2 Reis 9

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 Toe roep die profeet El¡sa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in G¡lead.
1 Enquanto isso o profeta Eliseu chamou um dos discípulos dos profetas e lhe disse: "Ponha a capa por dentro do cinto, pegue este frasco de óleo e vá a Ramote-Gileade.
2 As jy daar kom, kyk dan waar Jehu, die seun van Josafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in 'n binnekamer;
2 Quando lá chegar, procure Jeú, filho de Josafá e neto de Ninsi. Dirija-se a ele e leve-o para uma sala longe dos seus companheiros.
3 neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.
3 Depois pegue o frasco, derrame o óleo sobre a cabeça dele e declare: ‘Assim diz o Senhor: Eu o estou ungindo rei sobre Israel’. Então abra a porta e fuja sem demora! "
4 En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in G¡lead.
4 Então o jovem profeta foi a Ramote-Gileade.
5 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het 'n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste!
5 Ao chegar, encontrou os comandantes do exército reunidos e disse: "Trago uma mensagem para ti, comandante". "Para qual de nós? ", perguntou Jeú. Ele respondeu: "Para ti, comandante".
6 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel.
6 Jeú levantou-se e entrou na casa. Então o jovem profeta derramou o óleo na cabeça de Jeú e declarou-lhe: "Assim diz o Senhor, o Deus de Israel: ‘Eu o estou ungindo rei de Israel, o povo do Senhor.
7 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Is,bel kan wreek;
7 Você dará fim à família de Acabe, seu senhor, e assim eu vingarei o sangue de meus servos, os profetas, e o sangue de todos os servos do Senhor, derramado por Jezabel.
8 en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.
8 Toda a família de Acabe perecerá. Eliminarei todos os de sexo masculino de sua família em Israel, seja escravo seja livre.
9 Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Ba,sa, die seun van Ah¡a.
9 Tratarei a família de Acabe como tratei a de Jeroboão, filho de Nebate, e a de Baasa, filho de Aías.
10 En die honde sal Is,bel eet op die dorpsgrond van J¡sreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.
10 E Jezabel será devorada por cães num terreno em Jezreel, e ninguém a sepultará’ ". Então ele abriu a porta e saiu correndo.
11 Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom: Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat.
11 Quando Jeú voltou para junto dos outros oficiais do rei, um deles lhe perguntou: "Está tudo bem? O que esse louco queria com você? " Jeú respondeu: "Vocês conhecem essa gente e as coisas que dizem".
12 Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel.
12 Mas insistiram: "Não nos engane! Conte-nos o que ele disse". Então Jeú contou: "Ele me disse o seguinte: ‘Assim diz o Senhor: Eu o estou ungindo rei sobre Israel’ ".
13 Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!
13 Imediatamente eles pegaram os seus mantos e os estenderam sobre os degraus diante dele. Em seguida tocaram a trombeta e gritaram: "Jeú é rei! "
14 Daarop het Jehu, die seun van Josafat, die seun van Nimsi, 'n sameswering gesmee teen Joram. En Joram was besig om by Ramot in G¡lead wag te hou, hy en die hele Israel, teen H sael, die koning van Aram.
14 Então Jeú, filho de Josafá e neto de Ninsi, começou uma conspiração contra o rei Jorão, na época em que este defendeu, com todo Israel, Ramote-Gileade contra Hazael, rei da Síria.
15 Intussen het koning Joram teruggegaan om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen H sael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in J¡sreël te gaan vertel nie.
15 O rei Jorão tinha voltado a Jezreel para recuperar-se dos ferimentos sofridos na batalha contra Hazael, rei da Síria. Jeú propôs: "Se vocês me apóiam, não deixem ninguém sair escondido da cidade para nos denunciar em Jezreel".
16 Toe klim Jehu op die strydwa en trek na J¡sreël, want Joram het daar gelê; en Ah sia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.
16 Então ele subiu em seu carro e foi para Jezreel, porque Jorão estava lá se recuperando; e Acazias, rei de Judá, tinha ido visitá-lo.
17 En terwyl die wag op die toring in J¡sreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede?
17 Quando a sentinela que estava na torre de vigia de Jezreel percebeu a tropa de Jeú se aproximando, gritou: "Estou vendo uma tropa! " Jorão ordenou: "Chame um cavaleiro e envie-o ao encontro deles para perguntar se eles vêm em paz".
18 En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.
18 O cavaleiro foi ao encontro de Jeú e disse: "O rei pergunta: ‘Vocês vêm em paz? ’ " Jeú respondeu: "Não me venha falar em paz. Saia da minha frente". A sentinela relatou: "O mensageiro chegou a eles, mas não está voltando".
19 Daarop stuur hy 'n ander perderuiter; en toe die by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!
19 Então o rei enviou um segundo cavaleiro. Quando chegou a eles disse: "O rei pergunta: ‘Vocês vêm em paz? ’ " Jeú respondeu: "Não me venha falar em paz. Saia da minha frente".
20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos 'n kranksinnige.
20 A sentinela relatou: "Ele chegou a eles, mas também não está voltando". E acrescentou: "O jeito do chefe da tropa guiar o carro é como o de Jeú, neto de Ninsi; dirige como louco".
21 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ah sia, die koning van Juda, elkeen op sy wa -- hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.
21 Jorão ordenou que preparassem seu carro de guerra. Assim que ficou pronto, Jorão, rei de Israel, e Acazias, rei de Judá, saíram, cada um em seu carro, ao encontro de Jeú. Eles o encontraram na propriedade que havia pertencido a Nabote, de Jezreel.
22 En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Is,bel en haar towerye so baie is?
22 Quando Jorão viu Jeú, perguntou: "Você vem em paz, Jeú? " Jeú respondeu: "Como pode haver paz, enquanto continua toda a idolatria e as feitiçarias de sua mãe Jezabel? "
23 Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ah sia: Verraad, Ah sia!
23 Jorão deu meia-volta e fugiu, gritando para Acazias: "Traição, Acazias! "
24 Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.
24 Então Jeú disparou seu arco com toda força e atingiu Jorão nas costas. A flecha atravessou-lhe o coração e ele caiu morto.
25 Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het:
25 Jeú disse a Bidcar, seu oficial: "Pegue o cadáver e jogue-o nesta propriedade que pertencia a Nabote, de Jezreel. Lembre-se da advertência que o Senhor proferiu contra Acabe, pai dele, quando juntos acompanhávamos sua comitiva. Ele disse:
26 Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE.
26 ‘Ontem, vi o sangue de Nabote e o sangue dos seus filhos, declara o Senhor, e com certeza farei você pagar por isso nesta mesma propriedade, declara o Senhor’. Agora, então, pegue o cadáver e jogue-o nesta propriedade, conforme a palavra do Senhor".
27 Toe Ah sia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by J¡bleam. Maar hy het na Meg¡ddo gevlug en daar gesterwe.
27 Vendo isso, Acazias, rei de Judá, fugiu na direção de Bete-Hagã. Mas Jeú o perseguiu, gritando: "Matem-no também! " Eles o atingiram em seu carro de guerra na subida para Gur, perto de Ibleã, mas ele conseguiu refugiar-se em Megido, onde morreu.
28 En sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.
28 Seus oficiais o levaram até Jerusalém e o sepultaram com seus antepassados em seu túmulo, na cidade de Davi.
29 En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ah sia koning oor Juda geword.
29 Acazias havia se tornado rei de Judá no décimo primeiro ano de Jorão, filho de Acabe.
30 En Jehu het in J¡sreël gekom. Toe Is,bel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk.
30 Em seguida Jeú entrou em Jezreel. Ao saber disso, Jezabel pintou os olhos, arrumou o cabelo e ficou olhando de uma janela do palácio.
31 Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer?
31 Quando Jeú passou pelo portão, ela gritou: "Como vai, Zinri, assassino do seu senhor? "
32 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom;
32 Ele ergueu os olhos para a janela e gritou: "Quem de vocês está do meu lado? " Dois ou três funcionários olharam para ele.
33 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap.
33 Então Jeú ordenou: "Joguem essa mulher para baixo! " Eles a jogaram e o sangue dela espirrou na parede e nos cavalos, e Jeú a atropelou.
34 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na die vervloekte en begrawe haar, want sy is 'n koningsdogter.
34 Jeú entrou, comeu, bebeu e ordenou: "Peguem aquela maldita e sepultem-na, afinal era filha de rei".
35 Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms.
35 Mas, quando foram sepultá-la, só encontraram o crânio, os pés e as mãos.
36 Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg El¡a, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van J¡sreël sal die honde die vlees van Is,bel eet.
36 Então voltaram e contaram isso a Jeú, que disse: "Cumpriu-se a palavra do Senhor, anunciada por meio do seu servo Elias, o tesbita: Num terreno em Jezreel cães devorarão a carne de Jezabel,
37 En die lyk van Is,bel sal soos mis op die land wees op die dorpsgrond van J¡sreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Is,bel nie.
37 os seus restos mortais serão espalhados num terreno em Jezreel, como esterco no campo, de modo que ninguém será capaz de dizer: ‘Esta é Jezabel’ ".

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Reis 9, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.