2 Crônicas 33

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer.
1 Manassés tinha doze anos de idade quando começou a reinar; e reinou cinquenta e cinco anos em Jerusalém;
2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
2 mas fez aquilo que era mau aos olhos do SENHOR, semelhante às abominações dos pagãos, os quais o SENHOR tinha expulsado de diante dos filhos de Israel.
3 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehisk¡a afgebreek het, en altare opgerig vir die Ba„ls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;
3 Porque ele voltou a edificar os lugares altos, os quais Ezequias, o seu pai, tinha destruído; e ergueu altares para os Baalins, e fez bosques, e adorou todo o exército do céu, e os serviu.
4 ook altare gebou in die huis van die HERE waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.
4 E também edificou altares na casa do SENHOR, do qual o SENHOR havia dito: Em Jerusalém estará o meu nome para sempre.
5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE.
5 E ele edificou altares para todo o exército do céu nos dois pátios da casa do SENHOR.
6 Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.
6 E ele fez com que os seus filhos passassem pelo fogo no vale do filho de Hinom; também praticou augúrios, e usou encantamentos, e usou feitiçaria, e lidou com um espírito familiar, e com feiticeiros; ele operou muito mal aos olhos do SENHOR, para provocá-lo à ira.
7 Hy het ook 'n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
7 E ele colocou uma imagem esculpida, o ídolo que ele havia feito, na casa de Deus, do qual Deus havia dito para Davi e para Salomão, o seu filho: Nesta casa e em Jerusalém, a qual eu tenho escolhido diante de todas as tribos de Israel, colocarei o meu nome para sempre;
8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses.
8 tampouco voltarei a remover o meu pé de Israel, da terra que indiquei aos vossos pais; para que eles atentem a tudo o que eu lhes tenho ordenado, de acordo com toda a lei e com os estatutos e as ordenanças pelas mãos de Moisés.
9 Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
9 Assim, Manassés fez com que Judá e os habitantes de Jerusalém errassem, e fizessem pior do que os pagãos, aos quais o SENHOR tinha destruído diante dos filhos de Israel.
10 En die HERE het met Manasse en met sy volk gespreek, maar hulle het nie geluister nie.
10 E o SENHOR falou a Manassés, e ao seu povo; mas eles não quiseram ouvir.
11 Daarom het die HERE die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en die het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.
11 Porquanto o SENHOR trouxe sobre eles os capitães do exército do rei da Assíria, os quais tiraram Manassés do meio dos espinhos, e o ataram com grilhões, e o carregaram para Babilônia.
12 Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders
12 E, quando ele esteve em aflição, buscou ao SENHOR seu Deus, e se humilhou grandemente diante do Deus dos seus pais,
13 en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is.
13 e orou a ele; Deus aceitou-lhe a petição, e ouviu a sua súplica, e o trouxe de volta a Jerusalém, ao seu reino. Então, Manassés soube que o SENHOR era Deus.
14 En daarna het hy 'n buitemuur vir die stad van Dawid gebou, westelik van die Gihon in die dal tot by die ingang na die Vispoort en dit om die Heuwel getrek en baie hoog gemaak, en leërowerstes in al die versterkte stede in Juda aangestel.
14 Ora, depois disso ele edificou um muro na parte externa da cidade de Davi, sobre o lado oeste de Giom, no vale, a saber, na entrada do portão do peixe, e que cercava Ofel, e se erguia a grande altura, e colocou capitães de guerra em todas as cidades fortificadas de Judá.
15 En hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die HERE verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.
15 E ele removeu os deuses estranhos, e o ídolo da casa do SENHOR, e todos os altares que havia edificado no monte da casa do SENHOR, e em Jerusalém, e os lançou fora da cidade.
16 En hy het die altaar van die HERE weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om die HERE, die God van Israel, te dien.
16 E ele reparou o altar do SENHOR, e sobre ele sacrificou ofertas de paz e ofertas de gratidão, e ordenou a Judá que servisse o SENHOR Deus de Israel.
17 Tog het die volk nog op die hoogtes geoffer, maar net aan die HERE hulle God.
17 Todavia, o povo ainda sacrificava nos lugares altos, porém somente ao SENHOR seu Deus.
18 En die verdere geskiedenis van Manasse en sy gebed tot sy God en die woorde van die sieners wat tot hom gespreek het in die Naam van die HERE, die God van Israel, kyk, dit is in die Geskiedenis van die konings van Israel.
18 Ora, o restante dos atos de Manassés, e a sua oração ao seu Deus, e as palavras dos videntes que falaram com ele em nome do SENHOR, Deus de Israel, eis que estão escritos no livro dos reis de Israel.
19 En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou en die plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hosai.
19 Também a sua oração, e como Deus foi clamado por ele, e todos os seus pecados, e a sua transgressão, e os lugares nos quais ele edificou lugares altos, e ergueu bosques e imagens esculpidas, antes de ser humilhado; eis que estão escritos entre os dizeres dos videntes.
20 En Manasse het ontslaap met sy vaders, en hy is in sy huis begrawe; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.
20 Assim, Manassés dormiu com os seus pais, e o sepultaram na sua própria casa; e Amom, o seu filho, reinou em seu lugar.
21 Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en twee jaar het hy in Jerusalem geregeer.
21 Amom tinha vinte e dois anos de idade quando começou a reinar; e reinou dois anos em Jerusalém.
22 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het; en aan al die gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon ywerig geoffer en hulle gedien.
22 Porém, ele fez aquilo que era mau aos olhos do SENHOR, como fez Manassés, o seu pai; porque Amom sacrificou a todas as imagens esculpidas que Manassés, o seu pai, havia feito, e as serviu;
23 Maar hy het hom nie verootmoedig voor die aangesig van die HERE soos sy vader Manasse hom verootmoedig het nie; maar hy, Amon, het die skuld vermeerder.
23 e não se humilhou diante do SENHOR, como Manassés, o seu pai, havia se humilhado; porém Amom transgrediu mais e mais.
24 En sy dienaars het teen hom saamgesweer en hom in sy huis gedood.
24 E os seus servos conspiraram contra ele, e o mataram na sua própria casa.
25 Maar die volk van die land het almal doodgeslaan wat teen koning Amon saamgesweer het, en die volk van die land het sy seun Jos¡a in sy plek koning gemaak.
25 Porém, o povo da terra matou todos aqueles que haviam conspirado contra o rei Amom; e o povo da terra fez de Josias, o seu filho, rei no seu lugar.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Crônicas 33, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.