1 Tessalonicenses 4

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.
1 Além disso, vos rogamos irmãos, e vos exortamos no Senhor Jesus que, assim como recebestes de nós, de que maneira convém andar e agradar a Deus, assim andai, para que continueis a progredir mais e mais;
2 Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.
2 porque vós sabeis que mandamentos vos temos dado pelo Senhor Jesus.
3 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
3 Porque esta é a vontade de Deus, a vossa santificação: Que vos abstenhais da fornicação,
4 dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,
4 que cada um de vós saiba possuir o seu vaso em santificação e honra,
5 nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
5 não na paixão de concupiscência, como os gentios, que não conhecem a Deus.
6 dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
6 Que nenhum homem oprima ou engane a seu irmão em qualquer assunto, porque o Senhor é vingador de todas estas coisas, como também, antes, vo-lo dissemos e testificamos.
7 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
7 Porque Deus não nos chamou para a imundícia, mas para a santificação.
8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
8 Portanto, quem despreza isto não despreza ao homem, mas sim a Deus, que nos deu também o seu Espírito Santo.
9 Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;
9 Mas, quanto ao amor fraternal, não necessitais de que vos escreva, visto que vós mesmos estais instruídos por Deus que vos ameis uns aos outros;
10 en julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedonië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees
10 porque também já assim o fazeis para com todos os irmãos que estão por toda a Macedônia. Mas vos suplicamos, irmãos, que continueis a progredir mais e mais,
11 en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,
11 e que procureis viver quietos, e tratar dos vossos próprios negócios, e trabalhar com vossas próprias mãos, como já vo-lo temos mandado;
12 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.
12 para que andeis honestamente para com os que estão de fora e para que não tenhais falta de nada.
13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
13 Não quero, porém que sejais ignorantes, irmãos, acerca dos que dormem, para que não vos entristeçais, como os demais, que não têm esperança.
14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
14 Porque, se cremos que Jesus morreu e ressuscitou, assim também aos que em Jesus dormem, Deus trará com ele.
15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie.
15 Dizemos, pois, isto a vós, pela palavra do Senhor: Que nós, os que estamos vivos e permanecemos para a vinda do Senhor, não precederemos os que dormem.
16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
16 Porque o mesmo Senhor descerá do céu com brado, e com a voz de arcanjo, e com a trombeta de Deus; e os mortos em Cristo ressuscitarão primeiro;
17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
17 depois, nós, os que estamos vivos e permanecemos, seremos arrebatados juntamente com eles nas nuvens, a encontrar o Senhor no ar, e assim estaremos para sempre com o Senhor.
18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
18 Portanto, consolai-vos uns aos outros com estas palavras.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Tessalonicenses 4, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.