2 Coríntios 2
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT
1 Maar dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle te kom nie.
1 Por isso resolvi não entristecê-los com outra visita dolorosa.
2 Want as ek julle bedroef maak, wie is hy dan wat my kan verbly anders as hy wat deur my bedroef gemaak is?
2 Pois, se eu lhes causar tristeza, quem me alegrará? Certamente não serão aqueles a quem entristeci.
3 En ek het juis dit aan julle geskrywe, dat ek nie by my koms droefheid mag hê deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek die vertroue in julle almal het dat my blydskap die van julle almal is.
3 Esse foi o motivo de eu ter escrito como o fiz, para que, quando eu for, não seja entristecido por aqueles que deveriam me alegrar. Sem dúvida, vocês sabem que minha alegria vem do fato de vocês estarem alegres.
4 Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.
4 Escrevi aquela carta com grande angústia, com o coração aflito e muitas lágrimas. Minha intenção não era entristecê-los, mas mostrar-lhes quanto amo vocês.
5 Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar -- ek wil nie oordryf nie -- min of meer julle almal.
5 Não exagero quando digo que o homem que causou tantos problemas magoou não somente a mim, mas, até certo ponto, a todos vocês.
6 Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;
6 A maioria de vocês se opôs a ele, e isso já foi castigo suficiente.
7 sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.
7 Agora, porém, é hora de perdoá-lo e confortá-lo; do contrário, pode acontecer de ele ser vencido pela tristeza excessiva.
8 Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.
8 Peço, portanto, que reafirmem seu amor por ele.
9 Want daarom het ek ook geskrywe om julle beproefdheid te weet, of julle in alles gehoorsaam is.
9 Eu lhes escrevi daquela forma para testá-los e ver se seguiriam todas as minhas instruções.
10 Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het -- as ek iets vergeef het -- dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;
10 Se vocês perdoam esse homem, eu também o perdoo. E, quando eu perdoo o que precisa ser perdoado, faço-o na presença de Cristo, em favor de vocês,
11 want ons is met sy planne nie onbekend nie.
11 para que Satanás não tenha vantagem sobre nós, pois conhecemos seus planos malignos.
12 Maar toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel 'n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie;
12 Quando cheguei à cidade de Trôade para anunciar as boas-novas de Cristo, o Senhor me abriu uma porta de oportunidade.
13 maar ek het van hulle afskeid geneem en na Macedonië vertrek.
13 Contudo, não tive paz em meu espírito, pois meu querido irmão Tito ainda não havia chegado com notícias de vocês. Assim, despedi-me dos irmãos dali e fui à Macedônia para procurá-lo.
14 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.
14 Mas graças a Deus, que, em Cristo, sempre nos conduz triunfantemente. Agora, por nosso intermédio, ele espalha o conhecimento de Cristo por toda parte, como um doce perfume.
15 Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;
15 Somos o aroma de Cristo que se eleva até Deus. Mas esse aroma é percebido de forma diferente por aqueles que estão sendo salvos e por aqueles que estão perecendo.
16 vir die laaste 'n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste 'n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?
16 Para os que estão perecendo, somos cheiro terrível de morte e condenação. Mas, para os que estão sendo salvos, somos perfume que dá vida. E quem está à altura de uma tarefa como essa?
17 Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.
17 Não somos como muitos que fazem da palavra de Deus um artigo de comércio. Pregamos a palavra de Deus com sinceridade e com a autoridade de Cristo, sabendo que Deus nos observa.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Coríntios 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.