Apocalipse 16

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.
1 E eu ouvi uma grande voz sair do templo, dizendo aos sete anjos: Ide pelos vossos caminhos, e derramai as taças da ira de Deus sobre a terra.
2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
2 E foi o primeiro, e derramou a sua taça sobre a terra, e recaiu uma fétida e dolorosa ferida sobre os homens que tinham a marca da besta e sobre aqueles que adoravam a sua imagem.
3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van 'n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
3 E o segundo anjo derramou a sua taça sobre o mar; e este se tornou em sangue como o de um homem morto; e toda a alma vivente morreu no mar.
4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.
4 E o terceiro anjo derramou a sua taça sobre os rios e nas fontes das águas, e eles se tornaram em sangue.
5 En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
5 E eu ouvi o anjo das águas dizer: Tu és justo, ó Senhor, que és, e que eras, e serás, porque tu julgaste assim.
6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.
6 Porque eles derramaram o sangue de santos e profetas, e tu lhes deste sangue para beber; porque eles são dignos.
7 En ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
7 E ouvi outro vindo do altar dizer: Ainda assim, Senhor Deus Todo-Poderoso, verdadeiros e justos são os teus juízos.
8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
8 E o quarto anjo derramou a sua taça sobre o sol, e foi-lhe dado poder para queimar os homens com fogo.
9 En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
9 E os homens foram queimados com grande calor, e blasfemaram o nome de Deus, que tem poder sobre estas pragas; e eles não se arrependeram para lhe darem glória.
10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;
10 E o quinto anjo derramou a sua taça sobre o trono da besta, e o seu reino era cheio de trevas; eles mordiam suas línguas por causa da dor,
11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.
11 e blasfemavam o Deus do céu por causa das suas dores e suas feridas, e não se arrependeram dos seus atos.
12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
12 E o sexto anjo derramou a sua taça sobre o grande rio Eufrates; e a água dali secou-se, para que o caminho dos reis do oriente pudesse ser preparado.
13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
13 E eu vi três espíritos imundos semelhantes a rãs, saírem da boca do dragão, e da boca da besta, e da boca do falso profeta.
14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.
14 Porque eles são espíritos de demônios, operando milagres; os quais vão ao encontro dos reis da terra e de todo o mundo, para reuni-los para a batalha do grande dia do Deus Todo-Poderoso.
15 Kyk, Ek kom soos 'n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
15 Eis que eu venho como ladrão. Abençoado é aquele que vigia, e guarda as suas vestes, para que não ande nu, e eles vejam sua vergonha.
16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armag,ddon.
16 E eles os reuniu em um lugar que na língua hebraica se chama Armagedom.
17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
17 E o sétimo anjo derramou a sua taça no ar, e saiu grande voz do templo do céu, do trono, dizendo: Está feito.
18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so 'n geweldige groot aardbewing.
18 E houve vozes, e trovões, e relâmpagos, e um grande terremoto, como nunca houve desde que há homens sobre a terra; tão poderoso terremoto, e tão grande.
19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.
19 E a grande cidade foi dividida em três partes, e as cidades das nações caíram; e a grande Babilônia veio à lembrança diante de Deus, para dar-lhe do cálice do vinho da fúria de sua ira.
20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;
20 E toda ilha fugiu; e as montanhas não foram encontradas.
21 en groot hael, omtrent 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
21 E caiu sobre os homens um grande granizo do céu, cada pedra com o peso de cerca de um talento; e os homens blasfemaram a Deus por causa da praga do granizo. Porque sua praga é extremamente grande.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Apocalipse 16, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.