Deuteronômio 13
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT
1 As 'n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou 'n teken of wonder aankondig,
1 “Surgirão entre vocês profetas ou pessoas que têm sonhos sobre o futuro, e eles prometerão sinais ou milagres.
2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop -- wat jy nie geken het nie -- en hulle dien,
2 Se os sinais ou milagres preditos acontecerem, e essas pessoas disserem: ‘Venham, vamos adorar outros deuses!’, deuses que até então vocês não conheciam,
3 dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
3 não deem ouvidos às palavras deles. É um teste do S enhor , seu Deus, para ver se vocês o amam de todo o seu coração e de toda a sua alma.
4 Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
4 Sigam somente o S enhor , seu Deus, e temam a ele somente. Obedeçam a seus mandamentos, ouçam sua voz, sirvam-no e apeguem-se a ele.
5 Maar die profeet of die man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
5 Os falsos profetas e sonhadores que tentarem desviá-los devem ser executados, pois incentivaram a rebelião contra o S enhor , seu Deus, que os libertou da escravidão e os tirou da terra do Egito. Uma vez que eles tentaram desviá-los do caminho que o S enhor , seu Deus, ordenou que seguissem, vocês terão de executá-los. Desse modo, vocês eliminarão o mal do seu meio.
6 As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien -- wat jy en jou vaders nie geken het nie,
6 “Se alguém o instigar secretamente, seja seu irmão, seu filho ou filha, sua esposa querida ou seu amigo mais chegado, e disser: ‘Vamos adorar outros deuses!’, deuses que nem você nem seus antepassados conheceram,
7 uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af; van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde --
7 deuses dos povos vizinhos ou de povos dos confins da terra,
8 dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie,
8 não ceda nem dê ouvidos. Não tenha pena dele, não o poupe nem o proteja.
9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
9 Execute-o! Dê o primeiro golpe e, em seguida, todo o povo participará da execução.
10 En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
10 Apedrejem os culpados até a morte, pois eles tentaram afastá-lo do S enhor , seu Deus, que os libertou da terra do Egito, do lugar de escravidão.
11 En die hele Israel sal dit hoor en vrees, en hulle sal nie meer so 'n verkeerde ding by jou doen nie.
11 Então todo o Israel ouvirá e temerá, e ninguém voltará a agir tão perversamente no meio de vocês.
12 As jy in een van jou stede wat die HERE jou God jou gee om daar te woon, hoor sê:
12 “Quando começarem a viver nas cidades que o S enhor , seu Deus, lhes dá, e ouvirem dizer
13 Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien -- wat julle nie geken het nie --
13 que homens perversos fizeram os habitantes da cidade se desviarem, dizendo: ‘Venham, vamos adorar outros deuses’, deuses que até então vocês não conheciam,
14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,
14 examinem os fatos com cuidado. Se descobrirem que a informação for verdadeira e esse ato detestável foi mesmo cometido entre vocês,
15 dan moet jy die inwoners van die stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.
15 ataquem a cidade e matem à espada todos os habitantes e todos os animais, destruindo-os completamente.
16 En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig 'n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
16 Amontoem os despojos no meio da praça pública e queimem toda a cidade como oferta ao S enhor , seu Deus. A cidade permanecerá em ruínas para sempre; jamais será reconstruída.
17 Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het --
17 Não guardem coisa alguma do despojo que foi separado para destruição. Então o S enhor afastará sua ira ardente e os tratará com misericórdia. Terá compaixão de vocês e os transformará numa nação numerosa, como prometeu sob juramento a seus antepassados.
18 as jy luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die HERE jou God.
18 “O S enhor , seu Deus, só será misericordioso se vocês ouvirem sua voz e obedecerem a todos os seus mandamentos que hoje lhes dou, para que façam o que é certo aos olhos do S enhor .”
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 13, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.