Deuteronômio 17

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan 'n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
1 Não sacrificarás ao SENHOR teu Deus nenhum novilho ou ovelha em que haja defeito ou deformação, pois é uma abominação para o SENHOR teu Deus.
2 As by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, 'n man of 'n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God deur sy verbond te oortree,
2 Se for encontrado entre vós, dentro de algumas das tuas portas, que o SENHOR teu Deus te dá, homem ou mulher que tenha cometido iniquidade aos olhos do SENHOR teu Deus, ao transgredir o seu pacto,
3 en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel -- wat Ek nie beveel het nie --
3 e tiver ido e servido outros deuses, e os tiver adorado, ao sol, ou à lua, ou a algum exército do céu, o que não ordenei;
4 en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,
4 e se te for dito, e tiveres ouvido isso, e indagado diligentemente, e eis que é verdade, e certo, que tal abominação ocorre em Israel,
5 dan moet jy die man of die vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring -- die man of die vrou -- en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
5 então trarás o homem ou a mulher que cometeu essa iniquidade às tuas portas, esse homem ou essa mulher, e os apedrejará com pedras, até que morram.
6 Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.
6 Pela boca de duas testemunhas, ou três testemunhas, aquele que merecer a morte será morto; mas pela boca de uma única testemunha, ele não será morto.
7 Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
7 As mãos das testemunhas serão as primeiras sobre ele, para matá-lo, e depois as mãos de todo o povo. Assim afastarás o mal do vosso meio.
8 As 'n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding -- regsake in jou poorte -- dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies;
8 Se surgir uma questão demasiadamente difícil para ti em juízo, entre sangue e sangue, entre apelo e apelo, e entre golpe e golpe, sendo questões de controvérsia dentro das tuas portas, então te levantarás e subirás ao lugar que o SENHOR teu Deus escolher,
9 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in die dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.
9 e virás aos sacerdotes e levitas, e ao juiz que houver nesses dias, e indagarás, e eles te mostrarão a sentença do juízo;
10 En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit die plek wat die HERE sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.
10 e farás conforme a sentença que te mostrarem no lugar que o SENHOR escolher, e cuidarás de fazê-lo conforme tudo o que eles te informarem;
11 Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
11 conforme a sentença da lei que eles te ensinarem, e conforme o juízo que eles te disserem, farás; não te desviarás da sentença que eles te mostrarem, para a direita, nem para a esquerda.
12 En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie -- die man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.
12 E o homem que agir presunçosamente e não ouvir o sacerdote que se levantar para servir ali diante do SENHOR teu Deus, ou ao juiz, esse homem morrerá, e afastarás o mal de Israel.
13 En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie.
13 E todo o povo ouvirá e temerá, e não mais agirá presunçosamente.
14 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,
14 Quando entrares na terra que o SENHOR teu Deus te dá e a possuíres, e nela habitares, e disseres: Porei um rei sobre mim, como todas as nações que estão ao meu redor;
15 dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy 'n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.
15 Tu colocarás um rei sábio sobre ti, a quem o SENHOR teu Deus escolher; um dentre os teus irmãos será rei sobre ti; não poderás por sobre ti um estrangeiro, que não seja teu irmão.
16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
16 Mas ele não multiplicará cavalos para si mesmo, nem fará com que o povo retorne ao Egito a fim de multiplicar os cavalos, porque o SENHOR vos disse: Daqui em diante não mais voltareis por esse caminho.
17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.
17 Tampouco multiplicará esposas para si mesmo, para que seu coração não se desvie; nem multiplicará grandemente para si prata ou ouro.
18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet in 'n boek skrywe, uit die wat voor die Levitiese priesters lê;
18 E acontecerá que, quando ele se assentar no trono do seu reino, que ele escreverá para si uma cópia desta lei em um livro, do que está diante dos sacerdotes, os levitas;
19 en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;
19 e ficará com ele, e ele o lerá todos os dias de sua vida, para que possa aprender a temer o SENHOR seu Deus, e guardar todas as palavras desta lei e estes estatutos, para fazê-los,
20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.
20 para que seu coração não se exalte acima dos seus irmãos, e para que ele não se desvie do mandamento, para a direita, ou para a esquerda; a fim de que prolongue os seus dias no seu reino, ele e seus filhos, no meio de Israel.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 17, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.