2 Crônicas 18

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 En toe Josafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.
1 Josafá tinha grande riqueza e honra, e aliou-se a Acabe mediante casamento.
2 En n verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samar¡a, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in G¡lead op te trek.
2 Alguns anos depois, ele foi visitar Acabe em Samaria. Acabe abateu muitas ovelhas e bois para receber a ele e à sua comitiva, e insistiu que atacasse Ramote-Gileade.
3 Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Josafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in G¡lead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.
3 Acabe, rei de Israel, perguntou a Josafá, rei de Judá: "Irás comigo lutar contra Ramote-Gileade? " Josafá respondeu: "Sou como tu, e meu povo é como o teu povo; estaremos contigo na guerra".
4 Verder het Josafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.
4 Mas acrescentou: "Peço-te que busques primeiro o conselho do Senhor".
5 Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.
5 Então o rei de Israel reuniu quatrocentos profetas, e lhes perguntou: "Devemos ir à guerra contra Ramote-Gileade, ou não? " Eles responderam: "Sim, pois Deus a entregará nas mãos do rei".
6 Maar Josafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
6 Josafá, porém, perguntou: "Não existe aqui mais nenhum profeta do Senhor, a quem possamos consultar? "
7 En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ,k haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Josafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
7 O rei de Israel respondeu a Josafá: "Ainda há um homem por meio de quem podemos consultar o Senhor, mas eu o odeio, porque nunca profetiza coisas boas a meu respeito, mas sempre coisas ruins. É Micaías, filho de Inlá". "O rei não deveria dizer isso", Josafá respondeu.
8 Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla.
8 Então o rei de Israel chamou um dos seus oficiais e disse: "Traga Micaías, filho de Inlá, imediatamente".
9 Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samar¡a, en al die profete voor hulle profeteer,
9 Usando vestes reais, o rei de Israel e Josafá, rei de Judá, estavam sentados em seus tronos, na eira, junto à porta de Samaria, e todos os profetas estavam profetizando em transe diante deles.
10 het Sedek¡a, die seun van Kena„na, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
10 E Zedequias, filho de Quenaaná, tinha feito chifres de ferro, e declarou: "Assim diz o Senhor: ‘Com estes chifres tu ferirás os arameus até que sejam destruídos’ ".
11 En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in G¡lead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
11 Todos os outros profetas estavam profetizando a mesma coisa, dizendo: "Ataca Ramote-Gileade, e serás vitorioso, pois o Senhor a entregará nas mãos do rei".
12 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom d¡t: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge.
12 O mensageiro que tinha ido chamar Micaías lhe disse: "Veja, todos os outros profetas estão predizendo que o rei terá sucesso. Sua palavra também deve ser favorável".
13 Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!
13 Micaías, porém, disse: "Juro pelo nome do Senhor, que direi o que o meu Deus mandar".
14 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word.
14 Quando ele chegou, o rei lhe perguntou: "Micaías, devemos ir à guerra contra Ramote-Gileade, ou não? " Ele respondeu: "Atacai, e sereis vitoriosos, pois eles serão entregues em vossas mãos".
15 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
15 O rei lhe disse: "Quantas vezes devo fazer você jurar que me irá dizer somente a verdade em nome do Senhor? "
16 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
16 Então Micaías respondeu: "Vi todo o Israel espalhado pelas colinas, como ovelhas sem pastor, e o Senhor dizer: ‘Estes não têm dono. Cada um volte para casa em paz’ ".
17 Toe sê die koning van Israel vir Josafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?
17 O rei de Israel disse a Josafá: "Não lhe disse que ele nunca profetiza nada de bom a meu respeito, mas apenas coisas ruins? "
18 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter-- en sy linkerhand staan.
18 Micaías prosseguiu: "Ouçam a palavra do Senhor: Vi o Senhor assentado em seu trono, com todo o exército dos céus à sua direita e à sua esquerda.
19 En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in G¡lead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
19 E o Senhor disse: ‘Quem enganará Acabe, rei de Israel, para que ataque Ramote-Gileade e morra lá? ’ "E um sugeria uma coisa, outro sugeria outra, até que,
20 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
20 finalmente, um espírito colocou-se diante do Senhor e disse: ‘Eu o enganarei’. " ‘De que maneira? ’, perguntou o Senhor.
21 En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
21 "Ele respondeu: ‘Irei e serei um espírito mentiroso na boca de todos os profetas do rei’. "Disse o Senhor: ‘Você conseguirá enganá-lo; vá e engane-o’.
22 En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.
22 "E o Senhor pôs um espírito mentiroso na boca destes seus profetas. O Senhor decretou a sua desgraça".
23 Daarop kom Sedek¡a, die seun van Kena„na, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
23 Então Zedequias, filho de Quenaaná, aproximou-se, deu um tapa no rosto de Micaías e perguntou: "Por qual caminho foi o espírito da parte do Senhor, quando saiu de mim para falar a você? "
24 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.
24 Micaías respondeu: "Você descobrirá no dia em que estiver se escondendo de quarto em quarto".
25 Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
25 O rei de Israel então ordenou: "Enviem Micaías de volta a Amom, o governador da cidade, e a Joás, filho do rei,
26 En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
26 e digam: Assim diz o rei: Ponham este homem na prisão a pão e água, até que eu volte em segurança".
27 Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
27 Micaías declarou: "Se você de fato voltar em segurança, o Senhor não falou por meu intermédio". E acrescentou: "Ouçam o que estou dizendo, todos vocês! "
28 En die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in G¡lead.
28 Então o rei de Israel e Josafá, rei de Judá, foram atacar Ramote-Gileade.
29 En die koning van Israel het aan Josafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.
29 E o rei de Israel disse a Josafá: "Entrarei disfarçado em combate, mas tu, usa as tuas vestes reais". O rei de Israel disfarçou-se, e ambos foram para o combate.
30 En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.
30 O rei da Síria havia ordenado a seus chefes dos carros de guerra: "Não lutem contra ninguém, seja soldado seja oficial, senão contra o rei de Israel".
31 En sodra die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Josafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.
31 Quando os chefes dos carros viram Josafá, pensaram: "É o rei de Israel", e o cercaram para atacá-lo, mas Josafá clamou, e o Senhor o ajudou. Deus os afastou dele,
32 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.
32 pois, quando os comandantes dos carros viram que não era o rei de Israel, deixaram de persegui-lo.
33 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
33 De repente, um soldado disparou seu arco ao acaso, e atingiu o rei de Israel entre os encaixes da sua armadura. Então o rei disse ao condutor do seu carro: "Tire-me do combate. Fui ferido! "
34 En die geveg het die dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.
34 A batalha foi violenta durante todo o dia, e assim, o rei de Israel teve que enfrentar os arameus em pé no seu carro, até à tarde. E, ao pôr-do-sol, ele morreu.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Crônicas 18, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.