.
29 - como fizeram os filhos de Esaú que habitam em Seir, e os moabitas que habitam em Ar -, até que eu chegue ao Jordão e entre na terra que o Senhor nosso Deus nos dá.
30 Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want die HERE jou God het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.
30 Mas Seon, rei de Hesebon, não consentiu que passássemos por sua terra; o Senhor, teu Deus, obcecara-lhe o espírito e endurecera-lhe o coração, a fim de entregá-lo em tuas mãos, como de fato aconteceu.
31 En die HERE het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.
31 O Senhor disse-me então: vê: estou pronto a entregar-te imediatamente Seon com a sua terra. Empreende a conquista e ocupa-lhe o território.
32 Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Jahas.
32 Seon saiu com todo o seu povo ao nosso encontro para pelejar contra nós em Jasa.
33 En die HERE onse God het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.
33 Mas o Senhor, nosso Deus, no-lo entregou e nós derrotamo-lo com os seus filhos e todo o seu povo.
34 En ons het in die tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.
34 Tomamos-lhe então todas as suas cidades, que votamos ao interdito, com os homens, as mulheres e as crianças, sem deixar escapar ninguém.
35 Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.
35 Só nos reservamos os animais e o espólio das cidades conquistadas.
36 Van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by G¡lead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie -- die HERE onse God het alles aan ons oorgegee.
36 Desde Aroer, que está à margem da torrente do Arnon, e a cidade situada no vale, até Galaad, não houve lugar tão forte que nos pudesse resistir; o Senhor, nosso Deus, tudo nos entregou.
37 Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat die HERE onse God verbied het.
37 Somente não vos aproximastes da terra dos amonitas, nem de lugar algum situado às margens da torrente do Jaboc, nem das cidades da montanha, nem de nenhum dos lugares proibidos pelo Senhor, nosso Deus.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.