Deuteronômio 12
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 Dit is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat die HERE, die God van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neem al die dae wat julle op die aarde lewe.
1 Estes são os estatutos e juízos que observareis e cumprireis na terra que o SENHOR Deus dos teus pais te deu para que a possuas, todos os dias que viverdes sobre a terra.
2 Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom.
2 Destruireis completamente todos os lugares em que as nações que possuireis serviam a seus deuses, sobre os altos montes, e sobre as colinas, e debaixo de cada árvore verde;
3 En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van die plek laat verdwyn.
3 e derrubareis os seus altares, e quebrareis as suas colunas, e queimareis seus bosques com fogo; e derrubareis as imagens de escultura de seus deuses, e destruireis seus nomes desse lugar.
4 So mag julle nie doen met die HERE julle God nie;
4 Não fareis isso com o SENHOR vosso Deus.
5 maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom.
5 Mas buscareis o lugar que o SENHOR vosso Deus escolher de todas as vossas tribos, para ali colocar o seu nome, a sua habitação, e para lá ireis;
6 En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte-- en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee.
6 e para lá levareis as vossas ofertas queimadas, e os vossos sacrifícios, e os vossos dízimos, e as ofertas alçadas de vossa mão, e os vossos votos, e as vossas ofertas voluntárias, e os primogênitos do vosso gado e do vosso rebanho;
7 En daar moet julle voor die aangesig van die HERE julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die HERE jou God jou geseënhet.
7 e ali comereis diante do SENHOR vosso Deus, e vos alegrareis em tudo o que puserdes a mão, vós e as vossas famílias, no que o SENHOR teu Deus te abençoar.
8 Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie -- elkeen net maar wat reg is in sy eie oë.
8 Não fareis segundo todas as coisas que fazemos hoje aqui, cada homem o que bem parece aos seus próprios olhos.
9 Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat die HERE jou God jou sal gee nie.
9 Porque vós ainda não chegastes ao descanso e à herança, que o SENHOR vosso Deus vos dá.
10 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat die HERE julle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.
10 Mas quando passares o Jordão, e habitardes na terra que o SENHOR vosso Deus vos dá como herança, e quando ele vos der descanso de todos os vossos inimigos ao redor, para que habiteis em segurança,
11 Dan moet julle na die plek wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.
11 então haverá um lugar que o SENHOR vosso Deus escolherá, para fazer com que o seu nome ali habite; para esse lugar trareis tudo o que eu vos ordenar: as vossas ofertas queimadas, e os vossos sacrifícios, os vossos dízimos, e as ofertas alçadas de vossa mão, e toda a escolha dos vossos votos que fizerdes ao SENHOR;
12 En julle moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE julle God, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.
12 e vos alegrareis diante do SENHOR vosso Deus, vós e os vossos filhos, e as vossas filhas, e os vossos servos, e as vossas servas, e o levita que estiver dentro das vossas portas, porque ele não tem parte nem herança convosco.
13 Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie.
13 Cuida para que não ofereças as tuas ofertas queimadas em todo lugar que vires;
14 Maar op die plek wat die HERE in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel.
14 mas no lugar que o SENHOR escolher em uma de tuas tribos, ali oferecerás tuas ofertas queimadas, e ali farás tudo o que te ordeno.
15 Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok.
15 Contudo, poderás matar e comer carne dentro de todas as tuas portas, tudo que a tua alma deseje, conforme a bênção do SENHOR teu Deus, que ele te deu; o imundo e o limpo dela poderá comer, como o cervo e o veado.
16 Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die grond uitgooi.
16 Somente não comerás o sangue, mas o derramareis sobre a terra como água.
17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
17 Não poderás comer dentro das tuas portas o dízimo do teu grão, ou do teu vinho, ou do teu azeite, ou os primogênitos dos teus gados, ou dos teus rebanhos e nenhum dos votos que fizeste, nem tuas ofertas voluntárias, ou a oferta alçada de tua mão;
18 Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat die HERE jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.
18 mas os comerás diante do SENHOR teu Deus, no lugar que o SENHOR teu Deus escolher, tu, e teu filho, e tua filha, e teu servo, e tua serva, e o levita que estiver dentro das tuas portas; e te alegrarás diante do SENHOR teu Deus em tudo aquilo em que puseres a mão.
19 Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie.
19 Cuida para que não desampares o levita, enquanto viveres na terra.
20 As die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet -- omdat jy lus het om vleis te eet -- dan mag jy na hartelus vleis eet.
20 Quando o SENHOR teu Deus aumentar os teus termos, como te prometeu, e disseres: Comerei carne; porque a tua alma terá desejo de comer carne; poderás comer carne, tudo o que a tua alma desejar.
21 As die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die HERE jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.
21 Se o lugar que o SENHOR teu Deus escolher para colocar o seu nome está longe de ti, então matarás do teu gado e do teu rebanho, que o SENHOR te deu, como te ordenei, e comerás dentro das tuas portas tudo o que a tua alma desejar.
22 Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reine moet dit saam eet.
22 Até o cervo e o veado se comem, e por isso os comerás, e o imundo e o limpo também os comerão.
23 Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie.
23 Somente cuida para que não comas o sangue, porque o sangue é a vida, e não podes comer a vida com a carne.
24 Jy mag dit nie eet nie; op die grond moet jy dit uitgooi soos water.
24 Não o comerás, mas o derramarás na terra como água.
25 Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders n jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
25 Não o comerás, para que tudo vá bem contigo, e com teus filhos depois de ti, quando fizeres aquilo que é reto aos olhos do SENHOR.
26 Net jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die HERE sal uitkies;
26 Somente tomarás as coisas santas que tens, e os teus votos, e irás ao lugar que o SENHOR escolherá;
27 en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van die HERE jou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van die HERE jou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet.
27 e oferecerás as tuas ofertas queimadas, a carne e o sangue, sobre o altar do SENHOR teu Deus, e o sangue dos teus sacrifícios será derramado sobre o altar do SENHOR teu Deus, e comerás a carne.
28 Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders n jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.
28 Observa e ouve todas estas palavras que te ordeno, para que tudo vá bem contigo, e com teus filhos depois de ti para sempre, quando fizeres o que é bom e reto aos olhos do SENHOR teu Deus.
29 As die HERE jou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,
29 Quando o SENHOR teu Deus expulsar as nações de diante de ti, onde vais possuí-las, e as sucederes e habitares em sua terra,
30 neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? -- dat ek ook so kan doen.
30 cuida para que não te enredes seguindo-as, depois que elas forem destruídas diante de ti; e para que não perguntes sobre os seus deuses, dizendo: Como essas nações serviam seus deuses? Do mesmo modo farei eu.
31 So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE 'n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.
31 Não farás o mesmo ao SENHOR teu Deus; porque elas fizeram aos seus deuses todas as abominações que o SENHOR odeia, pois até mesmo os seus filhos e as suas filhas queimaram no fogo aos seus deuses.
32 Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.
32 Tudo o que te ordeno, observarás e farás; nada lhe acrescentarás nem diminuirás.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Deuteronômio 12, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.