2 Reis 20
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 In die dae het Hisk¡a dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
1 Naqueles dias Ezequias ficou enfermo de morte. E o profeta Isaías, o filho de Amoz, veio até ele e lhe disse: Assim diz o SENHOR: Põe a tua casa em ordem; porque morrerás e não viverás.
2 Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot die HERE en gesê:
2 Então, ele virou a sua face para a parede, e orou ao SENHOR, dizendo:
3 Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hisk¡a het bitterlik geween.
3 Eu te suplico, ó SENHOR, lembra-te agora de como eu tenho caminhado diante de ti em verdade e com um coração perfeito, e tenho feito aquilo que é bom à tua vista. E Ezequias chorou amargamente.
4 En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê:
4 E sucedeu que, antes de Isaías ter saído para o meio do pátio, que a palavra do SENHOR veio a ele, dizendo:
5 Draai om en sê vir Hisk¡a, die vors van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE.
5 Volve-te novamente, e conta a Ezequias, o capitão do meu povo: Assim diz o SENHOR, o Deus de Davi, o teu pai: Ouvi a tua oração e tenho visto as tuas lágrimas; eis que te curarei; no terceiro dia tu subirás para a casa do SENHOR.
6 En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid.
6 E eu acrescentarei aos teus dias quinze anos; e livrarei a ti e a esta cidade da mão do rei da Assíria; e eu defenderei esta cidade por causa de mim mesmo, e por causa do meu servo, Davi.
7 Verder sê Jesaja: Bring 'n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword.
7 E Isaías disse: Toma uma pasta de figos. E eles a tomaram e a colocaram sobre a inflamação, e ele se recuperou.
8 Hisk¡a het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE?
8 E Ezequias disse a Isaías: Qual será o sinal de que o SENHOR me curará, e de que eu subirei à casa do SENHOR ao terceiro dia?
9 En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?
9 E Isaías disse: Este sinal tu terás do SENHOR, de que o SENHOR fará a coisa que falou: A sombra avançará dez graus, ou retrocederá dez graus?
10 Toe sê Jehisk¡a: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit.
10 E Ezequias respondeu: É pouca coisa que a sombra desça dez graus; não, mas que a sombra retorne dez graus.
11 En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.
11 E Isaías, o profeta, clamou ao SENHOR; e ele trouxe a sombra dez graus para trás, pelos quais ela havia descido no mostrador de Acaz.
12 In die tyd het Berodag-B ladan, die seun van B ladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hisk¡a gestuur; want hy het gehoor dat Hisk¡a siek was.
12 Naquele tempo, Merodaque-Baladã, o filho de Baladã, rei de Babilônia, enviou cartas e um presente para Ezequias; porque ele havia ouvido que Ezequias tinha estado enfermo.
13 En Hisk¡a het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hisk¡a hulle nie laat sien het nie.
13 E Ezequias atentou a eles, e mostrou-lhes toda a casa das suas coisas preciosas; a prata, e o ouro, e as especiarias, e os unguentos preciosos, e toda a casa das armas, e tudo o que foi achado nos seus tesouros; não houve nada na sua casa, nem em todo o seu domínio, que Ezequias não tenha lhes mostrado.
14 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hisk¡a en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hisk¡a antwoord: Uit 'n ver land het hulle gekom, uit Babel.
14 Então veio Isaías, o profeta, até ao rei Ezequias, e lhe disse: O que disseram estes homens? E de onde vieram eles a ti? E Ezequias disse: Eles vieram de uma terra longínqua, a saber, de Babilônia.
15 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hisk¡a antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
15 E ele disse: O que eles viram na tua casa? E Ezequias respondeu: Todas as coisas que estão na minha casa eles viram; não há nada entre os meus tesouros que eu não lhes tenha mostrado.
16 En Jesaja sê vir Hisk¡a: Hoor die woord van die HERE!
16 E Isaías disse a Ezequias: Ouve a palavra do SENHOR.
17 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
17 Eis que vêm dias em que tudo o que estiver na tua casa, e aquilo que os teus pais tiverem acumulado até este dia, será carregado para Babilônia; nada será deixado, diz o SENHOR.
18 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
18 E dos teus filhos que sairão de ti, aos quais tu gerarás, eles levarão; e eles serão eunucos no palácio do rei de Babilônia.
19 Toe sê Hisk¡a vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!
19 Então, disse Ezequias a Isaías: Boa é a palavra do SENHOR que falaste. E ele disse: Se a paz e a verdade estiverem nos meus dias, não é boa?
20 En die verdere geskiedenis van Hisk¡a en al sy magtige dade, en hoe hy die dam en die watervoor gemaak en die water in die stad gebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
20 E o restante dos atos de Ezequias, e todo o seu poder, e como ele abriu um tanque, e um canal, e trouxe água para dentro da cidade, não estão escritos no livro das Crônicas dos reis de Judá?
21 En Hisk¡a het ontslaap met sy vaders, en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.
21 E Ezequias dormiu com os seus pais; e Manassés, o seu filho, reinou no seu lugar.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Reis 20, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.