2 Samuel 18

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 En Dawid het die manskappe gemonster wat by hom was, en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd oor hulle aangestel.
1 Contou Davi o povo que tinha consigo e pôs sobre eles capitães de mil e capitães de cem.
2 En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van Joab, en 'n derde onder Ab¡sai, die seun van Seruja, die broer van Joab, en 'n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.
2 Davi enviou o povo: um terço sob o comando de Joabe, outro terço sob o de Abisai, filho de Zeruia e irmão de Joabe, e o outro terço sob o de Itai, o geteu. Disse o rei ao povo: Eu também sairei convosco.
3 Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tien duisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.
3 Respondeu, porém, o povo: Não sairás, porque, se formos obrigados a fugir, não se importarão conosco, nem ainda que metade de nós morra, pois tu vales por dez mil de nós. Melhor será que da cidade nos prestes socorro.
4 Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al die manskappe by honderde en by duisende uittrek.
4 Tornou-lhes Davi: O que vos agradar, isso farei. Pôs-se o rei ao lado da porta, e todo o povo saiu a centenas e a milhares.
5 En die koning het Joab en Ab¡sai en Ittai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.
5 Deu ordem o rei a Joabe, a Abisai e a Itai, dizendo: Tratai com brandura o jovem Absalão, por amor de mim. Todo o povo ouviu quando o rei dava a ordem a todos os capitães acerca de Absalão.
6 Daarop trek die manskappe uit, die veld in om Israel te ontmoet; en die geveg het plaasgevind in die bos van Efraim.
6 Saiu, pois, o povo ao campo, a encontrar-se com Israel, e deu-se a batalha no bosque de Efraim.
7 En die manskappe van Israel is daar voor die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was die dag daar groot, twintig duisend.
7 Ali, foi o povo de Israel batido diante dos servos de Davi; e, naquele mesmo dia, houve ali grande derrota, com a perda de vinte mil homens.
8 Maar die geveg is daar uitgebrei oor die oppervlakte van die hele land, en die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het.
8 Porque aí se estendeu a batalha por toda aquela região; e o bosque, naquele dia, consumiu mais gente do que a espada.
9 En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op 'n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van 'n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop.
9 Indo Absalão montado no seu mulo, encontrou-se com os homens de Davi; entrando o mulo debaixo dos ramos espessos de um carvalho, Absalão, preso nele pela cabeça, ficou pendurado entre o céu e a terra; e o mulo, que ele montava, passou adiante.
10 Toe die man dit sien, het hy aan Joab berig gebring en gesê: Kyk, ek het Absalom aan 'n terpentynboom sien hang.
10 Vendo isto um homem, fez saber a Joabe e disse: Vi Absalão pendurado num carvalho.
11 En Joab sê vir die man wat hom die berig gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en een gord gegee het.
11 Então, disse Joabe ao homem que lho fizera saber: Viste-o! Por que logo não o feriste ali, derrubando-o por terra? E forçoso me seria dar-te dez moedas de prata e um cinto.
12 Maar die man sê vir Joab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hande weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Ab¡sai en Ittai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg.
12 Disse, porém, o homem a Joabe: Ainda que me pesassem nas mãos mil moedas de prata, não estenderia a mão contra o filho do rei, pois bem ouvimos que o rei te deu ordem a ti, a Abisai e a Itai, dizendo: Guardai-me o jovem Absalão.
13 Of as ek vals teen sy lewe gehandel het -- niks tog bly vir die koning verborge nie -- dan sou u opsy gestaan het.
13 Se eu tivesse procedido traiçoeiramente contra a vida dele, nada disso se esconderia ao rei, e tu mesmo te oporias.
14 Toe sê Joab: Ek wil nie so by jou vertoef nie! En hy het drie spiese in sy hand geneem en die in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom.
14 Então, disse Joabe: Não devo perder tempo, assim, contigo. Tomou três dardos e traspassou com eles o coração de Absalão, estando ele ainda vivo no meio do carvalho.
15 En tien jongmanne, wapendraers van Joab, het nader gekom en Absalom doodgeslaan.
15 Cercaram-no dez jovens, que levavam as armas de Joabe, e feriram a Absalão, e o mataram.
16 Daarop blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het omgedraai en Israel nie meer agtervolg nie, want Joab het die manskappe teruggehou.
16 Então, tocou Joabe a trombeta, e o povo voltou de perseguir a Israel, porque Joabe deteve o povo.
17 Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos in 'n groot kuil gegooi en 'n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel, onderwyl die hele Israel elkeen na sy tent vlug.
17 Levaram Absalão, e o lançaram no bosque, numa grande cova, e levantaram sobre ele mui grande montão de pedras; todo o Israel fugiu, cada um para a sua casa.
18 En Absalom het gedurende sy lewe die gedenksteen wat in die koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die woorde: Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die gedenkteken van Absalom.
18 Ora, Absalão, quando ainda vivia, levantara para si uma coluna, que está no vale do Rei, porque dizia: Filho nenhum tenho para conservar a memória do meu nome; e deu o seu próprio nome à coluna; pelo que até hoje se chama o Monumento de Absalão.
19 Daarop sê Ah¡ma„s, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat die HERE aan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.
19 Então, disse Aimaás, filho de Zadoque: Deixa-me correr e dar notícia ao rei de que já o Senhor o vingou do poder de seus inimigos.
20 Maar Joab sê vir hom: Jy is nie vandag 'n man vir 'n boodskap nie, maar anderdag kan jy 'n boodskap bring -- vandag mag jy nie die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is.
20 Mas Joabe lhe disse: Tu não serás, hoje, o portador de novas, porém outro dia o serás; hoje, não darás a nova, porque é morto o filho do rei.
21 Toe sê Joab vir die Kusiet: Gaan vertel die koning wat jy gesien het! En die Kusiet het voor Joab gebuig en gehardloop.
21 Disse Joabe ao etíope: Vai tu e dize ao rei o que viste. Inclinou-se a Joabe e correu.
22 Maar Ah¡ma„s, die seun van Sadok, het nog 'n keer aan Joab gesê: Laat kom wat wil -- laat my tog ook agter die Kusiet aan hardloop. En Joab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is daar tog geen boodskappersloon te kry nie.
22 Prosseguiu Aimaás, filho de Zadoque, e disse a Joabe: Seja o que for, deixa-me também correr após o etíope. Disse Joabe: Para que, agora, correrias tu, meu filho, pois não terás recompensa das novas?
23 Laat kom wat wil, sê hy, ek hardloop. En hy antwoord hom: Hardloop! En Ah¡ma„s het met die pad na die Jordaanstreek gehardloop en die Kusiet verbygegaan.
23 Seja o que for, tornou Aimaás, correrei. Então, Joabe lhe disse: Corre. Aimaás correu pelo caminho da planície e passou o etíope.
24 En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens 'n man alleen hardloop.
24 Davi estava assentado entre as duas portas da entrada; subiu a sentinela ao terraço da porta sobre o muro e, levantando os olhos, viu que um homem chegava correndo só.
25 Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is, dan is daar 'n goeie boodskap in sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom,
25 Gritou, pois, a sentinela e o disse ao rei. O rei respondeu: Se vem só, traz boas notícias. E vinha andando e chegando.
26 sien die wag 'n ander man hardloop; en die wag het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloop nog 'n man alleen. Daarop sê die koning: Hy bring ook 'n goeie boodskap.
26 Viu a sentinela outro homem que corria; então, gritou para a porta e disse: Eis que vem outro homem correndo só. Então, disse o rei: Também este traz boas-novas.
27 Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van die eerste is soos die gang van Ah¡ma„s, die seun van Sadok. Toe sê die koning: Hy is 'n goeie man, en hy kom met 'n goeie boodskap.
27 Disse mais a sentinela: Vejo o correr do primeiro; parece ser o correr de Aimaás, filho de Zadoque. Então, disse o rei: Este homem é de bem e trará boas-novas.
28 En Ah¡ma„s het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy die HERE u God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.
28 Gritou Aimaás e disse ao rei: Paz! Inclinou-se ao rei, com o rosto em terra, e disse: Bendito seja o Senhor , teu Deus, que nos entregou os homens que levantaram a mão contra o rei, meu senhor.
29 Toe vra die koning: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En Ah¡ma„s antwoord: Ek het 'n groot gewoel gesien toe Joab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het nie geweet wat dit was nie.
29 Então, perguntou o rei: Vai bem o jovem Absalão? Respondeu Aimaás: Vi um grande alvoroço, quando Joabe mandou o teu servo, ó rei, porém não sei o que era.
30 Daarop sê die koning: Gaan opsy en kom hier staan. Toe hy dan opsy gaan en daar bly staan,
30 Disse o rei: Põe-te ao lado e espera aqui. Ele se pôs e esperou.
31 kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die HERE aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.
31 Chegou o etíope e disse: Boas-novas ao rei, meu senhor. Hoje, o Senhor te vingou do poder de todos os que se levantaram contra ti.
32 En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê: Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met die jongman!
32 Então, disse o rei ao etíope: Vai bem o jovem Absalão? Respondeu o etíope: Sejam como aquele os inimigos do rei, meu senhor, e todos os que se levantam contra ti para o mal.
33 Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en so gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!
33 Então, o rei, profundamente comovido, subiu à sala que estava por cima da porta e chorou; e, andando, dizia: Meu filho Absalão, meu filho, meu filho Absalão! Quem me dera que eu morrera por ti, Absalão, meu filho, meu filho!

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Samuel 18, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.