2 Timóteo 3

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
1 Sabe, porém, isto: Que nos últimos dias perigosos tempos sobrevirão;
2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
2 porque haverá homens amantes de si mesmos, avarentos, presunçosos, orgulhosos, blasfemos, desobedientes a pais e mães, ingratos, profanos,
3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
3 sem afeto natural, irreconciliáveis, falsos acusadores, incontinentes, cruéis, inimigos daqueles que são bons,
4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
4 traidores, obstinados, soberbos, mais amantes dos prazeres do que amantes de Deus,
5 mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
5 tendo aparência de piedade, mas negando o poder dela. Destes, afasta-te.
6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
6 Porque deles fazem parte os que entram sorrateiramente nas casas e levam cativas mulheres tolas carregadas de pecados, levadas por várias concupiscências,
7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
7 que sempre aprendem e nunca são capazes de chegar ao conhecimento da verdade.
8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
8 E, como Janes e Jambres resistiram a Moisés, assim também estes resistem à verdade, sendo homens de mentes corruptas, réprobos quanto à fé.
9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook die van daardie manne geword het.
9 Mas não irão avante; porque a sua loucura será manifesta a todos os homens, assim como a deles também.
10 Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
10 Tu, porém, tens conhecido completamente a minha doutrina, modo de viver, propósito, fé, longanimidade, caridade, paciência,
11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antioch¡ë, in Ikonium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
11 perseguições e aflições tais quais me aconteceram em Antioquia, em Icônio e em Listra; quantas perseguições sofri, mas o Senhor de todas me livrou.
12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
12 E também todos os que querem viver piedosamente em Cristo Jesus sofrerão perseguição.
13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
13 Mas os homens maus e sedutores irão de mal para a pior, enganando e sendo enganados.
14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
14 Tu, porém, permanece nas coisas que aprendeste e de que foste assegurado, sabendo de quem as tens aprendido.
15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
15 E que, desde criança, sabes as santas escrituras, que são capazes de fazer-te sábio para a salvação, pela fé que há em Cristo Jesus.
16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
16 Toda Escritura é dada pela inspiração de Deus, e é proveitosa para doutrina, para repreender, para corrigir, para instruir em justiça,
17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
17 para que o homem de Deus seja perfeito e perfeitamente instruído para toda boa obra.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Timóteo 3, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.