Atos 2
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT
1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
1 No dia de Pentecostes, todos estavam reunidos num só lugar.
2 En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
2 De repente, veio do céu um som como o de um poderoso vendaval e encheu a casa onde estavam sentados.
3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
3 Então surgiu algo semelhante a chamas ou línguas de fogo que pousaram sobre cada um deles.
4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
4 Todos ficaram cheios do Espírito Santo e começaram a falar em outras línguas, conforme o Espírito os habilitava.
5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.
5 Naquela época, judeus devotos de todas as nações viviam em Jerusalém.
6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
6 Quando ouviram o som das vozes, vieram correndo e ficaram espantados, pois cada um deles ouvia em seu próprio idioma.
7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?
7 Muito admirados, exclamavam: “Como isto é possível? Estes homens são todos galileus
8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
8 e, no entanto, cada um de nós os ouve falar em nosso próprio idioma!
9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopot mië, Judia en Kappadocië, Pontus en Asië,
9 Estão aqui partos, medos, elamitas, habitantes da Mesopotâmia, da Judeia, da Capadócia, do Ponto, da província da Ásia,
10 Frigië en Pamf¡lië, Egipte en die streke van L¡bië by Cir,ne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,
10 da Frígia, da Panfília, do Egito e de regiões da Líbia próximas a Cirene, visitantes de Roma
11 Kretense en Arabiere -- ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.
11 (tanto judeus como convertidos ao judaísmo), cretenses e árabes, e todos nós ouvimos estas pessoas falarem em nossa própria língua sobre as coisas maravilhosas que Deus fez!”.
12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?
12 Admirados e perplexos, perguntavam uns aos outros: “Que significa isto?”.
13 Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.
13 Outros, porém, zombavam e diziam: “Eles estão bêbados!”.
14 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.
14 Então Pedro deu um passo à frente com os onze apóstolos e dirigiu-se em alta voz à multidão: “Ouçam com atenção, todos vocês, povo da Judeia e habitantes de Jerusalém! Escutem o que lhes digo!
15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre .
15 Estas pessoas não estão bêbadas, como alguns de vocês pensam, pois são apenas nove horas da manhã.
16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:
16 Pelo contrário! O que vocês estão vendo foi predito há tempos pelo profeta Joel:
17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
17 ‘Nos últimos dias’, disse Deus, ‘derramarei meu Espírito sobre todo tipo de pessoa. Seus filhos e suas filhas profetizarão; os jovens terão visões, e os velhos terão sonhos.
18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
18 Naqueles dias, derramarei meu Espírito até mesmo sobre servos e servas, e eles profetizarão.
19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
19 Farei maravilhas em cima, no céu, e sinais embaixo, na terra: sangue e fogo, e nuvens de fumaça.
20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
20 O sol se escurecerá, e a lua se tornará vermelha como sangue, antes que chegue o grande e glorioso dia do Senhor.
21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
21 Mas todo aquele que invocar o nome do Senhor será salvo’.
22 Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasar,ner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet --
22 “Povo de Israel, escute! Deus aprovou publicamente Jesus, o nazareno, ao realizar milagres, maravilhas e sinais por meio dele, como vocês bem sabem.
23 Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;
23 Ele foi entregue conforme o plano preestabelecido por Deus e seu conhecimento prévio daquilo que aconteceria. Com a ajuda de gentios que desconheciam a lei, vocês o pregaram na cruz e o mataram.
24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
24 Mas Deus o ressuscitou, libertando-o dos horrores da morte, pois ela não pôde mantê-lo sob seu domínio.
25 Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.
25 A respeito dele disse o rei Davi: ‘Vejo que o Senhor está sempre comigo; não serei abalado, pois ele está à minha direita.
26 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
26 Não é de admirar que meu coração esteja alegre e que minha língua o louve; meu corpo repousa em esperança.
27 Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
27 Pois tu não deixarás minha alma entre os mortos, nem permitirás que o teu Santo apodreça no túmulo.
28 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.
28 Tu me mostraste o caminho da vida, e me encherás com a alegria de tua presença’.
29 Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.
29 “Irmãos, permitam-me dizer com toda convicção que o patriarca Davi não estava se referindo a si mesmo, pois ele morreu e foi sepultado, e seu túmulo ainda está aqui, entre nós.
30 Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,
30 Mas ele era profeta e sabia que Deus havia prometido sob juramento que um de seus descendentes se sentaria em seu trono.
31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.
31 Davi estava olhando para o futuro e falando da ressurreição do Cristo, que não foi deixado entre os mortos nem seu corpo apodreceu no túmulo.
32 Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
32 “Foi esse Jesus que Deus ressuscitou, e todos nós somos testemunhas disso.
33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy d¡t uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
33 Ele foi exaltado ao lugar de honra, à direita de Deus. E, conforme havia prometido, o Pai lhe deu o Espírito Santo, que ele derramou sobre nós, como vocês estão vendo e ouvindo hoje.
34 Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
34 Pois Davi não subiu ao céu e, no entanto, disse: ‘O Senhor disse ao meu Senhor: Sente-se no lugar de honra à minha direita,
35 totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
35 até que eu humilhe seus inimigos e os ponha debaixo de seus pés’.
36 Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.
36 “Portanto, saibam com certeza todos em Israel que a esse Jesus, que vocês crucificaram, Deus fez Senhor e Cristo!”.
37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?
37 As palavras partiram o coração dos que ouviam, e eles perguntaram a Pedro e aos outros apóstolos: “Irmãos, o que devemos fazer?”.
38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
38 Pedro respondeu: “Vocês devem se arrepender, para o perdão de seus pecados, e cada um deve ser batizado em nome de Jesus Cristo. Então receberão a dádiva do Espírito Santo.
39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
39 Essa promessa é para vocês, para seus filhos e para os que estão longe, isto é, para todos que forem chamados pelo Senhor, nosso Deus”.
40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
40 Pedro continuou a pregar, advertindo com insistência a seus ouvintes: “Salvem-se desta geração corrompida!”.
41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op die dag omtrent drie duisend siele toegebring.
41 Os que acreditaram nas palavras de Pedro foram batizados, e naquele dia houve um acréscimo de cerca de três mil pessoas.
42 En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.
42 Todos se dedicavam de coração ao ensino dos apóstolos, à comunhão, ao partir do pão e à oração.
43 En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.
43 Havia em todos eles um profundo temor, e os apóstolos realizavam muitos sinais e maravilhas.
44 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.
44 Os que criam se reuniam num só lugar e compartilhavam tudo que possuíam.
45 En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.
45 Vendiam propriedades e bens e repartiam o dinheiro com os necessitados,
46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,
46 adoravam juntos no templo diariamente, reuniam-se nos lares para comer e partiam o pão com grande alegria e generosidade,
47 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
47 sempre louvando a Deus e desfrutando a simpatia de todo o povo. E, a cada dia, o Senhor lhes acrescentava aqueles que iam sendo salvos.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Atos 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.