Amós 5

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 Hoor hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!
1 Ouvi esta palavra que levanto como lamentação sobre vós, ó casa de Israel:
2 Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.
2 Caiu a virgem de Israel, nunca mais tornará a levantar-se; estendida está na sua terra, e não há quem a levante.
3 Want so sê die Here HERE: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.
3 Porque assim diz o Senhor Deus: A cidade da qual saem mil conservará cem, e aquela da qual saem cem conservará dez à casa de Israel.
4 Want so sê die HERE aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
4 Pois assim diz o Senhor à casa de Israel: Buscai-me e vivei.
5 Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Bers,ba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.
5 Porém não busqueis a Betel, nem venhais a Gilgal, nem passeis a Berseba, porque Gilgal, certamente, será levada cativa, e Betel será desfeita em nada.
6 Soek die HERE, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos 'n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.
6 Buscai ao Senhor e vivei, para que não irrompa na casa de José como um fogo que a consuma, e não haja em Betel quem o apague.
7 Julle wat die reg in wilde-als verander en die geregtigheid teen die grond gooi!
7 Vós que converteis o juízo em alosna e deitais por terra a justiça,
8 Hy wat die Sewe-ster en die Or¡on gemaak het en die duisternis in môre lig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde -- HERE is sy Naam!
8 procurai o que faz o Sete-estrelo e o Órion, e torna a densa treva em manhã, e muda o dia em noite; o que chama as águas do mar e as derrama sobre a terra; Senhor é o seu nome.
9 Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!
9 É ele que faz vir súbita destruição sobre o forte e ruína contra a fortaleza.
10 Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek.
10 Aborreceis na porta ao que vos repreende e abominais o que fala sinceramente.
11 Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom 'n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.
11 Portanto, visto que pisais o pobre e dele exigis tributo de trigo, não habitareis nas casas de pedras lavradas que tendes edificado; nem bebereis do vinho das vides desejáveis que tendes plantado.
12 Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort.
12 Porque sei serem muitas as vossas transgressões e graves os vossos pecados; afligis o justo, tomais suborno e rejeitais os necessitados na porta.
13 Daarom swyg die verstandige in so 'n tyd, want dit is 'n onheilspellende tyd.
13 Portanto, o que for prudente guardará, então, silêncio, porque é tempo mau.
14 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, so met julle kan wees soos julle sê.
14 Buscai o bem e não o mal, para que vivais; e, assim, o Senhor , o Deus dos Exércitos, estará convosco, como dizeis.
15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort -- miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
15 Aborrecei o mal, e amai o bem, e estabelecei na porta o juízo; talvez o Senhor , o Deus dos Exércitos, se compadeça do restante de José.
16 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.
16 Portanto, assim diz o Senhor, o Senhor , Deus dos Exércitos: Em todas as praças haverá pranto; e em todas as ruas dirão: Ai! Ai! E ao lavrador chamarão para o pranto e, para o choro, os que sabem prantear.
17 Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneer Ek in jou midde deurtrek, sê die HERE.
17 Em todas as vinhas haverá pranto, porque passarei pelo meio de ti, diz o Senhor .
18 Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.
18 Ai de vós que desejais o Dia do Senhor ! Para que desejais vós o Dia do Senhor ? É dia de trevas e não de luz.
19 Soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en 'n slang byt hom!
19 Como se um homem fugisse de diante do leão, e se encontrasse com ele o urso; ou como se, entrando em casa, encostando a mão à parede, fosse mordido de uma cobra.
20 Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder 'n ligstraal?
20 Não será, pois, o Dia do Senhor trevas e não luz? Não será completa escuridão, sem nenhuma claridade?
21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
21 Aborreço, desprezo as vossas festas e com as vossas assembleias solenes não tenho nenhum prazer.
22 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.
22 E, ainda que me ofereçais holocaustos e vossas ofertas de manjares, não me agradarei deles, nem atentarei para as ofertas pacíficas de vossos animais cevados.
23 Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.
23 Afasta de mim o estrépito dos teus cânticos, porque não ouvirei as melodias das tuas liras.
24 Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.
24 Antes, corra o juízo como as águas; e a justiça, como ribeiro perene.
25 Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,
25 Apresentastes-me, vós, sacrifícios e ofertas de manjares no deserto por quarenta anos, ó casa de Israel?
26 en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?
26 Sim, levastes Sicute, vosso rei, Quium, vossa imagem, e o vosso deus-estrela, que fizestes para vós mesmos.
27 Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die HERE wie se Naam God van die leërskare is.
27 Por isso, vos desterrarei para além de Damasco, diz o Senhor , cujo nome é Deus dos Exércitos.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Amós 5, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.