2 Samuel 15

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 En daarna het Absalom vir hom 'n wa en perde aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop.
1 Depois disso Absalão adquiriu para si um carro, cavalos e cinqüenta homens para escoltaram-no.
2 Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat 'n saak gehad het om na die koning te kom vir regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van Israel --
2 Colocava-se desde cedo à beira do caminho, junto à grande porta, e interpelava todos os que vinham procurar o rei para um julgamento, dizendo: De que cidade és tu? O outro respondia: Teu servo é de tal tribo de Israel.
3 dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.
3 Vê, dizia-lhe Absalão; a tua causa é boa e justa; mas não há ninguém para te ouvir da parte do rei.
4 Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat 'n geskil of regsaak het, na my kan kom; dan sal ,k aan hom reg laat geskied.
4 E Absalão ajuntava: Oh, quem me dera ser juiz desta terra! Todo o que tivesse um litígio ou uma questão e viesse ter comigo, eu lhe faria justiça.
5 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom.
5 E se alguém se aproximava para se prostrar diante dele, estendia a mão, detinha-o e beijava-o.
6 Op die manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het.
6 Assim fazia Absalão com todos os israelitas que vinham procurar o rei para qualquer julgamento. E desse modo conquistou os corações dos israelitas.
7 En n verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan die HERE gedoen het, in Hebron betaal;
7 Quatro anos se passaram. Absalão disse ao rei: Deixa-me ir a Hebron para cumprir ali uma promessa que fiz ao Senhor.
8 want u dienaar het 'n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die HERE my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die HERE dien.
8 Quando o teu servo estava em Gessur, fez este voto: se Senhor me reconduzir a Jerusalém, irei prestar-lhe culto em Hebron.
9 Toe sê die koning vir hom: Gaan in vrede! En hy het hom klaargemaak en na Hebron gegaan.
9 Vai em paz, disse-lhe o rei. E ele foi para Hebron.
10 Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron!
10 Absalão enviou emissários secretos a todas as tribos de Israel, com esta mensagem: Quando ouvirdes o som da trombeta, dizei: Absalão é rei em Hebron!
11 En uit Jerusalem het twee honderd man met Absalom saamgetrek wat genooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het.
11 Ora, tinham partido de Jerusalém com Absalão duzentos homens, convidados por ele, que o seguiam com simplicidade de coração, sem nada suspeitar.
12 Absalom het ook, terwyl hy die slagoffers bring, Agitofel, die Giloniet, 'n raadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat roep. So het dan die sameswering sterk geword en die mense aldeur meer by Absalom aangesluit.
12 Enquanto oferecia os sacrifícios, Absalão mandou chamar também Aquitofel, gilonita, conselheiro de Davi, à sua cidade de Gilo. E assim a conjuração se fortificava e se tornava cada vez mais numerosa em torno de Absalão.
13 Toe daar dan 'n boodskapper by Dawid kom en sê: Die hart van die manne van Israel is agter Absalom aan --
13 Vieram então anunciar a Davi: Os israelitas aderem a Absalão!
14 het Dawid aan al sy dienaars wat by hom in Jerusalem was, gesê: Maak klaar en laat ons vlug, want daar sal vir ons geen ontkoming wees voor Absalom uit nie! Maak gou om weg te kom, sodat hy ons nie miskien gou inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard verslaan nie.
14 Davi disse então a todos os que estavam com ele em Jerusalém: Vamos, fujamos, porque não podemos de outro modo escapar a Absalão! Apressai-vos e parti, não suceda que ele nos surpreenda de repente, e nos inflija a ruína, passando a cidade ao fio da espada.
15 En die dienaars van die koning sê vir die koning: Net soos my heer die koning verkies -- hier is u dienaars!
15 Os servos do rei disseram-lhe: Faça-se como ordenar o rei, meu senhor; somos teus servos.
16 En die koning het uitgegaan met sy hele huis agter hom aan, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis op te pas.
16 O rei partiu a pé com toda a sua família, mas deixou dez concubinas para guardar o palácio.
17 En toe die koning met al die mense agter hom aan uitgetrek het, het hulle bly staan by die verste huis,
17 O rei saiu, pois, a pé com todos os seus servos, e se detiveram na última casa.
18 onderwyl al sy dienaars langs hom verbytrek, ook al die Kreti en al die Pleti. Ook al die Gittiete, ses honderd man wat uit Gat agter hom aan gekom het, het voor die koning verbygetrek.
18 Todo o seu exército desfilava ao seu lado; os cereteus, os feleteus e todos os geteus, em número de seiscentos homens que o tinham seguido desde Get, todos marchavam diante do rei.
19 En die koning sê vir Ittai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is 'n uitlander en ook 'n balling uit jou woonplek.
19 O rei disse a Etai, o geteu: Por que vens também tu conosco? Volta e fica com o {novo} rei, pois és um estrangeiro, e mesmo um exilado de tua terra.
20 Jy het gister gekom, en vandag sou ek jou laat rondswerwe om met ons saam te trek terwyl ek wie weet waarheen gaan! Draai om, en bring jou broers terug. Mag guns en trou met jou wees!
20 Chegaste ontem, e hoje vou fazer que andes errante conosco, não sabendo eu mesmo aonde vou? Volta. Toma os teus contigo, e que o Senhor seja misericordioso e fiel para contigo.
21 Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: So waar as die HERE leef en my heer die koning leef, voorwaar, op die plek waar my heer die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees!
21 Mas Etai respondeu ao rei: Pela vida do Senhor, e pela vida do rei, meu senhor! Onde estiver o meu senhor e rei, ali estará também o teu servo, tanto para a morte como para a vida.
22 Toe sê Dawid vir Ittai: Gaan, trek dan verby! En Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.
22 Está bem, disse Davi, passa. E Etai, o geteu, desfilou com todos os seus homens e com toda a sua comitiva.
23 En die hele land het hardop gehuil terwyl al die mense verbytrek; en die koning het deur die spruit Kidron getrek; en al die mense het deurgetrek op pad na die woestyn.
23 E estando o rei junto do Cedron, enquanto desfilava o povo diante dele, tomando o caminho da oliveira do deserto, toda a terra chorava em alta voz.
24 En kyk, Sadok was ook daar, en al die Leviete by hom wat die verbondsark van God dra, en hulle het die ark van God neergesit -- Abjatar het ook opgetrek -- totdat al die mense uit die stad tot die laaste toe deurgetrek het.
24 Veio também Sadoc com todos os seus levitas, trazendo a arca da aliança de Deus. Depuseram-na, enquanto Abiatar subia, e até que tivesse passado todo o povo que tinha saído da cidade.
25 Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug in die stad. As ek genade vind in die oë van die HERE, sal Hy my terugbring, en Hy sal my dit en sy woning laat sien.
25 Disse então o rei a Sadoc: Reconduz a arca de Deus à cidade. Se eu achar graça aos olhos do Senhor, ele me reconduzirá e me fará revê-la, bem como o lugar de sua habitação.
26 Maar as Hy so sê: Ek het in jou geen behae nie -- hier is ek! Laat Hy met my doen soos goed is in sy oë.
26 Mas se disser que não quer mais saber de mim, eis-me aqui; faça de mim o que lhe aprouver.
27 Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ah¡ma„s, jou seun, en Jonatan, die seun van Abjatar, met julle saam.
27 O rei disse ainda a Sadoc: Vede: tu e Abiatar, voltai em paz para a cidade com Aquimaas, teu filho, e Jônatas, filho de Abiatar.
28 Kyk, ek vertoef by die woestyndriwwe totdat daar 'n woord van julle kom om my in te lig.
28 Eu vou arrastar-me pelas campinas do deserto, esperando que me mandeis notícias.
29 En Sadok en Abjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar gebly.
29 Sadoc e Abiatar reconduziram, pois, a arca de Deus para Jerusalém e lá ficaram.
30 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween.
30 Davi subiu chorando o monte das Oliveiras, cabeça coberta e descalço. Todo o povo que o acompanhava subia também chorando, com a cabeça coberta.
31 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitofel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: o HERE, verydel tog die raad van Agitofel!
31 Foi anunciado a Davi que Aquitofel estava também entre os conjurados de Absalão. Davi disse: Fazei que se frustrem, ó Senhor, meu Deus, os desígnios de Aquitofel!
32 En toe Dawid tot bo-op die top kom, waar hulle God aanbid het, ontmoet Husai, die Arkiet, hom daar, met geskeurde rok en grond op sy hoof.
32 Ora, chegando Davi ao cume do monte, no lugar onde se adorava Deus, veio-lhe ao encontro Cusai, o araquita, com a túnica em farrapos e a cabeça coberta de pó.
33 En Dawid sê vir hom: As jy saam met my verder gaan, sal jy my tot 'n las wees.
33 Davi disse-lhe: Se vieres comigo, ser-me-ás pesado;
34 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom sê: U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar, maar nou is ek u dienaar -- dan kan jy vir my die raad van Agitofel verydel.
34 mas se voltares à cidade e disseres a Absalão: eu quero ser, ó rei, teu servo, como fui outrora servo de teu pai; doravante servir-te-ei a ti - então desconcertarás a meu favor o desígnio de Aquitofel.
35 En is die priesters Sadok en Abjatar nie daar saam met jou nie? Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning, moet jy aan Sadok en Abjatar, die priesters, te kenne gee.
35 Terás lá contigo os sacerdotes Sadoc e Abiatar, a quem comunicarás tudo o que souberes no palácio real.
36 Kyk, hulle twee seuns is daar by hulle, Ah¡ma„s van Sadok en Jonatan van Abjatar, en deur hulle moet julle alles wat julle verneem, aan my laat weet.
36 Com eles estão os seus dois filhos, Aquimaas, filho de Sadoc, e Jônatas, filho de Abiatar; por eles me transmitireis tudo o que ouvirdes.
37 Daarop het Husai, die vriend van Dawid, in die stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem.
37 E Cusai, amigo de Davi, voltou para a cidade, no momento em que Absalão fazia a sua entrada em Jerusalém.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Samuel 15, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.