2 Reis 17

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NTLH

Sair da comparação
NTLH Nova Tradução na Linguagem de Hoje 2000
1 In die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hos,a, die seun van Ela, in Samar¡a oor Israel koning geword -- nege jaar lank.
1 No ano doze do reinado de Acaz, de Judá, Oseias, filho de Elá, se tornou rei de Israel e governou nove anos em Samaria.
2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.
2 Ele fez coisas erradas, que não agradam a Deus, o Senhor , porém não tanto quanto os reis que governaram Israel antes dele.
3 Teen hom het Salman,ser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hos,a het sy dienaar geword en aan hom belasting betaal.
3 O rei Salmaneser, da Assíria, fez guerra contra ele; Oseias foi dominado por Salmaneser e lhe pagava um imposto todos os anos.
4 Maar die koning van Assirië het by Hos,a 'n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.
4 Mas certo ano Oseias mandou alguns mensageiros a Sô, rei do Egito, pedindo a sua ajuda, e parou de pagar o imposto anual à Assíria. Quando Salmaneser soube dessa revolta, mandou prender Oseias e colocá-lo na prisão.
5 En die koning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samar¡a en dit drie jaar lank beleër.
5 Então Salmaneser invadiu Israel e cercou a cidade de Samaria. No terceiro ano do cerco,
6 In die negende jaar van Hos,a het die koning van Assirië Samar¡a ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.
6 que era o nono ano do reinado de Oseias, o rei da Assíria conquistou a cidade de Samaria e levou os israelitas para a Assíria como prisioneiros. Ele mandou que alguns fossem morar na cidade de Hala, outros, perto do rio Habor, que fica no distrito de Gozã, e ainda outros, nas cidades da Média.
7 Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees
7 A cidade de Samaria foi conquistada porque os israelitas pecaram contra o Senhor , seu Deus, que os havia livrado de Faraó, rei do Egito, e os havia tirado para fora daquele país. Eles adoraram outros deuses,
8 en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het.
8 seguiram os costumes dos povos que o Senhor havia expulsado conforme eles avançavam e seguiram também os costumes adotados pelos reis de Israel.
9 En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor die HERE hulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.
9 Os israelitas fizeram coisas que o Senhor , seu Deus, não aprova. Eles construíram lugares pagãos de adoração em todas as suas cidades, desde o menor povoado até a maior cidade.
10 En hulle het vir hul klippilare en heilige boomstamme opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
10 Em todos os morros e debaixo de todas as árvores que dão sombra, eles levantaram colunas do deus Baal e postes da deusa Aserá .
11 En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat die HERE voor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om die HERE te terg.
11 E também queimaram incenso em todos os altares pagãos, seguindo o costume dos povos que o Senhor havia expulsado da Terra Prometida . Eles provocaram a ira de Deus, o Senhor , com todas as coisas más que fizeram;
12 En hulle het die drekgode gedien waarvan die HERE vir hulle gesê het: Julle mag dit nie doen nie.
12 e adoraram ídolos, coisa que o Senhor havia proibido.
13 En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
13 O Senhor Deus havia mandado mensageiros e profetas darem o seguinte aviso a Israel e a Judá: “Abandonem os seus maus caminhos e obedeçam aos meus mandamentos, que estão na Lei que eu dei aos seus antepassados e que entreguei a vocês por meio dos meus servos , os profetas.”
14 Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die HERE hulle God vertrou het nie.
14 Mas os israelitas do Reino do Norte não quiseram obedecer; foram teimosos como os seus antepassados, que não confiaram no Senhor , o Deus deles.
15 En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
15 Eles não quiseram obedecer aos seus ensinamentos e não guardaram a aliança que ele tinha feito com os seus antepassados e desprezaram os avisos dele. Adoraram ídolos sem valor e desse modo eles mesmos ficaram sem valor. Seguiram os costumes das nações vizinhas, desobedecendo à ordem que o Senhor tinha dado para que não as imitassem.
16 En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Ba„l gedien.
16 Eles desobedeceram a todas as leis do Senhor , seu Deus, e fizeram dois touros de metal para adorar. Também fizeram um poste da deusa Aserá , adoraram as estrelas e serviram o deus Baal.
17 En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.
17 Queimaram os seus filhos e filhas como sacrifício a deuses pagãos, consultaram médiuns e adivinhos e só fizeram coisas erradas, que o Senhor não aprova, e por isso ele ficou irado com eles.
18 So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.
18 O Senhor ficou tão irado, que os expulsou da sua presença, deixando somente o Reino de Judá.
19 Selfs Juda het die gebooie van die HERE hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.
19 Mas mesmo o povo de Judá não obedeceu às leis do Senhor , seu Deus; eles imitaram os costumes adotados pelo povo de Israel.
20 Daarom het die HERE die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.
20 Por isso, o Senhor rejeitou todos os descendentes de Israel; ele os castigou, entregando-os a inimigos cruéis, e no fim os expulsou da sua presença.
21 Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jerobeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jerobeam het Israel agter die HERE weggetrek en hulle 'n groot sonde laat doen.
21 Depois que o Senhor Deus separou Israel de Judá, os israelitas colocaram Jeroboão, filho de Nebate, como seu rei. Jeroboão os fez abandonar o Senhor e os levou a cometer um terrível pecado.
22 En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jerobeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie;
22 Os israelitas seguiram Jeroboão e continuaram a praticar todos os pecados que ele havia cometido,
23 totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.
23 até que finalmente o Senhor os expulsou da sua presença, como havia avisado por meio dos seus servos, os profetas. E assim o povo de Israel foi levado para o cativeiro na Assíria, onde eles moram até hoje .
24 En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarv im mense ingevoer en laat woon in die stede van Samar¡a, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samar¡a in besit geneem en in sy stede gaan woon.
24 O rei da Assíria trouxe gente das cidades de Babilônia, Cutá, Iva, Hamate e Sefarvaim e os fez morar nas cidades de Samaria , em lugar dos israelitas que haviam sido levados como prisioneiros. Esses assírios tomaram posse daquelas cidades e ficaram morando ali.
25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die HERE nie gevrees nie. Toe stuur die HERE leeus onder hulle, en die het onder hulle sommige gedood.
25 Quando foram morar lá, eles não adoravam a Deus, o Senhor , e por isso ele mandou leões, que mataram alguns deles.
26 Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samar¡a laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, die maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie.
26 O rei da Assíria ficou sabendo que as pessoas que ele havia mandado morar nas cidades de Samaria não conheciam a lei do deus daquela terra, e por isso esse deus havia mandado leões, que estavam matando aquelas pessoas.
27 Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.
27 Então o rei deu a seguinte ordem: “Mandem de volta um dos sacerdotes que nós trouxemos como prisioneiros. Façam com que ele volte e fique morando lá, para ensinar ao povo a lei do deus daquela terra.”
28 En een van die priesters wat uit Samar¡a weggevoer is, het gekom en hom in Bet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle die HERE moet vrees.
28 Então um sacerdote israelita que havia sido levado da cidade de Samaria foi e ficou morando em Betel, onde ensinava ao povo como adorar a Deus, o Senhor .
29 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:
29 Mas o povo que ficou morando no território de Samaria continuou a fazer os seus próprios ídolos e os colocou nos santuários que os samaritanos haviam construído. Cada povo, nas cidades onde estava morando, fez os seus próprios ídolos:
30 die manne van Babel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het As¡ma gemaak,
30 isto é, o povo de Babilônia fez imagens do deus Sucote-Benote; o povo de Cutá, imagens de Nergal; o povo de Hamate, imagens de Asima;
31 en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns vir Adramm,leg en Anamm,leg, die gode van Sefarv im, in die vuur verbrand.
31 o povo de Iva, imagens de Nibaz e Tartaque; e o povo de Sefarvaim queimava os seus filhos em sacrifício aos seus deuses Adrameleque e Anameleque.
32 Hulle het die HERE ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.
32 Esses povos também adoravam a Deus, o Senhor , mas ao mesmo tempo escolhiam no meio deles todos os tipos de pessoas para servirem como sacerdotes nos lugares pagãos de adoração e para oferecerem sacrifícios por eles naqueles lugares.
33 Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.
33 E assim eles adoravam o Senhor , mas também adoravam os seus próprios deuses, de acordo com os costumes dos países de onde tinham vindo.
34 Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het.
34 Até hoje eles continuam com os seus antigos costumes. Eles não adoram a Deus, o Senhor , nem obedecem às leis e aos mandamentos que ele deu aos descendentes de Jacó, a quem tinha dado o nome de Israel.
35 Tog het die HERE met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.
35 O Senhor havia feito uma aliança com eles e havia ordenado o seguinte: “Não adorem outros deuses; não se ajoelhem diante deles, não os sirvam, nem ofereçam sacrifícios a eles.
36 Maar die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.
36 Obedeçam a mim, o Senhor , que tirei vocês do Egito com grande poder e força; ajoelhem-se diante de mim e ofereçam sacrifícios a mim.
37 En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.
37 Obedeçam sempre às leis e aos mandamentos que escrevi para vocês. Não adorem outros deuses,
38 En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.
38 nem esqueçam a aliança que fiz com vocês.
39 Maar die HERE julle God moet julle vrees, en Hy sal julle verlos uit die hand van al julle vyande.
39 Adorem a mim, o Senhor , o Deus de vocês, e eu os livrarei de todos os seus inimigos.”
40 Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër gebruik gehandel.
40 Mas esses povos não atenderam e continuaram a seguir os seus velhos costumes.
41 So het hierdie nasies dan die HERE gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.
41 E assim eles adoravam a Deus, o Senhor , mas também adoravam os seus ídolos; e até hoje os seus descendentes continuam a fazer a mesma coisa.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Reis 17, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.