2 Reis 12
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 In die sewende jaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem; en die naam van sy moeder was S¡bja, van Bers,ba.
1 No sétimo ano de Jeú, Joás começou a reinar; e quarenta anos reinou ele em Jerusalém. E o nome da sua mãe era Zíbia de Berseba.
2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al sy dae waarin die priester Jojada hom onderrig het.
2 E Joás fez aquilo que era reto à vista do SENHOR todos os dias nos quais Joiada, o sacerdote, instruiu-o.
3 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.
3 Porém, os lugares altos não foram removidos; o povo ainda sacrificava e queimava incenso nos lugares altos.
4 En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die huis van die HERE gebring word, gangbare geld, elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die HERE bring,
4 E Joás disse aos sacerdotes: Todo o dinheiro das coisas dedicadas que é trazido para a casa do SENHOR, a saber, o dinheiro de cada um que passa pela contagem, o dinheiro que é estimado para cada homem, e todo o dinheiro que vier ao coração de qualquer homem para trazê-lo à casa do SENHOR,
5 mag die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende, en hulle moet die bouvallige plekke van die huis herstel waar 'n bouvallige plek ook al gevind word.
5 que os sacerdotes o tomem, cada um dos seus conhecidos; e que eles reparem as fendas da casa, onde quer que cada fenda for achada.
6 Maar toe in die drie en twintigste jaar van koning Joas die priesters die bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie,
6 Porém, assim foi que, no vigésimo terceiro ano do rei Joás, os sacerdotes não haviam reparado as fendas da casa.
7 het koning Joas Jojada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan, julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis.
7 Então, o rei Joás chamou Joiada, o sacerdote, e os demais sacerdotes, e disse-lhes: Por que não reparais as fendas da casa? Agora, portanto, não recebais mais dinheiro dos vossos conhecidos, mas entregai-o para as fendas da casa.
8 En die priesters het ingewillig om geen geld van die volk aan te neem nie en om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie.
8 E os sacerdotes consentiram em não mais receber dinheiro do povo, nem em reparar as fendas da casa.
9 Toe neem die priester Jojada 'n kis en boor 'n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as 'n mens in die huis van die HERE inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die HERE ingebring is, daarin gegooi.
9 Porém Joiada, o sacerdote, tomou uma arca, e fez um furo na sua tampa, e a colocou ao lado do altar, no lado direito de quem entra na casa do SENHOR; e os sacerdotes que cuidavam da porta colocavam ali dentro todo o dinheiro que era trazido para a casa do SENHOR.
10 En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in die huis van die HERE gevind is.
10 E assim era, quando eles viam que tinha muito dinheiro na arca, que o escriba do rei e o sumo sacerdote subiam, e o recolhiam em sacolas, e contavam o dinheiro que era achado na casa do SENHOR.
11 En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van die HERE aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die HERE gewerk het,
11 E eles entregavam o dinheiro, depois de contado, nas mãos daqueles que faziam a obra, que tinham a supervisão da casa do SENHOR; e eles o entregavam aos carpinteiros e construtores que trabalhavam na casa do SENHOR,
12 en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die HERE te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.
12 e aos pedreiros, e talhadores de pedra, e para a compra de madeira e pedra lavrada para reparar as fendas da casa do SENHOR, e para tudo o que era entregue à casa para repará-la.
13 Ewenwel is daar in die huis van die HERE geen silwerskottels, messe, komme, trompette -- enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van die HERE gebring is nie.
13 Todavia ali não eram feitos, para a casa do SENHOR, tigelas de prata, espevitadeiras, bacias, trombetas, quaisquer vasos de ouro, ou vasos de prata, do dinheiro que era trazido para a casa do SENHOR;
14 Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van die HERE te herstel.
14 mas aquele era entregue por eles aos trabalhadores, e com ele reparavam a casa do SENHOR.
15 En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.
15 Além disso, eles não ajustavam contas com os homens em cujas mãos eles entregavam o dinheiro a ser doado aos trabalhadores; porque eles agiam com fidelidade.
16 Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die HERE gebring nie; dit was vir die priesters.
16 O dinheiro pela transgressão e o dinheiro pelo pecado não era trazido para dentro da casa do SENHOR; ele era dos sacerdotes.
17 Destyds het H sael, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en dit ingeneem; daarna het H sael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.
17 Então, Hazael, rei da Síria, subiu e lutou contra Gate, e a tomou; e Hazael dispôs a sua face para subir até Jerusalém.
18 Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Josafat en Joram en Ah sia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die HERE se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan H sael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.
18 E Joás, rei de Judá, tomou todas as coisas consagradas que Josafá, e Jeorão, e Acazias, os seus pais, reis de Judá, haviam dedicado, e as suas próprias coisas consagradas, e todo o ouro que fora encontrado nos tesouros da casa do SENHOR, e na casa do rei, e os enviou para Hazael, rei da Síria; e ele se foi embora de Jerusalém.
19 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
19 E o restante dos atos de Joás, e tudo o que ele fez, não estão escritos no livro das Crônicas dos reis de Judá?
20 En sy dienaars het opgestaan en 'n sameswering gesmee en Joas gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe --
20 E os seus servos levantaram-se, e fizeram uma conspiração, e mataram Joás na casa de Milo, a qual desce para Sila.
21 Josabad, die seun van S¡meat, en Josabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan; en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid, en sy seun Am sia het in sy plek koning geword.
21 Pois Jozacar, o filho de Simeate, e Jozabade, o filho de Somer, os seus servos, mataram-no, e ele morreu; e eles o sepultaram com os seus pais na cidade de Davi; e Amazias, o seu filho, reinou no seu lugar.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Reis 12, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.