2 Samuel 11
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT
1 En n verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle het die land van die kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.
1 No começo do ano, época em que os reis costumavam ir à guerra, Davi enviou Joabe e as tropas israelitas para lutarem contra os amonitas. Eles destruíram o exército inimigo e cercaram a cidade de Rabá. Mas Davi ficou em Jerusalém.
2 En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
2 Certa tarde, Davi se levantou da cama depois de seu descanso e foi caminhar pelo terraço do palácio. Enquanto olhava do terraço, reparou numa mulher muito bonita que tomava banho.
3 En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie B tseba, die dogter van El¡am, die vrou van Ur¡a die Hetiet nie?
3 Davi mandou alguém para descobrir quem era a mulher. Disseram-lhe: “É Bate-Seba, filha de Eliã e esposa de Urias, o hitita”.
4 Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, terwyl sy haar juis van haar onreinheid gereinig het. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.
4 Então Davi enviou mensageiros para que a trouxessem, e teve relações com ela. Bate-Seba havia acabado de completar o ritual de purificação depois da menstruação. E ela voltou para casa.
5 En die vrou het swanger geword en gestuur om Dawid te laat weet: Ek is swanger.
5 Passado algum tempo, quando Bate-Seba descobriu que estava grávida, enviou um mensageiro a Davi para lhe dizer: “Estou grávida”.
6 En Dawid het Joab laat weet: Stuur Ur¡a, die Hetiet, na my. En Joab het Ur¡a na Dawid gestuur.
6 Então Davi mandou uma mensagem para Joabe: “Envie-me Urias, o hitita”, e Joabe o enviou a Davi.
7 Toe Ur¡a dan by hom kom, vra Dawid of dit goed gaan met Joab, en of dit goed gaan met die manskappe, en of dit goed gaan met die oorlog.
7 Quando Urias chegou, Davi perguntou como estavam Joabe e o exército e como ia a guerra.
8 En Dawid sê vir Ur¡a: Gaan af na jou huis en was jou voete. En toe Ur¡a uit die paleis uitgaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg.
8 Então disse a Urias: “Vá para casa e descanse”. Depois que Urias deixou o palácio, Davi lhe enviou um presente.
9 Maar Ur¡a het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy heer, en nie na sy huis afgegaan nie.
9 Urias, porém, não foi para casa. Passou a noite na entrada do palácio com os guardas do rei.
10 En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Ur¡a het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Ur¡a: Kom jy nie van 'n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?
10 Quando Davi soube que Urias não tinha ido para casa, mandou chamá-lo e perguntou: “O que aconteceu? Depois de ter ficado tanto tempo fora, por que você não foi para casa ontem à noite?”.
11 En Ur¡a sê vir Dawid: Die ark en Israel en Juda bly in hutte, en my heer Joab en die dienaars van my heer is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie!
11 Urias respondeu: “A arca e os exércitos de Israel e de Judá estão em tendas, e Joabe, meu comandante, e seus soldados estão acampados ao ar livre. Como eu poderia ir para casa para beber, comer e dormir com minha mulher? Juro diante do rei que jamais faria uma coisa dessas”.
12 En Dawid sê vir Ur¡a: Bly vandag ook hier; dan sal ek jou môre laat gaan. En Ur¡a het die dag in Jerusalem gebly.
12 Então Davi lhe disse: “Pois bem. Fique aqui hoje, e amanhã poderá retornar”. Urias ficou em Jerusalém aquele dia e o dia seguinte.
13 Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy heer te gaan slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie.
13 Davi o convidou para jantar e o embriagou. Outra vez, porém, ele dormiu numa esteira, com os guardas do rei, e não foi para sua casa.
14 En in die môre skrywe Dawid 'n brief aan Joab en stuur dit met Ur¡a weg.
14 Na manhã seguinte, Davi escreveu uma carta para Joabe e mandou Urias entregá-la.
15 En hy het in die brief geskrywe en gesê: Sit Ur¡a op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug, dat hy in die slag kan sneuwel.
15 A carta continha a seguinte instrução: “Coloque Urias na linha de frente, onde o combate estiver mais intenso. Depois, recue para que ele seja morto”.
16 So het Joab dan, terwyl hy die stad verken, Ur¡a op 'n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was.
16 Então Joabe colocou Urias numa posição próxima do muro da cidade, onde sabia que estavam os principais guerreiros do inimigo.
17 En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Ur¡a, die Hetiet, het ook gesterwe.
17 Quando os soldados inimigos saíram da cidade para lutar, Urias, o hitita, foi morto junto com muitos outros soldados israelitas.
18 Daarop stuur Joab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel.
18 Joabe enviou a Davi um relatório da batalha.
19 En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het --
19 Disse a seu mensageiro: “Conte ao rei tudo que aconteceu na batalha.
20 as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
20 Pode ser que ele fique irado e pergunte: ‘Por que as tropas se aproximaram tanto da cidade? Não sabiam que atirariam contra eles dos muros?
21 Wie het Abim,leg, die seun van Jerubb,set, verslaan? Het nie 'n vrou bo van die muur af 'n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? -- dan moet jy sê: U dienaar Ur¡a, die Hetiet, is ook dood!
21 Acaso Abimeleque, filho de Gideão, não foi morto em Tebes por uma mulher que atirou uma pedra de moinho do alto da muralha? Por que chegaram tão perto dos muros?’. Então diga-lhe: ‘Seu soldado Urias, o hitita, também foi morto’”.
22 En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.
22 O mensageiro foi a Jerusalém e deu um relatório completo a Davi.
23 Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.
23 “O inimigo saiu contra nós em campo aberto”, disse o mensageiro. “Quando os perseguíamos de volta até o portão da cidade,
24 Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Ur¡a, die Hetiet, is ook dood.
24 os arqueiros no alto do muro atiraram flechas contra nós. Alguns dos homens do rei foram mortos; entre eles estava Urias, o hitita.”
25 Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat.
25 Davi respondeu: “Diga a Joabe que não desanime. A espada devora este hoje e aquele amanhã. Lutem bravamente e conquistem a cidade!”.
26 Toe die vrou van Ur¡a hoor dat haar man Ur¡a dood was, het sy gerouklaag oor haar heer.
26 Quando a esposa de Urias soube que seu marido havia morrido, chorou por ele.
27 Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.
27 Terminado o período de luto, Davi mandou trazê-la para o palácio. Ela se tornou uma de suas esposas e deu à luz um filho. Mas o que Davi fez desagradou o S enhor .
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Samuel 11, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.