Deuteronômio 16

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Onderhou die maand Abib en hou pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.
1 Observa o mês de Abibe, e celebra a Páscoa ao SENHOR teu Deus; pois no mês de Abibe o SENHOR teu Deus te tirou do Egito, à noite.
2 En jy moet vir die HERE jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
2 Portanto, sacrificarás a Páscoa ao SENHOR teu Deus, do gado e do rebanho, no lugar que o SENHOR escolher para ali colocar o seu nome.
3 Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende -- want baie haastig het jy uit Egipteland uitgetrek -- sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou.
3 Com ela não comerás pão levedado; sete dias comerás com ela pães ázimos, o pão da aflição; porque saíste da terra do Egito apressadamente; para que possas te lembrar do dia em que saíste da terra do Egito, todos os dias da tua vida.
4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.
4 E por sete dias não haverá pão levedado contigo em todos os teus termos; e nada da carne que sacrificares no primeiro dia à tarde, permanecerá toda a noite até pela manhã.
5 Jy mag die pasga nie slag in een van jou poorte wat die HERE jou God aan jou gee nie.
5 Não poderás sacrificar a Páscoa dentro de qualquer das tuas portas, que o SENHOR teu Deus te dá;
6 Maar op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.
6 mas no lugar que o SENHOR teu Deus escolher para ali colocar o seu nome, ali sacrificarás a Páscoa à tarde, ao pôr do sol, na ocasião em que saíste do Egito.
7 Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat die HERE jou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.
7 E a assarás e a comerás no lugar que o SENHOR teu Deus escolher, e voltarás pela manhã e irás às tuas tendas.
8 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar 'n feestyd vir die HERE jou God; dan mag jy geen werk doen nie.
8 Seis dias comerás pães ázimos, e no sétimo dia haverá uma assembleia solene ao SENHOR teu Deus; então não trabalharás.
9 Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.
9 Sete semanas contarás; começarás a contar as sete semanas a partir do momento em que começares a pôr a foice no grão.
10 Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën.
10 E guardarás a festa das semanas ao SENHOR teu Deus, com um tributo de oferta voluntária da tua mão, que darás ao SENHOR teu Deus, conforme o SENHOR teu Deus te tiver abençoado;
11 En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
11 e te alegrarás diante do SENHOR teu Deus, tu, e o teu filho, e a tua filha, e o teu servo, e a tua serva, e o levita que está dentro das tuas portas, e o estrangeiro, e o órfão, e a viúva, que estão no meio de ti, no lugar que o SENHOR teu Deus escolher para ali colocar o seu nome.
12 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.
12 E te lembrarás de que foste servo no Egito, e observarás e cumprirás esses estatutos.
13 Die huttefees moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou.
13 Guardarás a festa dos tabernáculos durante sete dias, depois que tiveres recolhido do teu grão e do teu vinho;
14 En jy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.
14 e te alegrarás em tua festa, tu e o teu filho, e a tua filha, e o teu servo, e a tua serva, e o levita, o estrangeiro, e o órfão, e a viúva, que estão dentro das tuas portas.
15 Sewe dae lank moet jy vir die HERE jou God fees hou op die plek wat die HERE sal uitkies; want die HERE jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.
15 Sete dias guardarás uma festa solene ao SENHOR teu Deus, no lugar que o SENHOR escolher; porque o SENHOR teu Deus te abençoará em todo o teu incremento, e em todas as obras das tuas mãos, portanto certamente te alegrarás.
16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie;
16 Três vezes ao ano, todos os teus homens comparecerão diante do SENHOR teu Deus, no lugar que ele escolher; na festa dos pães ázimos, e na festa das semanas, e na festa dos tabernáculos; e não aparecerão vazios diante do SENHOR.
17 elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.
17 Todo homem dará o que é capaz, conforme a bênção do SENHOR teu Deus, que ele lhe der.
18 Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens 'n regverdige regspraak.
18 Porás juízes e oficiais em todas as tuas portas, que o SENHOR teu Deus te der, entre as tuas tribos, e eles julgarão o povo com juízo de justiça.
19 Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het.
19 Não perverterás o juízo; não farás acepção de pessoas, nem tomarás um presente, porque um presente cega os olhos do sábio, e perverte as palavras do justo.
20 Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee.
20 Aquilo que é totalmente justo seguirás, para que vivas e herdes a terra que o SENHOR teu Deus te dá.
21 Jy mag vir jou nie 'n heilige boomstam -- enige boom -- plant langs die altaar van die HERE jou God wat jy vir jou sal maak nie.
21 Não plantarás um bosque de árvores perto do altar do SENHOR teu Deus, que fizeres para ti.
22 Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat die HERE jou God haat, oprig nie.
22 Tampouco erigirás qualquer imagem, que o SENHOR teu Deus odeia.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 16, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.