2 Samuel 12

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 Daarom het die HERE Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.
1 Então o S enhor enviou o profeta Natã a Davi. Ele foi até o rei e lhe disse: “Havia dois homens em certa cidade. Um era rico, e o outro, pobre.
2 Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad,
2 O rico era dono de muitas ovelhas e muito gado.
3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter.
3 O pobre não tinha nada, exceto uma cordeirinha que ele havia comprado. Ele criou a cordeirinha, e ela cresceu com os filhos dele. Comia de seu prato, bebia de seu copo e até dormia em seus braços; ela era como sua filha.
4 En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het.
4 Certo dia, um visitante chegou à casa do rico. Em vez de matar um dos animais de seu próprio rebanho, o rico tomou a cordeirinha do pobre, a matou e a preparou para seu visitante”.
5 En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die HERE leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!
5 Davi ficou furioso com esse homem rico e jurou: “Tão certo como vive o S enhor , o homem que faz uma coisa dessas merece morrer!
6 En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.
6 Deve restituir quatro ovelhas ao pobre por ter roubado a cordeirinha e não ter mostrado compaixão”.
7 Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê die HERE, die God van Israel: k het jou as koning gesalf oor Israel, en k het jou gered uit die hand van Saul;
7 Então Natã disse a Davi: “Você é esse homem! Assim diz o S enhor , o Deus de Israel: ‘Eu o ungi rei de Israel e o livrei das mãos de Saul.
8 en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee, en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg.
8 Dei-lhe a casa e as mulheres de seu senhor e os reinos de Israel e Judá. E, se isso não bastasse, teria lhe dado muito mais.
9 Waarom het jy die woord van die HERE verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Ur¡a, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het.
9 Por que, então, você desprezou a palavra do S enhor e fez algo tão horrível? Você assassinou Urias, o hitita, com a espada dos amonitas e roubou a esposa dele!
10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Ur¡a, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
10 De agora em diante, a espada não se afastará de sua família, pois você me desprezou ao tomar para si a mulher de Urias’.
11 So sê die HERE: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
11 “Assim diz o S enhor : ‘De sua própria família farei surgir seu castigo. Tomarei suas mulheres diante de seus olhos e as darei a outro homem; ele se deitará com elas à vista de todos.
12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Israel en in die volle sonlig.
12 O que você fez em segredo, eu farei acontecer abertamente, diante de todo o Israel’”.
13 En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
13 Então Davi confessou a Natã: “Pequei contra o S enhor ”. Natã respondeu: “Sim, mas o S
14 Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.
14 Contudo, uma vez que você demonstrou o mais absoluto desprezo pela palavra do S enhor ao agir desse modo, seu filho morrerá”.
15 Toe gaan Natan na sy huis. En die HERE het die kind wat die vrou van Ur¡a vir Dawid gebaar het, getref, sodat dit ernstig siek geword het.
15 Depois que Natã voltou para casa, o S enhor fez adoecer gravemente o filho de Davi com a mulher de Urias.
16 En Dawid het die aangesig van God gesoek vir die kind, en Dawid het 'n tyd lank gevas en na binne gegaan en die hele nag deur op die grond gelê.
16 Davi suplicou ao S enhor que poupasse a criança. Jejuou e passou a noite prostrado no chão.
17 Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en wou hom van die grond laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam met hulle geëet nie.
17 Os oficiais do palácio insistiram para que ele se levantasse e comesse com eles, mas Davi se recusou.
18 En op die sewende dag het die kind gesterwe; en die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die kind is dood! -- hy kan 'n verkeerde ding doen.
18 No sétimo dia, a criança morreu. Os servos de Davi ficaram com medo de contar para ele. “Não ouviu nossos conselhos quando a criança estava doente”, disseram. “Se lhe contarmos que a criança morreu, poderá cometer uma insanidade.”
19 Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood.
19 Davi percebeu que estavam cochichando e compreendeu o que havia acontecido. “A criança morreu?”, perguntou. “Sim”, responderam eles. “Está morta.”
20 Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die HERE gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet.
20 Então Davi levantou-se do chão, lavou-se, perfumou-se e trocou de roupa. Foi ao santuário e adorou o S enhor . Depois, voltou ao palácio, pediu que lhe trouxessem alimento e comeu.
21 Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet.
21 Seus servos ficaram perplexos. “Não o entendemos”, disseram. “Enquanto a criança estava viva, o senhor chorou e jejuou. Agora que a criança morreu, o senhor parou de lamentar e voltou a comer.”
22 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet -- die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.
22 Davi respondeu: “Enquanto a criança estava viva, jejuei e chorei, pois pensava: ‘Quem sabe o S enhor terá compaixão de mim e deixará a criança viver’.
23 Maar nou is hy dood -- waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.
23 Mas por que jejuar agora que ela morreu? Poderia eu fazê-la voltar? Um dia irei até ela, mas ela não voltará a mim”.
24 Daarna het Dawid sy vrou B tseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad,
24 Então Davi consolou Bate-Seba, sua mulher, e teve relações com ela. Bate-Seba engravidou e deu à luz um filho, a quem Davi chamou Salomão. O S enhor amou a criança
25 en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jed¡dja laat noem, ter wille van die HERE.
25 e enviou uma mensagem por meio do profeta Natã, dizendo que o menino devia se chamar Jedidias, conforme o S enhor havia ordenado.
26 En Joab het teen Rabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.
26 Enquanto isso, Joabe continuou a lutar contra Rabá, a capital de Amom, e tomou a cidade real.
27 Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
27 Joabe enviou mensageiros a Davi para lhe dizer: “Lutei contra Rabá e capturei seus reservatórios de água.
28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ,k nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
28 Traga o restante do exército aqui e conquiste a cidade. De outro modo, eu a tomarei e levarei o crédito pela vitória”.
29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
29 Então Davi reuniu o restante do exército e foi a Rabá. Eles atacaram a cidade e a conquistaram.
30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
30 Davi removeu a coroa da cabeça do rei, e ela foi colocada sobre sua cabeça. A coroa era feita de ouro, enfeitada com pedras preciosas, e pesava cerca de 35 quilos. Davi tomou grande quantidade de despojos da cidade.
31 En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
31 Também tornou os habitantes de Rabá seus escravos e os obrigou a trabalhar com serras, picaretas e machados de ferro, e também nos fornos de tijolos. Foi assim que Davi tratou o povo de todas as cidades amonitas. Então ele e todo o exército voltaram para Jerusalém.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Samuel 12, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.