2 Coríntios 3

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?
1 Começamos novamente a elogiar a nós mesmos? Ou nós precisamos, como alguns outros, de cartas de recomendação para vós, ou cartas de recomendação de vós?
2 Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;
2 Vós sois a nossa carta escrita em nossos corações, conhecida e lida por todos os homens;
3 omdat julle duidelik 'n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
3 porquanto vós sois manifestamente declarados para ser a carta de Cristo, ministrada por nós e escrita, não com tinta, mas com o Espírito do Deus vivo; não em tábuas de pedra, mas nas tábuas de carne do coração.
4 So 'n vertroue het ons deur Christus by God.
4 E tal confiança nós temos através de Cristo em Deus;
5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,
5 não que sejamos suficientes por nós mesmos para pensar alguma coisa como de nós mesmos; mas a nossa suficiência é de Deus,
6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
6 o qual também nos fez capazes de ser ministros do novo testamento, não da letra, mas do espírito; porque a letra mata, mas o espírito dá vida.
7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,
7 Mas se a ministração da morte, escrita e gravada em pedras, era gloriosa, de maneira que os filhos de Israel não podiam contemplar firmemente a face de Moisés, por causa da glória do seu semblante; cuja glória estava se acabando,
8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?
8 como não será a ministração do Espírito mais gloriosa?
9 Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.
9 Porque, se a ministração da condenação for gloriosa, muito mais a ministração da justiça excederá em glória.
10 Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.
10 Porque até o que foi feito glorioso, a este respeito não tinha glória, em razão da glória que excede.
11 Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.
11 Porque, se o que era transitório foi glorioso, muito mais o que permanece é glorioso.
12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;
12 Vendo, então, que temos tal esperança, usamos de grande simplicidade no falar;
13 nie soos Moses nie, wat 'n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.
13 e não como Moisés, o qual colocou um véu sobre a sua face, para que os filhos de Israel não pudessem olhar firmemente para o fim daquilo que é abolido;
14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
14 mas suas mentes estavam cegas; porque até este dia permanece o mesmo véu encoberto na leitura do velho testamento; véu o qual está aniquilado em Cristo.
15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart;
15 Mas até hoje, quando Moisés é lido, o véu está sobre o coração deles.
16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
16 Mesmo assim, quando se converterem ao Senhor, o véu será retirado.
17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
17 Ora, o Senhor é o Espírito, e onde o Espírito do Senhor está, aí está a liberdade.
18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
18 Mas todos nós, com a face descoberta, contemplando como em um espelho a glória do Senhor, somos transformados na mesma imagem de glória em glória, como pelo Espírito do Senhor.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Coríntios 3, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.