2 Coríntios 6

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
1 E nós, cooperando também com ele, vos exortamos a que não recebais a graça de Deus em vão
2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
2 (Porque diz:Ouvi-te em tempo aceitável e socorri-te no dia da salvação;eis aqui agora o tempo aceitável, eis aqui agora o dia da salvação).
3 Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;
3 Não dando nós escândalo em coisa alguma, para que o nosso ministério não seja censurado;
4 maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;
4 Antes, como ministros de Deus, tornando-nos recomendáveis em tudo; na muita paciência, nas aflições, nas necessidades, nas angústias,
5 in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;
5 Nos açoites, nas prisões, nos tumultos, nos trabalhos, nas vigílias, nos jejuns,
6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;
6 Na pureza, na ciência, na longanimidade, na benignidade, no Espírito Santo, no amor não fingido,
7 in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;
7 Na palavra da verdade, no poder de Deus, pelas armas da justiça, à direita e à esquerda,
8 deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;
8 Por honra e por desonra, por infâmia e por boa fama; como enganadores, e sendo verdadeiros;
9 as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;
9 Como desconhecidos, mas sendo bem conhecidos; como morrendo, e eis que vivemos; como castigados, e não mortos;
10 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
10 Como contristados, mas sempre alegres; como pobres, mas enriquecendo a muitos; como nada tendo, e possuindo tudo.
11 Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.
11 Ó coríntios, a nossa boca está aberta para vós, o nosso coração está dilatado.
12 Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.
12 Não estais estreitados em nós; mas estais estreitados nos vossos próprios afetos.
13 Maar by wyse van vergoeding -- ek praat soos met kinders -- moet julle ook verruim word.
13 Ora, em recompensa disto, (falo como a filhos) dilatai-vos também vós.
14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
14 Não vos prendais a um jugo desigual com os infiéis; porque, que sociedade tem a justiça com a injustiça? E que comunhão tem a luz com as trevas?
15 En watter ooreenstemming het Christus met B,lial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
15 E que concórdia há entre Cristo e Belial? Ou que parte tem o fiel com o infiel?
16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
16 E que consenso tem o templo de Deus com os ídolos? Porque vós sois o templo do Deus vivente, como Deus disse: Neles habitarei, e entre eles andarei; e eu serei o seu Deus e eles serão o meu povo.
17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
17 Por isso saí do meio deles, e apartai-vos, diz o Senhor;E não toqueis nada imundo,E eu vos receberei;
18 en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
18 E eu serei para vós Pai,E vós sereis para mim filhos e filhas, Diz o Senhor Todo-Poderoso.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Coríntios 6, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.