Apocalipse 2
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 Skryf aan die engel van die gemeente in Âfese: D¡t sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars:
1 Ao anjo da igreja de Éfeso, escreve: Eis o que diz aquele que segura as sete estrelas na sua mão direita, aquele que anda pelo meio dos sete candelabros de ouro.
2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy die op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;
2 Conheço tuas obras, teu trabalho e tua paciência: não podes suportar os maus, puseste à prova os que se dizem apóstolos e não o são e os achaste mentirosos.
3 en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.
3 Tens perseverança, sofreste pelo meu nome e não desanimaste.
4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
4 Mas tenho contra ti que arrefeceste o teu primeiro amor.
5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
5 Lembra-te, pois, donde caíste. Arrepende-te e retorna às tuas primeiras obras. Senão, virei a ti e removerei o teu candelabro do seu lugar, caso não te arrependas.
6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikola‹ete haat, wat Ek ook haat.
6 Mas isto tens de bem: detestas as obras dos nicolaítas, como eu as detesto.
7 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.
7 Quem tiver ouvidos, ouça o que o Espírito diz às igrejas: Ao vencedor darei de comer {do fruto} da árvore da vida, que se acha no paraíso de Deus.
8 En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: D¡t sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:
8 Ao anjo da igreja de Esmirna, escreve: Eis o que diz o Primeiro e o Último, que foi morto e retomou a vida.
9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan.
9 Eu conheço a tua angústia e a tua pobreza - ainda que sejas rico - e também as difamações daqueles que se dizem judeus e não o são; são apenas uma sinagoga de Satanás.
10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.
10 Nada temas ante o que hás de sofrer. Por estes dias o demônio vai lançar alguns de vós na prisão, para pôr-vos à prova. Tereis tribulações durante dez dias. Sê fiel até a morte e te darei a coroa da vida.
11 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
11 Quem tiver ouvidos, ouça o que o Espírito diz às igrejas: O vencedor não sofrerá dano algum da segunda morte.
12 En skryf aan die engel van die gemeente in P,rgamus: D¡t sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:
12 Ao anjo da igreja de Pérgamo, escreve: Eis o que diz aquele que tem a espada afiada de dois gumes.
13 Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.
13 Sei onde habitas: aí se acha o trono de Satanás. Mas tu te apegas firmemente ao meu nome e não renegaste a minha fé, mesmo naqueles dias em que minha fiel testemunha Antipas foi morto entre vós, onde Satanás habita.
14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van B¡leam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.
14 Todavia, tenho alguma coisa contra ti: é que tens aí sequazes da doutrina de Balaão, o qual ensinou Balac a fazer tropeçar os filhos de Israel, para levá-los a comer carne imolada aos ídolos e praticar imundícies.
15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikola‹ete, wat Ek haat.
15 Tens também sequazes da doutrina dos nicolaítas.
16 Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.
16 Arrepende-te, pois; senão virei em breve a ti e combaterei contra eles com a espada da minha boca.
17 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op die steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
17 Quem tiver ouvidos, ouça o que o Espírito diz às igrejas: Ao vencedor darei o maná escondido e lhe entregarei uma pedra branca, na qual está escrito um nome novo que ninguém conhece, senão aquele que o receber.
18 En skryf aan die engel van die gemeente in Thiat¡re: D¡t sê die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper:
18 Ao anjo da igreja de Tiatira, escreve: Eis o que diz o Filho de Deus, que tem os olhos como chamas de fogo e os pés semelhantes ao fino bronze.
19 Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.
19 Conheço tuas obras, teu amor, tua fidelidade, tua generosidade, tua paciência e persistência; e as tuas últimas obras, que excedem as primeiras.
20 Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Is,bel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
20 Mas tenho contra ti que permites a Jezabel, mulher que se diz profetisa, seduzir meus servos e ensinar-lhes a praticar imundícies e comer carne imolada aos ídolos.
21 En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.
21 Eu lhe dei tempo para arrepender-se, mas não quer arrepender-se de suas imundícies.
22 Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
22 Desta vez a lançarei num leito, e com ela os cúmplices de seus adultérios para aí sofrerem muito, se não se arrependerem das suas obras.
23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
23 Farei perecer pela peste os seus filhos, e todas as igrejas hão de saber que eu sou aquele que sonda os rins e os corações, porque darei a cada um de vós segundo as suas obras.
24 En ek sê vir julle en die ander wat in Thiat¡re is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.
24 A vós, porém, e aos demais de Tiatira que não seguis esta doutrina e não conheceis {como dizem} as profundezas de Satanás, não imporei outro fardo.
25 Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.
25 Mas guardai o que tendes até que eu venha.
26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,
26 Então ao vencedor, ao que praticar minhas obras até o fim, dar-lhe-ei poder sobre as nações pagãs.
27 en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.
27 Ele as regerá com cetro de ferro, como se quebra um vaso de argila,
28 En Ek sal hom die môre ster gee.
28 assim como eu mesmo recebi o poder de meu Pai; e dar-lhe-ei a Estrela da manhã.
29 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
29 Quem tiver ouvidos, ouça o que o Espírito diz às igrejas.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Apocalipse 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.