Deuteronômio 1

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 Dit is die woorde waarmee Moses die hele Israel toegespreek het oos van die Jordaan in die woestyn, in die Vlakte teenoor Suf, tussen Paran en Tofel en Laban en H serot en Di-Sahab.
1 Estas são as palavras ditas por Moisés a todo o Israel no deserto, a leste do Jordão, na Arabá, defronte de Sufe, entre Parã e Tofel, Labã, Hazerote e Di-Zaabe.
2 Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Se‹r tot by Kades-Barn,a.
2 Em onze dias se vai de Horebe a Cades-Barnéia pelo caminho dos montes de Seir.
3 En in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos die HERE ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;
3 No quadragésimo ano, no primeiro dia do décimo primeiro mês, Moisés proclamou aos israelitas todas as ordens do Senhor acerca deles.
4 nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot gewoon het, in Edr,‹verslaan het.
4 Isso foi depois que ele derrotou Seom, rei dos amorreus, que habitava em Hesbom, e em Edrei derrotou Ogue, rei de Basã, que habitava em Asterote.
5 Oos van die Jordaan in die land Moab het Moses onderneem om hierdie wet te verklaar deur te sê:
5 A leste do Jordão, na terra de Moabe, Moisés tomou sobre si a responsabilidade de expor esta lei:
6 Die HERE onse God het met ons by Horeb gespreek en gesê: Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.
6 O Senhor, o nosso Deus, disse-nos em Horebe: "Vocês já ficaram bastante tempo nesta montanha.
7 Trek weg en breek op en gaan na die gebergte van die Amoriete en na al sy naburige plekke: die Vlakte, die Gebergte en die Laeveld en die Suidland en by die seekus -- die land van die Kana„niete en die L¡banon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.
7 Levantem acampamento e avancem para a serra dos amorreus; vão a todos os povos vizinhos na Arabá, nas montanhas, na Sefelá, no Neguebe e ao longo do litoral, à terra dos cananeus e ao Líbano, até o grande rio, o Eufrates.
8 Kyk, Ek gee die land aan julle oor; gaan in en neem die land in besit wat die HERE aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag n hulle.
8 "Ponho esta terra diante de vocês. Entrem e tomem posse da terra que o Senhor prometeu sob juramento dar aos seus antepassados, Abraão, Isaque e Jacó, e aos seus descendentes".
9 En ek het met julle in die tyd gespreek en gesê: Ek kan julle alleen nie dra nie.
9 Naquela ocasião eu lhes disse: "Não posso levá-los sozinho.
10 Die HERE julle God het julle vermenigvuldig; en kyk, julle is vandag soos die sterre van die hemel in menigte.
10 O Senhor, o seu Deus, os fez multiplicar de tal modo que hoje vocês são tão numerosos quanto as estrelas do céu.
11 Mag die HERE, die God van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het!
11 Que o Senhor, o Deus dos seus antepassados, os multiplique mil vezes mais e os abençoe, conforme lhes prometeu!
12 Hoe sou ek die moeilikheid en die las en die regsake van julle alleen kan dra?
12 Mas como poderei levar sozinho os seus problemas, as suas cargas e as suas disputas?
13 Bring tog wyse en verstandige en ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel.
13 Escolham homens sábios, criteriosos e experientes de cada uma de suas tribos, e eu os colocarei como chefes de vocês".
14 Hierop het julle my geantwoord en gesê: Die woord wat u gespreek het, is goed om uit te voer.
14 Vocês me disseram que essa era uma boa proposta.
15 Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme.
15 Então convoquei os chefes das tribos, homens sábios e experientes, e os designei como chefes de mil, de cem, de cinqüenta e de dez, além de oficiais para cada tribo.
16 En ek het in die tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen 'n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.
16 Naquela ocasião ordenei aos juízes de vocês: "Atendam as questões de seus irmãos e julguem com justiça, não só as questões entre os seus compatriotas como também entre um israelita e um estrangeiro.
17 Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem.
17 Não sejam parciais no julgamento! Atendam tanto o pequeno como o grande. Não se deixem intimidar por ninguém, pois o veredicto pertence a Deus. Tragam-me os casos mais difíceis e eu os ouvirei.
18 So het ek julle dan in die tyd al die dinge beveel wat julle moet doen.
18 Naquela ocasião eu lhes ordenei tudo o que deveriam fazer".
19 Toe het ons van Horeb af opgebreek, en ons het daardie hele groot en vreeslike woestyn deurgetrek wat julle op pad na die gebergte van die Amoriete gesien het, soos die HERE onse God ons beveel het; en ons het tot by Kades-Barn,a gekom.
19 Depois, conforme o Senhor, o nosso Deus, nos tinha ordenado, partimos de Horebe e fomos para a serra dos amorreus, passando por todo aquele imenso e terrível deserto que vocês viram, e assim chegamos a Cades-Barnéia.
20 Toe het ek vir julle gesê: Julle het tot by die gebergte van die Amoriete gekom wat die HERE onse God aan ons sal gee.
20 Então eu lhes disse: "Vocês chegaram à serra dos amorreus, a qual o Senhor, o nosso Deus, nos dá.
21 Kyk, die HERE jou God het die land aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit soos die HERE, die God van jou vaders, jou gesê het; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
21 Vejam, o Senhor, o seu Deus, põe diante de vocês esta terra. Entrem na terra e tomem posse dela, conforme o Senhor, o Deus dos seus antepassados, lhes disse. Não tenham medo nem se desanimem".
22 Toe het julle almal na my toe aangekom en gesê: Laat ons manne voor ons uit stuur, dat hulle vir ons die land kan verken en ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek, en die stede waarby ons sal kom.
22 Vocês todos vieram dizer-me: "Mandemos alguns homens à nossa frente em missão de reconhecimento da região, para que nos indiquem por qual caminho subiremos e a quais cidades iremos".
23 En die saak was goed in my oë, sodat ek twaalf man uit julle, uit elke stam een man, geneem het.
23 A sugestão pareceu-me boa; por isso escolhi doze de vocês, um homem de cada tribo.
24 En hulle het weggedraai en na die gebergte opgetrek en tot by die dal Eskol gekom en dit verken.
24 Eles subiram a região montanhosa, chegaram ao vale de Escol e o exploraram.
25 Hulle het toe van die vrugte van die land met hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die land wat die HERE onse God aan ons sal gee, is goed.
25 Trouxeram alguns frutos da região, com o seguinte relato: "Essa terra que o Senhor, o nosso Deus, nos dá é boa".
26 Maar julle wou nie optrek nie, maar was wederstrewig teen die bevel van die HERE julle God.
26 Vocês, contudo, não quiseram ir, e se rebelaram contra a ordem do Senhor, o seu Deus.
27 En julle het in jul tente gemurmureer en gesê: Omdat die HERE ons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.
27 Queixaram-se em suas tendas, dizendo: "O Senhor nos odeia; por isso nos trouxe do Egito para nos entregar nas mãos dos amorreus e destruir-nos.
28 Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart laat versmelt deur te sê: Dit is 'n volk groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot aan die hemel versterk; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.
28 Para onde iremos? Nossos compatriotas nos desanimaram quando disseram: O povo é mais forte e mais alto do que nós; as cidades são grandes, com muros que vão até o céu. Vimos ali os enaquins".
29 Toe het ek aan julle gesê: Word nie verskrik en wees nie bevrees vir hulle nie.
29 Então eu lhes disse: Não fiquem apavorados; não tenham medo deles.
30 Die HERE julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het
30 O Senhor, o seu Deus, que está indo à frente de vocês, lutará por vocês, como fez no Egito, diante de seus próprios olhos.
31 en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het soos 'n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.
31 Também no deserto vocês viram como o Senhor, o seu Deus, os carregou, como um pai carrega seu filho, por todo o caminho que percorreram até chegarem a este lugar.
32 Maar ondanks hierdie woord het julle nie geglo in die HERE julle God nie,
32 Apesar disso, vocês não confiaram no Senhor, o seu Deus,
33 wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle 'n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die vuur om julle te laat sien op die pad waar julle langs moes trek, en bedags in die wolk.
33 que foi à frente de vocês, numa coluna de fogo de noite e numa nuvem de dia, para procurar lugares para vocês acamparem e para mostrar-lhes o caminho que vocês deviam seguir.
34 En toe die HERE die stem van julle woorde hoor, het Hy toornig geword en gesweer en gesê:
34 Quando o Senhor ouviu o que vocês diziam, irou-se e jurou:
35 Waarlik, geeneen van hierdie manne, hierdie verkeerde geslag, sal die goeie land sien wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie --
35 "Ninguém desta geração má verá a boa terra que jurei dar aos seus antepassados,
36 behalwe Kaleb, die seun van Jefunne; hy sal dit sien, en aan hom en sy kinders sal Ek die land gee waarop hy geloop het, omdat hy volhard het om die HERE te volg.
36 exceto Calebe, filho de Jefoné. Ele a verá, e eu darei a ele e a seus descendentes a terra em que pisou, pois seguiu o Senhor de todo o coração".
37 Ook was die HERE toornig op my om julle ontwil, sodat Hy gesê het: Jy sal daar ook nie inkom nie.
37 Por causa de vocês o Senhor irou-se contra mim e me disse: "Você também não entrará na terra.
38 Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan -- hy sal daar inkom; versterk hom, want hy sal Israel dit laat beërwe.
38 Mas o seu auxiliar, Josué, filho de Num, entrará. Encoraje-o, pois ele fará com que Israel tome posse dela.
39 En julle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal 'n buit word! en julle kinders wat vandag van geen goed of kwaad weet nie -- hulle sal daar inkom en aan hulle sal Ek dit gee, en hulle sal dit in besit neem.
39 Mas as crianças que vocês disseram que seriam levadas como despojo, os seus filhos que ainda não distinguem entre o bem e o mal, eles entrarão na terra. Eu a darei a eles, e eles tomarão posse dela.
40 Maar julle, draai om en trek weg na die woestyn op pad na die Skelfsee.
40 Mas quanto a vocês, dêem meia-volta e partam para o deserto pelo caminho do mar Vermelho".
41 Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons het teen die HERE gesondig; ons self sal optrek en veg net soos die HERE onse God ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en daar nog maklik oor dink om in die gebergte op te trek,
41 Então vocês responderam: "Pecamos contra o Senhor. Nós subiremos e lutaremos, conforme tudo o que o Senhor, o nosso Deus, nos ordenou". Cada um de vocês preparou-se com as suas armas de guerra, achando que seria fácil subir a região montanhosa.
42 het die HERE vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag nie optrek en veg nie -- want Ek is nie in julle midde nie -- dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.
42 Mas o Senhor me disse: "Diga-lhes que não subam nem lutem, porque não estarei com vocês. Vocês serão derrotados pelos seus inimigos".
43 Maar toe ek met julle gespreek het, het julle nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van die HERE en het vermetel in die gebergte opgetrek.
43 Eu lhes disse isso, mas vocês não me deram ouvidos, rebelaram-se contra o Senhor e, com presunção, subiram a região montanhosa.
44 Toe het die Amoriete wat in die gebergte gewoon het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolg soos die bye maak; en hulle het julle verstrooi in Se‹r tot by Horma.
44 Os amorreus que lá viviam os atacaram, os perseguiram como um enxame de abelhas e os arrasaram desde Seir até Hormá.
45 En julle het teruggekom en voor die aangesig van die HERE geween, maar die HERE het na julle stem nie geluister en julle geen gehoor gegee nie.
45 Vocês voltaram e choraram perante o Senhor, mas ele não ouviu o seu clamor nem lhes deu atenção.
46 So het julle dan baie dae in Kades gebly, solank as julle daar gebly het.
46 Então vocês ficaram em Cades, onde permaneceram muito tempo.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.