2 Coríntios 10
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC
1 En ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ek wat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle --
1 Além disso, eu, Paulo, vos rogo, pela mansidão e benignidade de Cristo, eu que, na verdade, quando presente entre vós, sou humilde, mas ausente, ousado para convosco;
2 ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie.
2 rogo- vos, pois, que, quando estiver presente, não me veja obrigado a usar com confiança da ousadia que espero ter com alguns que nos julgam como se andássemos segundo a carne.
3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
3 Porque, andando na carne, não militamos segundo a carne.
4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
4 Porque as armas da nossa milícia não são carnais, mas, sim, poderosas em Deus, para destruição das fortalezas;
5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
5 destruindo os conselhos e toda altivez que se levanta contra o conhecimento de Deus, e levando cativo todo entendimento à obediência de Cristo,
6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.
6 e estando prontos para vingar toda desobediência, quando for cumprida a vossa obediência.
7 Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;
7 Olhais para as coisas segundo a aparência? Se alguém confia de si mesmo que é de Cristo, pense outra vez isto consigo: assim como ele é de Cristo, também nós de Cristo somos.
8 want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie --
8 Porque, ainda que eu me glorie mais alguma coisa do nosso poder, o qual o Senhor nos deu para edificação e não para vossa destruição, não me envergonharei,
9 anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.
9 para que não pareça como se quisera intimidar-vos por cartas.
10 Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maar die persoonlike teenwoordigheid is swak en die woord niks werd nie.
10 Porque as suas cartas, dizem, são graves e fortes, mas a presença do corpo é fraca, e a palavra, desprezível.
11 Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.
11 Pense o tal isto: quais somos na palavra por cartas, estando ausentes, tais seremos também por obra, estando presentes.
12 Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.
12 Porque não ousamos classificar-nos ou comparar-nos com alguns que se louvam a si mesmos; mas esses que se medem a si mesmos e se comparam consigo mesmos estão sem entendimento.
13 Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as 'n maat toebedeel het om ook julle te bereik.
13 Porém não nos gloriaremos fora de medida, mas conforme a reta medida que Deus nos deu, para chegarmos até vós;
14 Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.
14 porque não nos estendemos além do que convém, como se não houvéssemos de chegar até vós, pois já chegamos também até vós no evangelho de Cristo;
15 Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,
15 não nos gloriando fora de medida nos trabalhos alheios; antes, tendo esperança de que, crescendo a vossa fé, seremos abundantemente engrandecidos entre vós, conforme a nossa regra,
16 om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van 'n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.
16 para anunciar o evangelho nos lugares que estão além de vós e não em campo de outrem, para nos não gloriarmos no que estava já preparado.
17 Maar wie roem, moet in die Here roem.
17 Aquele, porém, que se gloria, glorie-se no Senhor.
18 Want nie hy wat homself aanbeveel, die is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.
18 Porque não é aprovado quem a si mesmo se louva, mas, sim, aquele a quem o Senhor louva.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Coríntios 10, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.