2 Crônicas 34

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Jos¡a was agt jaar oud toe hy koning geword het, en een en dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.
1 Josias tinha oito anos de idade quando começou a reinar; e reinou em Jerusalém trinta e um anos.
2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.
2 E ele fez aquilo que era reto aos olhos do SENHOR, e andou em todos os caminhos de Davi, o seu pai, e não se inclinou nem para a direita, nem para a esquerda.
3 En in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog jonk was, het hy begin om die God van sy vader Dawid te soek, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig van die hoogtes en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde.
3 Porque, no oitavo ano do seu reinado, enquanto ele era ainda jovem, começou a buscar o Deus de Davi, o seu pai; e no décimo segundo ano começou a purificar a Judá e a Jerusalém dos lugares altos, e dos bosques, e das imagens esculpidas, e das imagens derretidas.
4 En hulle het voor sy oë die altare van die Ba„ls omgegooi; en die sonpilare wat daar bo-op was, het hy stukkend gekap en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde verbreek en vermaal en dit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geoffer het.
4 E eles demoliram os altares dos baalins na sua presença; e as imagens que estavam no alto, acima deles, ele cortou; e os bosques, e as imagens esculpidas, e as imagens derretidas, ele quebrou em pedaços, delas fez pó, e o espalhou sobre os sepulcros daqueles que haviam sacrificado a elas.
5 En die beendere van die priesters het hy op hulle altare verbrand en Juda en Jerusalem gereinig.
5 E ele queimou os ossos dos sacerdotes sobre os seus altares, e purificou Judá e Jerusalém.
6 En in die stede van Manasse en Efraim en S¡meon en tot by N ftali, in hulle puinhope rondom,
6 E assim fez ele nas cidades de Manassés, e Efraim, e Simeão, chegando até Naftali, com os seus enxadões pelas cercanias.
7 het hy die altare omgegooi, en die heilige boomstamme en gesnede beelde het hy tot stof vergruis en al die sonpilare in die hele land van Israel het hy omgekap. Daarna het hy na Jerusalem teruggekom.
7 E quando ele demoliu os altares, e os bosques, e reduziu a pó as imagens esculpidas, e cortou todos os ídolos por toda a terra de Israel, ele retornou a Jerusalém.
8 En in die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hy Safan, die seun van As lja, en Ma„s,ja, die owerste van die stad, en Joag, die seun van Joahas, die kanselier, gestuur om die huis van die HERE sy God te herstel.
8 Ora, no décimo oitavo ano do seu reinado, quando ele havia purificado a terra e a casa, enviou a Safã, o filho de Azalias, e Maaseias, o governador da cidade, e a Joá, o filho de Joacaz, o cronista, para restaurarem a casa do SENHOR seu Deus.
9 Toe hulle by die hoëpriester Hilk¡a kom, het hulle die geld afgegee wat in die huis van God gebring was, wat die Leviete, die drumpelwagters, versamel het uit Manasse en Efraim en uit die hele oorblyfsel van Israel en uit die hele Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem.
9 E, quando eles vieram a Hilquias, o sumo sacerdote, entregaram o dinheiro que fora trazido para dentro da casa de Deus, o qual os levitas que guardavam as portas haviam coletado das mãos de Manassés e de Efraim, e de todo o remanescente de Israel, e de todo o Judá e Benjamim; e eles retornaram a Jerusalém.
10 Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van die HERE, en die het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van die HERE, om die huis reg te maak en te herstel.
10 E eles o colocaram na mão dos trabalhadores que faziam a supervisão da casa do SENHOR, estes o deram aos que trabalhavam na casa do SENHOR, para reparar e consertar a casa;
11 En hulle het dit gegee aan die skrynwerkers en die bouers, om gekapte klippe en hout vir die kappe aan te koop en om die geboue wat die konings van Juda verniel het, van balke te voorsien.
11 e deram-no aos artesãos e aos construtores para comprarem pedra talhada, e madeira para os engastes, e para assoalhar as casas que os reis de Judá haviam destruído.
12 En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en Ob dja, Leviete uit die kinders van Mer ri, en Sagar¡a en Mesullam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente,
12 E os homens fizeram o trabalho fielmente; e os supervisores deles eram Jaate e Obadias, os levitas, dos filhos de Merari; e Zacarias e Mesulão, dos filhos dos coatitas, para adiantá-la; e outros dos levitas, todos que tinham habilidade com instrumentos de música.
13 was ,n oor die lasdraers ,n het al die werksmense bestuur by elke soort arbeid; uit die Leviete was ook skrywers en opsigters en poortwagters.
13 Eles também estavam sobre os carregadores de cargas, e foram supervisores de todos que operavam o trabalho em alguma forma de serviço; e dos levitas havia escribas, e oficiais, e porteiros.
14 En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van die HERE gebring was, het die priester Hilk¡a die wetboek van die HERE gevind wat deur die diens van Moses gegee is.
14 E, quando eles retiraram o dinheiro que foi trazido para dentro da casa do SENHOR, Hilquias, o sacerdote, encontrou um livro da lei do SENHOR dado a Moisés.
15 Daarop het Hilk¡a aan die skrywer Safan gesê: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind! Toe gee Hilk¡a die boek aan Safan,
15 E Hilquias respondeu e disse a Safã, o escriba: Encontrei o livro da lei na casa do SENHOR. E Hilquias entregou o livro para Safã.
16 en Safan het die boek na die koning gebring en aan die koning verder verslag gegee en gesê: Alles wat in die hande van u dienaars gegee is, doen hulle:
16 E Safã levou o livro para o rei, e trouxe de volta ao rei o relato, dizendo: Tudo o que foi confiado aos teus servos, eles o fazem.
17 hulle het die geld wat daar in die huis van die HERE was, uitgeskud en oorhandig aan die opsigters en die uitvoerders van die werk.
17 E eles reuniram o dinheiro que foi encontrado na casa do SENHOR, e o entregaram nas mãos dos supervisores, e nas mãos dos trabalhadores.
18 Toe gee die skrywer Safan aan die koning te kenne en sê: Die priester Hilk¡a het aan my 'n boek gegee; en Safan het aan die koning daaruit voorgelees.
18 Então Safã, o escriba, contou ao rei, dizendo: Hilquias, o sacerdote, deu-me um livro. E Safã o leu diante do rei.
19 En toe die koning die woorde van die wet hoor, het hy sy klere geskeur,
19 E sucedeu, quando o rei ouviu as palavras da lei, rasgou as suas vestes.
20 en die koning het bevel gegee aan Hilk¡a en Ah¡kam, die seun van Safan, en Abdon, die seun Miga, en Safan, die skrywer, en As ja, die dienaar van die koning, en gesê:
20 E o rei ordenou a Hilquias, e a Aicão, o filho de Safã, e a Abdom, o filho de Mica, e a Safã, o escrivão, e a Asaías, um servo do rei, dizendo:
21 Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie.
21 Ide, consultai o SENHOR por mim, e por aqueles que são deixados em Israel e em Judá, acerca das palavras do livro que foi achado; pois grande é a ira do SENHOR que é derramada sobre nós, porque os nossos pais não têm guardado a palavra do SENHOR, para fazerem segundo tudo o que está escrito neste livro.
22 Toe gaan Hilk¡a en die wat die koning gestuur het, na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tokhat, die seun van Hasra, die klerebewaarder -- sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon -- en hulle het so met haar gespreek.
22 E Hilquias, e aqueles que o rei tinha indicado, foram até Hulda, a profetisa, a mulher de Salum, o filho de Tocate, o filho de Harás, o protetor do guarda-roupa, (ora, ela habitava em Jerusalém, na sua segunda parte); e falaram-lhe a esse respeito.
23 Toe sê sy aan hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het,
23 E ela respondeu-lhes: Assim diz o SENHOR Deus de Israel: Dizei ao homem que vos enviou a mim;
24 so spreek die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskrywe staan in die boek wat hulle aan die koning van Juda voorgelees het.
24 assim diz o SENHOR: Eis que trarei o mal sobre este lugar, e sobre os seus habitantes, a saber, todas as maldições que estão escritas no livro que eles leram diante do rei de Judá;
25 Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande, daarom sal my grimmigheid oor hierdie plek uitgestort en nie uitgeblus word nie.
25 porque eles me abandonaram, e têm queimado incenso a outros deuses, para que pudessem me provocar à ira com todas as obras das suas mãos; portanto, a minha ira será derramada sobre este lugar, e não será extinta.
26 Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle so sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het --
26 E quanto ao rei de Judá, que vos enviou para consultar ao SENHOR, assim direis a ele: Assim diz o SENHOR Deus de Israel acerca das palavras que tu ouviste:
27 omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van God verneder het toe jy sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor my aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek die HERE.
27 Como o teu coração foi terno, e tu te humilhaste diante de Deus quando ouviste as suas palavras contra este lugar, e contra os seus habitantes, e te humilhaste diante de mim, e rasgaste as tuas vestes, e choraste diante de mim; eu também te ouvi, diz o SENHOR.
28 Kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.
28 Eis que te reunirei aos teus pais, e tu serás reunido ao teu sepulcro em paz, e os teus olhos não verão todo o mal que trarei sobre este lugar, e sobre os seus habitantes. Assim, eles trouxeram a palavra de volta ao rei.
29 Toe het die koning gestuur en al die oudstes van Juda en Jerusalem byeen laat kom.
29 Então o rei enviou e reuniu todos os anciãos de Judá e de Jerusalém.
30 En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
30 E o rei subiu à casa do SENHOR, e todos os homens de Judá, e todos os habitantes de Jerusalém, e os sacerdotes, e os levitas, e todo o povo, grandes e pequenos; e ele leu aos seus ouvidos todas as palavras do livro do pacto que foi achado na casa do SENHOR.
31 En die koning het op sy plek gaan staan en die verbond voor die aangesig van die HERE gesluit om die HERE te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te volbring.
31 E o rei se pôs de pé em seu lugar, e fez um pacto diante do SENHOR, para andarem segundo o SENHOR, e para guardarem os seus mandamentos, e os seus testemunhos, e os seus estatutos de todo o seu coração e de toda a sua alma, para cumprirem as palavras do pacto que estão escritas neste livro.
32 En hy het almal wat in Jerusalem en in Benjamin te vinde was, laat toetree tot die verbond; en die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die verbond van God, die God van hulle vaders.
32 E ele fez com que todos os que estavam presentes em Jerusalém e em Benjamim se pusessem de pé diante dele. E os habitantes de Jerusalém fizeram segundo o pacto de Deus, o Deus dos seus pais.
33 Jos¡a het toe al die gruwels uit al die landstreke van die kinders van Israel verwyder en almal wat in Israel te vinde was, diensbaar gemaak, om die HERE hulle God te dien; al sy dae het hulle nie van die HERE, die God van hulle vaders, afgewyk nie.
33 E Josias removeu todas as abominações de todas as regiões que pertenciam aos filhos de Israel, e fez com que todos os que estavam presentes em Israel, servissem ao SENHOR seu Deus. E em todos os seus dias eles não se afastaram de seguir ao SENHOR, o Deus dos seus pais.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Crônicas 34, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.