Deuteronômio 25

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC

Sair da comparação
ARC Almeida Revista e Corrigida 2009
1 As daar tussen manne 'n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,
1 Quando houver contenda entre alguns, e vierem a juízo para que os juízes os julguem, ao justo justificarão e ao injusto condenarão.
2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met 'n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld;
2 E será que, se o injusto merecer açoites, o juiz o fará deitar e o fará açoitar diante de si, quanto bastar pela sua injustiça, por certa conta.
3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo die laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.
3 Quarenta açoites lhe fará dar, não mais; para que, porventura, se lhe fizer dar mais açoites do que estes, teu irmão não fique envilecido aos teus olhos.
4 Jy mag 'n os nie muilband as hy graan dors nie.
4 Não atarás a boca ao boi, quando trilhar.
5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy 'n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite 'n vreemde man s'n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
5 Quando alguns irmãos morarem juntos, e algum deles morrer e não tiver filho, então, a mulher do defunto não se casará com homem estranho de fora; seu cunhado entrará a ela, e a tomará por mulher, e fará a obrigação de cunhado para com ela.
6 en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.
6 E será que o primogênito que ela der à luz estará em nome de seu irmão defunto, para que o seu nome se não apague em Israel.
7 Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie --
7 Porém, se o tal homem não quiser tomar sua cunhada, subirá, então, sua cunhada à porta dos anciãos e dirá: Meu cunhado recusa suscitar a seu irmão nome em Israel; não quer fazer para comigo o dever de cunhado.
8 dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie --
8 Então, os anciãos da sua cidade o chamarão e com ele falarão; e, se ele ficar nisto e disser: Não quero tomá-la;
9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.
9 então, sua cunhada se chegará a ele aos olhos dos anciãos, e lhe descalçará o sapato do pé, e lhe cuspirá no rosto, e protestará, e dirá: Assim se fará ao homem que não edificar a casa de seu irmão;
10 En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.
10 e o seu nome se chamará em Israel: A casa do descalçado.
11 As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,
11 Quando pelejarem dois homens, um contra o outro, e a mulher de um chegar para livrar seu marido da mão do que o fere, e ela estender a sua mão, e lhe pegar pelas suas vergonhas,
12 dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.
12 então, cortar-lhe-ás a mão; não a poupará teu olho.
13 Jy mag nie twee soorte weegstene, 'n grote en 'n kleintjie, in jou sak hê nie.
13 Na tua bolsa não terás diversos pesos, um grande e um pequeno.
14 Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, 'n grote en 'n kleintjie, hê nie.
14 Na tua casa não terás duas sortes de efa, um grande e um pequeno.
15 Jy moet 'n volle en regte gewig hê; jy moet 'n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
15 Peso inteiro e justo terás, efa inteiro e justo terás, para que se prolonguem os teus dias na terra que te dará o Senhor , teu Deus.
16 Want almal wat hierdie dinge doen, is 'n gruwel vir die HERE jou God -- almal wat onreg doen.
16 Porque abominação é ao Senhor , teu Deus, todo aquele que faz isso, todo aquele que faz injustiça.
17 Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,
17 Lembra-te do que te fez Amaleque no caminho, quando saíeis do Egito;
18 hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.
18 como te saiu ao encontro no caminho e te derribou na retaguarda todos os fracos que iam após ti, estando tu cansado e afadigado; e não temeu a Deus.
19 As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.
19 Será, pois, que, quando o Senhor , teu Deus, te tiver dado repouso de todos os teus inimigos em redor, na terra que o Senhor , teu Deus, te dará por herança, para possuí-la, então, apagarás a memória de Amaleque de debaixo do céu; não te esqueças.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 25, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.