Deuteronômio 20

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.
1 “Quando saírem para lutar contra seus inimigos e enfrentarem cavalos e carros e um exército maior que o seu, não tenham medo. O S enhor , seu Deus, que os tirou da terra do Egito, está com vocês!
2 En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek;
2 Quando se prepararem para a batalha, o sacerdote virá à frente e falará aos soldados.
3 en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;
3 Dirá: ‘Ouçam, homens de Israel! Ao saírem hoje para lutar contra seus inimigos, sejam corajosos. Não tenham medo, nem se apavorem, nem tremam diante deles,
4 want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
4 pois o S enhor , seu Deus, vai com vocês. Ele lutará contra seus inimigos em seu favor e lhes dará vitória’.
5 Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat 'n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie.
5 “Então os oficiais do exército se dirigirão aos soldados e dirão: ‘Alguém aqui acabou de construir uma casa, mas ainda não a dedicou? Se houver alguém nessa situação, vá para casa! Se você morresse na batalha, outra pessoa dedicaria sua casa.
6 En wie is die man wat 'n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.
6 Alguém aqui acabou de plantar uma videira, mas ainda não comeu de seus frutos? Se houver alguém nessa situação, vá para casa! Se você morresse na batalha, outra pessoa comeria dos primeiros frutos.
7 En wie is die man wat hom met 'n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.
7 Alguém aqui acabou de ficar noivo de uma mulher, mas ainda não se casou? Vá para casa e tome a mulher como esposa! Se você morresse na batalha, outra pessoa a tomaria como esposa’.
8 Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie.
8 “Os oficiais também dirão: ‘Alguém aqui está com medo ou angustiado? Se estiver, vá para casa antes que amedronte mais alguém’.
9 En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word.
9 Quando os oficiais terminarem de falar aos soldados, nomearão comandantes para as tropas.
10 As jy naby 'n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.
10 “Quando vocês se aproximarem de uma cidade para atacá-la, primeiro proponham paz a seus habitantes.
11 En as dit jou 'n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien.
11 Se eles aceitarem suas condições e abrirem as portas, todo o povo dentro da cidade os servirá com trabalhos forçados.
12 Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër.
12 Se eles recusarem a proposta de paz e se prepararem para lutar, cerquem a cidade.
13 En die HERE jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;
13 Quando o S enhor , seu Deus, lhes entregar a cidade, matem à espada todos os homens.
14 net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is -- die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die HERE jou God jou gegee het.
14 Contudo, poderão tomar para si as mulheres, as crianças, os animais e tudo que acharem na cidade. Poderão aproveitar todos os despojos dos inimigos que o S enhor , seu Deus, entregou em suas mãos.
15 So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie.
15 “Essas instruções se aplicam somente às cidades muito distantes, e não às cidades dos povos que vivem na terra em que vocês entrarão.
16 Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.
16 Nessas cidades que o S enhor lhes dá como herança, destruam todo ser vivo.
17 Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kana„niete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die HERE jou God jou beveel het;
17 Destruam completamente os hititas, os amorreus, os cananeus, os ferezeus, os heveus e os jebuseus, conforme o S enhor , seu Deus, lhes ordenou.
18 sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen die HERE julle God sondig nie.
18 Isso evitará que os povos da terra os ensinem a imitar os atos detestáveis que eles praticam quando adoram seus deuses, coisas que fariam vocês pecarem contra o S enhor , seu Deus.
19 As jy 'n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom?
19 “Quando cercarem uma cidade e a guerra se prolongar, não cortem as árvores com machados. Comam dos frutos, mas não cortem as árvores. Acaso as árvores são inimigos para que vocês as ataquem?
20 Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, die mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, 'n skans bou totdat dit val.
20 Cortem apenas as árvores que vocês sabem que não dão frutos e usem-nas para fazer o equipamento necessário no cerco à cidade inimiga até que ela caia.”

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 20, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.