Deuteronômio 14

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie.
1 Vós sois os filhos do SENHOR vosso Deus; não vos ferireis, nem fareis nenhuma calvície entre os teus olhos pelos mortos.
2 Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
2 Porque tu és um povo santo para o SENHOR teu Deus, e o SENHOR te escolheu para que sejas um povo peculiar para ele, acima de todas as nações que estão sobre a terra.
3 Jy mag niks eet wat 'n gruwel is nie.
3 Não comerás nada abominável.
4 Dit is die diere wat julle mag eet: 'n bees, 'n skaap en 'n bok;
4 Estes são os animais que comereis: o boi, as ovelhas, e as cabras,
5 'n takbok en 'n gemsbok en 'n gestippelde takbok en 'n steenbok en 'n ribbok en 'n eland en 'n klipspringer;
5 o veado, e o cervo, e o gamo, a cabra montês, e o antílope adax, o boi silvestre e o carneiro montês.
6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere -- die mag julle eet.
6 E todo animal que tiver o casco fendido, e dividir a fenda em duas garras, e remoer ou ruminar entre os animais, esses comereis.
7 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie -- onrein is hulle vir julle;
7 No entanto estes não comereis entre os que remoem ou ruminam ou entre os que dividem o casco fendido: como o camelo, a lebre e o coelho; pois eles ruminam, mas seu casco não é dividido; portanto, eles são imundos para vós.
8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie -- onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.
8 E os porcos, porque seu casco é dividido, mas eles não remoem nem ruminam, são imundos para vós; não comereis a sua carne, nem tocareis em seus cadáveres.
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.
9 Esses comereis, entre todos os que estão nas águas: todos os que têm barbatanas e escamas comereis;
10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie -- onrein is dit vir julle.
10 e tudo o que não tiver barbatanas e escamas não podereis comer; será imundo para vós.
11 Al die rein voëls mag julle eet.
11 De todas as aves limpas comereis.
12 Maar dit is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
12 Mas estas são as que não comereis: a águia, o quebrantosso, o xofrango,
13 en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;
13 e o abutre, o falcão, e o milhafre, segundo a sua espécie,
14 en elke kraai na sy soorte;
14 e todo o corvo segundo a sua espécie,
15 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;
15 e a coruja, e o falcão noturno, e gaivota e o gavião, segundo a sua espécie,
16 en die steenuil en die steunuil en die silweruil;
16 e o bufo, e a coruja, e o cisne,
17 en die pelikaan en die kleinaasvoël en die visvanger;
17 e o pelicano, e o abutre, e o cormorão,
18 en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.
18 e a cegonha, e a garça segundo a sua espécie, e a poupa, e o morcego.
19 En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet word nie.
19 E todo animal rastejante que voa é imundo para vós; não devereis comê-los.
20 Al die rein voëls mag julle eet.
20 Mas de todas as aves limpas podereis comer.
21 Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan 'n uitlander verkoop; want jy is 'n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
21 Não comereis de qualquer animal que tenha morrido naturalmente, tu o darás ao estrangeiro que estiver dentro de tuas portas, para que possa comê-lo; ou poderás vendê-lo a um estrangeiro, pois és um povo santo para o SENHOR teu Deus. Não cozerás o cabrito no leite da sua mãe.
22 Jy moet noukeurig die hele opbrings van jou saad -- wat jaar vir jaar uit die land uitspruit -- vertien.
22 Verdadeiramente darás todo o acréscimo da tua semente, que o campo produz ano após ano.
23 En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees.
23 E, diante do SENHOR teu Deus, no lugar que ele escolher para ali colocar o seu nome, comerás o dízimo do teu grão, do teu vinho, e do teu azeite, e os primogênitos dos teus gados e dos teus rebanhos; para que possas aprender a temer o SENHOR teu Deus sempre.
24 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die HERE jou God jou sal seën,
24 E se o caminho for longo demais para ti, de modo que não sejas capaz de carregá-los, ou se estiver longe de ti o lugar que o SENHOR teu Deus escolher para ali colocar o seu nome, quando o SENHOR teu Deus te tiver abençoado,
25 dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die HERE jou God sal uitkies.
25 então vende-os, por dinheiro, e toma o dinheiro à tua mão, e vai ao lugar que o SENHOR teu Deus escolher;
26 Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die aangesig van die HERE jou God en vrolik wees, jy en jou huis.
26 e darás esse dinheiro por tudo o que a tua alma desejar, por bois, ou por ovelhas, ou por vinho, ou por bebida forte, ou por tudo o que a tua alma desejar: e comerás diante do SENHOR teu Deus, e te alegrarás, tu e a tua casa,
27 Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.
27 e o levita que estiver dentro das tuas portas, não o abandonarás; porque ele não tem parte nem herança contigo.
28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in die jaar en dit in jou poorte wegsit;
28 No fim de três anos, trarás todo o dízimo de teu acréscimo no mesmo ano, e o colocarás dentro das tuas portas;
29 dan moet die Leviet kom -- omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie -- en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
29 e o levita (porque não tem parte nem herança contigo), e o estrangeiro, e o órfão, e a viúva, que estiverem dentro das tuas portas, virão e comerão, e se saciarão; para que o SENHOR teu Deus possa te abençoar em toda a obra de tuas mãos que fizeres.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 14, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.