2 Samuel 1
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA
1 En n die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,
1 Depois da morte de Saul, quando Davi tinha voltado de derrotar os amalequitas e já estava dois dias em Ziclague,
2 kom daar op die derde dag 'n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.
2 aconteceu que, no terceiro dia, veio do arraial de Saul um homem com as roupas rasgadas e terra sobre a cabeça. Ao chegar diante de Davi, ele se inclinou, prostrando-se em terra.
3 En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.
3 Davi lhe perguntou: — De onde você vem? Ele respondeu: — Fugi do arraial de Israel.
4 Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jonatan is dood.
4 Então Davi disse: — Como foi isso? Conte-me o que aconteceu. O moço respondeu: — O povo fugiu da batalha, e muitos foram mortos. Saul e seu filho Jônatas também morreram.
5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jonatan dood is?
5 Davi perguntou ao moço que lhe trazia as notícias: — Como você sabe que Saul e Jônatas, seu filho, estão mortos?
6 Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilboa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;
6 Então o moço portador das notícias disse: — Cheguei, por acaso, ao monte Gilboa, e eis que Saul estava apoiado sobre a sua lança. E os carros de guerra e a cavalaria se aproximavam dele.
7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.
7 Olhando ele para trás, me viu e me chamou. Eu disse: “Eis-me aqui.”
8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is 'n Amalekiet.
8 Ele me perguntou: “Quem é você?” Eu respondi: “Eu sou amalequita.”
9 Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat 'n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.
9 Então ele me disse: “Venha aqui e me mate, pois me sinto vencido de cãibra, embora ainda esteja bem lúcido.”
10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy n sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.
10 Então me aproximei dele e o matei, porque eu sabia que ele não viveria depois de ter caído. Peguei a coroa que ele tinha na cabeça e o bracelete e os trouxe aqui ao meu senhor.
11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.
11 Então Davi rasgou as suas próprias roupas, e todos os homens que estavam com ele fizeram o mesmo.
12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jonatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
12 Prantearam, choraram e jejuaram até a tarde por Saul, por Jônatas, seu filho, pelo povo do Senhor e pela casa de Israel, porque tinham caído à espada.
13 Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemde man, 'n Amalekiet.
13 Então Davi perguntou ao moço portador das notícias: — De onde você é? Ele respondeu: — Sou filho de um homem estrangeiro, amalequita.
14 En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die HERE om te bring nie?
14 Davi lhe disse: — Como você não temeu estender a mão para matar o ungido do
15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En die het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.
15 Então Davi chamou um dos moços e lhe disse: — Vá até lá e mate-o. Ele foi e o matou,
16 En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van die HERE gedood.
16 enquanto Davi dizia: — O seu sangue caia sobre a sua cabeça, porque a sua própria boca testificou contra você, dizendo: “Matei o ungido do
17 Toe het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun Jonatan,
17 Davi pranteou Saul e seu filho Jônatas com esta lamentação.
18 en hy het beveel om die kinders van Juda die Booglied te leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.
18 E ele ordenou que se ensinasse aos filhos de Judá o Hino ao Arco, que está escrito no Livro dos Justos.
19 Die sieraad, o Israel -- op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval!
19 A sua glória, ó Israel, foi morta sobre os seus montes! Como caíram os valentes!
20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!
20 Não anunciem isso em Gate, nem o publiquem nas ruas de Asquelom, para que não se alegrem as filhas dos filisteus, nem saltem de contentamento as filhas dos incircuncisos.
21 Berge van Gilboa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.
21 Montes de Gilboa, que sobre vocês não caia nem orvalho, nem chuva, nem haja aí campos que produzam ofertas, pois neles foi profanado o escudo dos valentes, o escudo de Saul, que nunca mais será ungido com óleo.
22 Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde het die boog van Jonatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.
22 Sem sangue dos feridos, sem gordura dos valentes, nunca se recolheu o arco de Jônatas, nem voltou vazia a espada de Saul.
23 Saul en Jonatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.
23 Saul e Jônatas, queridos e amáveis, nem na vida nem na morte se separaram! Eram mais ligeiros do que as águias, mais fortes do que os leões.
24 Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.
24 Filhas de Israel, chorem por Saul! Ele as vestia de rico escarlate, e enfeitava com ouro as roupas de vocês.
25 Hoe het die helde geval diep in die geveg! Jonatan lê verslaan op jou hoogtes.
25 Como caíram os valentes no meio da batalha! Jônatas sobre os montes foi morto!
26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jonatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.
26 Estou angustiado por sua causa, meu irmão Jônatas; você era amabilíssimo para comigo! Excepcional era o seu amor, ultrapassando o amor de mulheres.
27 Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!
27 Como caíram os valentes, e pereceram as armas de guerra!
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Samuel 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.