2 Reis 15
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC
1 In die sewe en twintigste jaar van Jerobeam, die koning van Israel, het As rja, die seun van Am sia, die koning van Juda, koning geword.
1 No ano vinte e sete de Jeroboão, rei de Israel, começou a reinar Azarias, filho de Amazias, rei de Judá.
2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee en vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jegolja, van Jerusalem.
2 Tinha dezesseis anos quando começou a reinar e cinquenta e dois anos reinou em Jerusalém; e era o nome de sua mãe Jecolias, de Jerusalém.
3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, net soos sy vader Am sia gedoen het.
3 E fez o que era reto aos olhos do Senhor , conforme tudo o que fizera Amazias, seu pai.
4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.
4 Tão somente os altos se não tiraram; porque ainda o povo sacrificava e queimava incenso nos altos.
5 En die HERE het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.
5 E o Senhor feriu o rei, e este ficou leproso até ao dia da sua morte e habitou numa casa separada; porém Jotão, filho do rei, tinha o cargo da casa, julgando o povo da terra.
6 En die verdere geskiedenis van As rja en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
6 Ora, o mais dos atos de Azarias e tudo o que fez, porventura, não estão escritos no livro das Crônicas dos Reis de Judá?
7 En As rja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.
7 E Azarias dormiu com seus pais, e o sepultaram junto a seus pais, na Cidade de Davi; e Jotão, seu filho, reinou em seu lugar.
8 In die agt en dertigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Sagar¡a, die seun van Jerobeam, oor Israel koning geword in Samar¡a -- ses maande lank.
8 No ano trinta e oito de Azarias, rei de Judá, reinou Zacarias, filho de Jeroboão, sobre Israel, em Samaria, seis meses.
9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
9 E fez o que era mal aos olhos do Senhor , como tinham feito seus pais; nunca se apartou dos pecados de Jeroboão, filho de Nebate, que fez pecar a Israel.
10 En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.
10 E Salum, filho de Jabes, conspirou contra ele, e o feriu diante do povo, e o matou, e reinou em seu lugar.
11 En die verdere geskiedenis van Sagar¡a, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
11 Ora, o mais dos atos de Zacarias, eis que está escrito no livro das Crônicas dos Reis de Israel.
12 Dit was die woord van die HERE wat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.
12 Esta foi a palavra que o Senhor falou a Jeú, dizendo: Teus filhos, até à quarta geração, se assentarão sobre o trono de Israel. E assim foi.
13 Sallum, die seun van Jabes, het in die nege en dertigste jaar van Uss¡a, die koning van Juda, koning geword en 'n maand lank in Samar¡a geregeer.
13 Salum, filho de Jabes, começou a reinar no ano trinta e nove de Uzias, rei de Judá; e reinou um mês inteiro em Samaria.
14 Daarna het Men hem, die seun van Gadi, van Tirsa opgetrek en in Samar¡a gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samar¡a verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.
14 Porque Menaém, filho de Gadi, subiu de Tirza, e veio a Samaria, e feriu a Salum, filho de Jabes, em Samaria, e o matou, e reinou em seu lugar.
15 En die verdere geskiedenis van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
15 Ora, o mais dos atos de Salum e a conspiração que fez, eis que estão escritos no livro das Crônicas dos Reis de Israel.
16 Toe het Men hem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die grondgebied daarvan, van Tirsa af; omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; hy het dit verslaan en al die swanger vroue daarvan laat oopsny.
16 Então, Menaém feriu a Tifsa e todos os que nela havia, como também seus termos desde Tirza, porque não lha tinham aberto; e os feriu, pois, e todas as mulheres grávidas fendeu pelo meio.
17 In die nege en dertigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Men hem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samar¡a -- tien jaar lank.
17 Desde o ano trinta e nove de Azarias, rei de Judá, Menaém, filho de Gadi, começou a reinar sobre Israel e reinou dez anos em Samaria.
18 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
18 E fez o que era mal aos olhos do Senhor ; todos os seus dias se não apartou dos pecados de Jeroboão, filho de Nebate, que fez pecar a Israel.
19 Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Men hem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.
19 Então, veio Pul, rei da Assíria, contra a terra; e Menaém deu a Pul mil talentos de prata, para que a sua mão fosse com ele, a fim de firmar o reino na sua mão.
20 En Men hem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.
20 E Menaém tirou esse dinheiro de Israel, de todos os poderosos e ricos, para o dar ao rei da Assíria, para cada homem cinquenta siclos de prata; assim, voltou o rei da Assíria e não ficou ali na terra.
21 En die verdere geskiedenis van Men hem en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
21 Ora, o mais dos atos de Menaém e tudo quanto fez, porventura, não estão escritos no livro das Crônicas dos Reis de Israel?
22 En Men hem het ontslaap met sy vaders, en sy seun Pek hia het in sy plek koning geword.
22 E Menaém dormiu com seus pais; e Pecaías, seu filho, reinou em seu lugar.
23 In die vyftigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Pek hia, die seun van Men hem, koning oor Israel geword in Samar¡a -- twee jaar lank.
23 No ano cinquenta de Azarias, rei de Judá, começou a reinar Pecaías, filho de Menaém, e reinou sobre Israel, em Samaria, dois anos.
24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
24 E fez o que era mal aos olhos do Senhor ; nunca se apartou dos pecados de Jeroboão, filho de Nebate, que fez pecar a Israel.
25 En Peka, die seun van Rem lia, sy adjudant, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in Samar¡a in die vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.
25 E Peca, filho de Remalias, seu capitão, conspirou contra ele e o feriu em Samaria, no paço da casa do rei, juntamente com Argobe e com Arié; e com ele estavam cinquenta homens dos filhos dos gileaditas; e o matou e reinou em seu lugar.
26 En die verdere geskiedenis van Pek hia en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
26 Ora, o mais dos atos de Pecaías e tudo quanto fez, eis que estão escritos no livro das Crônicas dos Reis de Israel.
27 In die twee en vyftigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Rem lia, koning geword oor Israel in Samar¡a -- twintig jaar lank.
27 No ano cinquenta e dois de Azarias, rei de Judá, começou a reinar Peca, filho de Remalias, e reinou sobre Israel, em Samaria, vinte anos.
28 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
28 E fez o que era mal aos olhos do Senhor ; nunca se apartou dos pecados de Jeroboão, filho de Nebate, que fez pecar a Israel.
29 In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-M äga en Janoag en Kedes en Hasor en G¡lead en Galil,a, die hele land N ftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.
29 Nos dias de Peca, rei de Israel, veio Tiglate-Pileser, rei da Assíria, e tomou a Ijom, e Abel-Bete-Maaca, e a Janoa, e a Quedes, e a Hazor, e a Gileade, e à Galileia, e à toda a terra de Naftali, e os levou para a Assíria.
30 En Hos,a, die seun van Ela, het 'n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Rem lia, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Uss¡a.
30 E Oseias, filho de Elá, conspirou contra Peca, filho de Remalias, e o feriu, e o matou, e reinou em seu lugar, no vigésimo ano de Jotão, filho de Uzias.
31 En die verdere geskiedenis van Peka en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
31 Ora, o mais dos atos de Peca e tudo quanto fez, eis que estão escritos no livro das Crônicas dos Reis de Israel.
32 In die tweede jaar van Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Uss¡a, die koning van Juda, koning geword.
32 No ano segundo de Peca, filho de Remalias, rei de Israel, começou a reinar Jotão, filho de Uzias, rei de Judá.
33 Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerusa, die dogter van Sadok.
33 Tinha vinte e cinco anos de idade quando começou a reinar e reinou dezesseis anos em Jerusalém; e era o nome de sua mãe Jerusa, filha de Zadoque.
34 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE; net soos sy vader Uss¡a gedoen het, het hy gedoen.
34 E fez o que era reto aos olhos do Senhor , fez conforme tudo quanto fizera Uzias, seu pai.
35 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou het.
35 Tão somente os altos se não tiraram; porque ainda o povo sacrificava e queimava incenso nos altos; Jotão edificou a Porta Alta da Casa do Senhor .
36 En die verdere geskiedenis van Jotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
36 Ora, o mais dos atos de Jotão e tudo quanto fez, porventura, não estão escritos no livro das Crônicas dos Reis de Judá?
37 In die dae het die HERE Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Rem lia, teen Juda begin stuur.
37 Naqueles dias, começou o Senhor a enviar contra Judá a Rezim, rei da Síria, e a Peca, filho de Remalias.
38 En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.
38 E Jotão dormiu com seus pais e foi sepultado junto a seus pais, na Cidade de Davi, seu pai; e Acaz, seu filho, reinou em seu lugar.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Reis 15, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.