Deuteronômio 28

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
1 E acontecerá que, se ouvires diligentemente a voz do SENHOR teu Deus, para guardar e cumprir todos os seus mandamentos, que te ordeno neste dia, que o SENHOR teu Deus te exaltará acima de todas as nações da terra;
2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.
2 e todas estas bênçãos virão a ti, e te alcançarão, se ouvires a voz do SENHOR teu Deus.
3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
3 Bendito serás tu na cidade, e bendito serás tu no campo.
4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
4 Bendito será o fruto do teu corpo, e o fruto da tua terra, e o fruto dos teus animais, e o crescimento das tuas vacas, e os rebanhos das tuas ovelhas.
5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
5 Bendito será o teu cesto e o teu armazém.
6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
6 Bendito serás quando entrares e bendito serás quando saíres.
7 Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
7 O SENHOR fará com que os inimigos que se levantarem contra ti sejam feridos perante a tua face. Eles sairão contra ti por um caminho, e fugirão diante de ti por sete caminhos.
8 Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
8 O SENHOR ordenará que a bênção esteja contigo nos teus celeiros e em tudo que puseres a tua mão; e te abençoará na terra que o SENHOR teu Deus te der.
9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.
9 O SENHOR te estabelecerá como um povo santo para si mesmo, como te jurou, se guardares os mandamentos do SENHOR teu Deus, e andares nos seus caminhos.
10 En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.
10 E todos os povos da terra verão que és chamado pelo nome do SENHOR; e terão medo de ti.
11 En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee.
11 E o SENHOR te tornará abundante em bens, no fruto do teu ventre, e no fruto dos teus animais, e no fruto da tua terra, na terra que o SENHOR jurou aos teus pais que te daria.
12 Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.
12 O SENHOR te abrirá o seu bom tesouro, os céus, para dar chuva à tua terra no seu tempo, e para abençoar toda a obra das tuas mãos; e emprestarás a muitas nações, e tu não pedirás nada emprestado.
13 En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,
13 E o SENHOR fará de ti a cabeça, e não a cauda; e só estarás em cima, e não estarás debaixo; se ouvires os mandamentos do SENHOR teu Deus, que te ordeno neste dia, para que os observes e os cumpras;
14 en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.
14 e não te desviarás de todas as palavras que te ordeno neste dia, nem para a direita nem para a esquerda, para andares após outros deuses, para os servires.
15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
15 Mas acontecerá que, se não deres ouvidos à voz do SENHOR teu Deus, para cuidares de cumprir todos os seus mandamentos e os seus estatutos, que te ordeno neste dia, sobre ti virão todas estas maldições e te alcançarão.
16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.
16 Maldito serás tu na cidade, e maldito serás tu no campo.
17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
17 Malditos serão o teu cesto e o teu armazém.
18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
18 Maldito será o fruto do teu ventre, e o fruto da tua terra, e o crescimento das tuas vacas, e os rebanhos das tuas ovelhas.
19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.
19 Maldito serás tu ao entrares e maldito serás ao saíres.
20 Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.
20 O SENHOR mandará sobre ti a maldição, a aflição e a repreensão, em tudo que puseres a tua mão para fazer, até que sejas destruído e até que pereças rapidamente, por causa da maldade das tuas obras, com que me deixaste.
21 Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
21 O SENHOR fará com que a peste se agarre a ti, até que ele te tenha consumido da terra, a qual vais possuir.
22 Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.
22 O SENHOR te ferirá com a tuberculose e com a febre, e com uma inflamação, e com um ardor intenso, e com a espada, e com golpes, e com a ferrugem; e te perseguirão até que pereças.
23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.
23 E os teus céus, que estão sobre a tua cabeça, serão de bronze, e a terra que está debaixo de ti será de ferro.
24 Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
24 O SENHOR fará que a chuva da tua terra seja pó e poeira; dos céus ela descerá sobre ti, até que sejas destruído.
25 Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug -- en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.
25 O SENHOR fará com que sejas ferido diante de teus inimigos; sairás por um caminho contra eles, e fugirás por sete caminhos perante eles; e serás removido a todos os reinos da terra.
26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.
26 E o teu cadáver será alimento a todas as aves do ar, e a todos os animais da terra, e nenhum homem os espantará.
27 Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
27 O SENHOR te ferirá com as úlceras do Egito, e com tumores, e com sarna, e com coceira, das quais não te poderás curar.
28 Die HERE sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,
28 O SENHOR te ferirá com loucura, e cegueira, e espanto de coração;
29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar 'n helper is.
29 e tatearás ao meio-dia, como o cego tateia na escuridão, e não prosperarás nos teus caminhos; e somente serás oprimido e roubado eternamente; e nenhum homem te salvará.
30 Jy sal jou met 'n vrou verloof, maar 'n ander man sal haar skend; 'n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; 'n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.
30 Tomarás uma esposa, e outro homem se deitará com ela; edificarás uma casa, e não habitarás nela; plantarás uma vinha, e não colherás as suas uvas.
31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou 'n helper is.
31 Teu boi será morto diante dos teus olhos, e não comerás dele; teu jumento será violentamente tomado diante de tua face, e não te será restituído; as tuas ovelhas serão dadas aos teus inimigos, e não terás ninguém que as resgate.
32 Jou seuns en jou dogters word aan 'n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.
32 Teus filhos e tuas filhas serão dados a outro povo, e os teus olhos olharão e desfalecerão com saudades deles todo o dia; e não haverá poder na tua mão.
33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal 'n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.
33 Uma nação que não conheces comerá o fruto da tua terra, e todo o teu trabalho, e serás somente oprimido e esmagado sempre,
34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
34 assim ficarás enlouquecido pelo que os teus olhos virem.
35 Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene -- waarvan jy nie gesond kan word nie -- van jou voetsool tot jou skedel.
35 O SENHOR te ferirá nos joelhos, e nas pernas, com uma úlcera dolorosa que não pode ser curada, desde a sola de teu pé até o topo da tua cabeça.
36 Die HERE sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na 'n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.
36 O SENHOR te trará, e ao teu rei, que colocares sobre ti, uma nação que nem tu, nem teus pais conheceram; e ali servirás a outros deuses, madeira e pedra.
37 En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.
37 E te tornarás um espanto, um provérbio e um ludíbrio entre todas as nações a que o SENHOR te levar.
38 Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet.
38 Lançarás muita semente ao campo, e colherás pouco, porque a locusta a comerá.
39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet.
39 Plantarás vinhas, e as cultivarás, mas não beberás o vinho, nem colherás as uvas, porque os bichos as comerão.
40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.
40 Terás oliveiras por todos os teus termos, mas não te ungirás com o azeite, pois as tuas oliveiras expulsarão os seus frutos.
41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.
41 Gerarás filhos e filhas, mas não serão para ti porque irão em cativeiro.
42 Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.
42 Todas as tuas árvores e o fruto da tua terra a locusta consumirá.
43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.
43 O estrangeiro que está no meio de ti se elevará acima de ti, muito alto, e tu descerás muito baixo.
44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.
44 Ele emprestará a ti, e tu não emprestarás a ele; ele será a cabeça, e tu serás a cauda.
45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;
45 Além disso, todas essas maldições te virão, e te perseguirão, e te dominarão, até que sejas destruído; porque não ouviste a voz do SENHOR teu Deus, para guardares os seus mandamentos e os seus estatutos que ele te ordenou.
46 en hulle sal by jou 'n teken en 'n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.
46 E elas estarão sobre ti, como um sinal e um prodígio, e sobre a tua semente para sempre.
47 Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,
47 Porque não serviste ao SENHOR teu Deus com alegria e com gozo de coração, pela abundância de todas as coisas;
48 sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.
48 portanto, servirás a teus inimigos, que o SENHOR enviará contra ti, com fome, e com sede, e com nudez, e com escassez de todas as coisas; e ele porá um jugo de ferro no teu pescoço, até que te tenha destruído.
49 Die HERE sal teen jou 'n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos 'n arend vlieg -- 'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
49 O SENHOR trará contra ti uma nação distante, da extremidade da terra, veloz como o voo da águia; uma nação cuja língua não entenderás;
50 'n nasie hard van aangesig, wat 'n grysaard nie ontsien en vir 'n seun geen genade het nie.
50 uma nação de aspecto feroz, que não terá respeito pelo velho, nem mostrará benevolência ao jovem;
51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
51 e ela comerá do fruto do teu gado, e o fruto da tua terra, até que sejas destruído; e tampouco te deixará grão, vinho, azeite, ou o aumento das tuas vacas, ou os rebanhos de tuas ovelhas, até que te tenha destruído.
52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.
52 E ela te sitiará em todas as tuas portas, até que caiam teus muros altos e fortes em que confiavas, por toda a tua terra; e ela te sitiará em todas as tuas portas, por toda a tua terra, que o SENHOR teu Deus te deu.
53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
53 E comerás o fruto do teu próprio corpo, a carne de teus filhos e de tuas filhas, que o SENHOR teu Deus te deu, no cerco e no apuro com que teus inimigos te afligirem;
54 Die vertroetelde en baie verw,nde man by jou -- sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;
54 de modo que o homem que for terno entre vós, e muito dócil, seus olhos serão malignos para com seu irmão, e para com a esposa do seu seio, e para com o restante de seus filhos, que ele deixar;
55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
55 assim ele não dará a nenhum deles a carne de seus filhos, que ele comerá; porque não lhe sobrou nada no cerco e no apuro com que teus inimigos te afligirá em todas as tuas portas.
56 Die vertroetelde en verw,nde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie -- haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,
56 A mulher terna e delicada entre vós, que não se aventura a colocar a planta de seu pé no chão da delicadeza e da ternura, seus olhos serão malignos para com o esposo do seu seio, e para o seu filho, e para a sua filha,
57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.
57 e para com a placenta que lhe sair entre os pés, e para com os filhos que terá; porque ela os comerá secretamente, por falta de todas as coisas, no cerco e no apuro, com que o teu inimigo te afligirá em tuas portas.
58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie,
58 Se não cuidares de cumprir todas as palavras desta lei, que estão escritas neste livro, para que possas temer esse glorioso e terrível nome, O SENHOR Teu Deus;
59 dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
59 então o SENHOR fará maravilhosas as tuas pragas, e as pragas da tua semente, e grandes pragas, e de longa duração, e enfermidades dolorosas e prolongadas.
60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.
60 Além disso, ele te trará todas as enfermidades do Egito, que temias, e elas se agarrarão a ti.
61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
61 Também o SENHOR te trará toda enfermidade, e toda praga, que não estiver escrita no livro desta lei, até que sejas destruído.
62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie.
62 E sereis poucos em número, mesmo tendo sido numerosos como as estrelas dos céus; porque não quisestes obedecer à voz do SENHOR teu Deus.
63 En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
63 E acontecerá que, assim como o SENHOR se alegrava convosco, para fazer-vos bem e multiplicar-vos, também o SENHOR se alegrará sobre vós, para vos destruir, e vos reduzir a nada; e sereis arrancados da terra que fostes a possuir.
64 En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.
64 E o SENHOR vos espalhará entre todos os povos, desde uma extremidade da terra até a outra; e ali servirás outros deuses, que nem tu nem teus pais conheceram, até mesmo madeira e pedra.
65 En onder die nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar 'n bewende hart gee en smagtende oë en 'n kwynende siel.
65 E entre essas nações não terás descanso, nem a planta do teu pé terá descanso; mas o SENHOR te dará um coração trêmulo, e olhos desfalecidos, e tristeza de mente,
66 En jou lewe sal voor jou aan 'n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.
66 e a tua vida estará como suspensa diante de ti; e temerás dia e noite, e não terás certeza de tua vida;
67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre ! -- vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
67 pela manhã, dirás: Quisera Deus que fosse noite! E pela noite dirás: Quisera Deus que fosse manhã! Isso, pelo temor do teu coração com que temerás, e pela visão que os teus olhos verão.
68 En die HERE sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.
68 E o SENHOR te levará outra vez ao Egito em barcos, pelo caminho de que te falei: Não mais o verás; e ali sereis vendidos aos vossos inimigos, como servos e servas, e nenhum homem vos comprará.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 28, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.