2 Samuel 21
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA
1 En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar n jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.
1 Nos dias do rei Davi houve uma fome de três anos consecutivos. Davi consultou o Senhor , e o Senhor lhe disse: — É por causa de Saul e de sua família sanguinária, porque ele matou os gibeonitas.
2 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle -- die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by 'n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda --
2 Então o rei chamou os gibeonitas e falou com eles. Os gibeonitas não eram dos filhos de Israel, mas do resto dos amorreus. Os filhos de Israel lhes tinham jurado poupá-los, porém Saul procurou destruí-los no seu zelo pelos filhos de Israel e de Judá.
3 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?
3 Davi perguntou aos gibeonitas: — O que vocês querem que eu faça por vocês? E que resgate lhes darei, para que abençoem a herança do
4 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?
4 Os gibeonitas responderam: — A nossa questão com Saul e com a sua casa não tem nada a ver com prata nem com ouro. Também não pretendemos matar pessoa alguma em Israel. Então Davi disse: — O que vocês disserem, isso farei por vocês.
5 En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan --
5 Eles responderam ao rei: — Quanto ao homem que nos destruiu e procurou que fôssemos exterminados, sem que pudéssemos subsistir dentro das fronteiras de Israel,
6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in G¡bea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.
6 que nos sejam dados sete homens dos seus descendentes, para que os enforquemos diante do Senhor , em Gibeá de Saul, o eleito do Senhor . E o rei disse: — Eu vou dar.
7 Maar die koning het Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jonatan, die seun van Saul.
7 Mas o rei poupou Mefibosete, filho de Jônatas, filho de Saul, por causa do juramento ao Senhor feito entre Davi e Jônatas, filho de Saul.
8 Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armoni en Mefiboset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Adriël, die seun van Bars¡llai, die Meholatiet, gebaar het;
8 Porém o rei pegou os dois filhos que Rispa, filha de Aiá, tinha tido de Saul, a saber, Armoni e Mefibosete. Pegou também os cinco filhos que Merabe, filha de Saul, tinha tido de Adriel, filho de Barzilai, meolatita.
9 en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.
9 Davi os entregou nas mãos dos gibeonitas, que os enforcaram no monte, diante do Senhor , e os sete morreram ao mesmo tempo. Foram mortos nos dias da colheita, nos primeiros dias, no princípio da colheita da cevada.
10 En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.
10 Então Rispa, filha de Aiá, pegou um pano de saco e o estendeu para si sobre uma rocha, desde o princípio da colheita até que caiu água do céu sobre os corpos. E não deixou que as aves do céu se aproximassem deles de dia, nem os animais do campo, de noite.
11 Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,
11 Contaram a Davi o que Rispa, filha de Aiá e concubina de Saul, havia feito.
12 het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan van die burgers van Jabes in G¡lead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilboa verslaan het.
12 Então Davi foi e tomou os ossos de Saul e os ossos de Jônatas, seu filho, dos moradores de Jabes-Gileade, os quais os furtaram da praça de Bete-Seã, onde os filisteus os tinham pendurado, no dia em que mataram Saul em Gilboa.
13 En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan daarvandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel,
13 Dali, transportou os ossos de Saul e os ossos de Jônatas, seu filho; e ajuntaram também os ossos dos enforcados.
14 en die bene van Saul en van sy seun Jonatan in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het God Hom oor die land ontferm.
14 Sepultaram os ossos de Saul e de Jônatas, seu filho, na terra de Benjamim, em Zela, no túmulo de Quis, seu pai. Fizeram tudo o que o rei havia ordenado. Depois disto, Deus se tornou favorável para com a terra.
15 En toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.
15 De novo, os filisteus fizeram guerra contra Israel. Davi foi com os seus soldados, e lutaram contra os filisteus. E Davi ficou muito cansado.
16 En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refa‹ete was -- die gewig van sy spies was drie honderd sikkels koper in gewig, en hy was omgord met 'n nuwe swaard -- het gedink om Dawid te verslaan.
16 Isbi-Benobe descendia dos gigantes. O peso do bronze de sua lança era de quase quatro quilos, e estava cingido de uma armadura nova. Este disse que mataria Davi.
17 Maar Ab¡sai, die seun van Seruja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.
17 Porém Abisai, filho de Zeruia, socorreu Davi, atacou o filisteu e o matou. Então os homens de Davi lhe juraram, dizendo: — Nunca mais o senhor sairá conosco à batalha, para que a lâmpada de Israel não se apague.
18 En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het S¡bbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refa‹ete, verslaan.
18 Depois disto houve ainda, em Gobe, outra batalha contra os filisteus. Foi então que Sibecai, o husatita, matou Safe, que era descendente dos gigantes.
19 En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en Âlhanan, die seun van J äre-Orgim uit Betlehem, het Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.
19 Houve ainda, em Gobe, outra batalha contra os filisteus, e Elanã, filho de Jaaré-Oregim, o belemita, matou Golias, o geteu, cuja lança tinha a haste como eixo de tecelão.
20 En daar was weer oorlog in Gat; en daar was 'n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig in getal, en hy was ook 'n afstammeling van die Refa‹ete.
20 Houve ainda outra batalha em Gate. Ali havia um homem de grande estatura, que tinha seis dedos em cada mão e em cada pé, vinte e quatro ao todo; também este descendia dos gigantes.
21 En hy het Israel gehoon, maar Jonatan, die seun van S¡mea, die broer van Dawid, het hom verslaan.
21 Quando ele insultou Israel, Jônatas, filho de Simeia, irmão de Davi, o matou.
22 Hierdie vier was afstammelinge van die Refa‹ete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.
22 Esses quatro eram descendentes dos gigantes em Gate, e foram mortos por Davi e seus soldados.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Samuel 21, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.