1 Samuel 8

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 En toe Samuel oud was, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel.
1 Quando Samuel ficou idoso, nomeou seus filhos para serem juízes sobre Israel.
2 Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Ab¡a, rigters in Bers,ba.
2 Joel, seu filho mais velho, e Abias, o segundo mais velho, julgavam em Berseba,
3 Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.
3 mas não eram como seu pai. Eram gananciosos, aceitavam subornos e pervertiam a justiça.
4 Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama
4 Por fim, as autoridades de Israel se reuniram em Ramá para discutir essa questão com Samuel.
5 en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies.
5 Eles disseram: “Olhe, o senhor está idoso e seus filhos não seguem seu exemplo. Escolha um rei para nos julgar, como ocorre com todas as outras nações”.
6 Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid.
6 Samuel não gostou de que lhe tivessem pedido um rei e buscou a orientação do S enhor .
7 Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.
7 O S enhor lhe respondeu: “Faça tudo que eles pedem, pois é a mim que rejeitam, e não a você. Eles me rejeitaram como seu rei.
8 Soos al die werke wat hulle gedoen het, van die dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het -- so doen hulle ook met jou.
8 Desde que os tirei do Egito até hoje, eles têm me abandonado e seguido outros deuses. Agora, tratam você da mesma forma.
9 Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.
9 Faça o que eles pedem, mas advirta-os solenemente a respeito de como o rei os governará”.
10 Samuel het toe al die woorde van die HERE oorgebring aan die volk wat 'n koning van hom gevra het.
10 Então Samuel transmitiu a advertência do S enhor ao povo que lhe pedia um rei.
11 En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;
11 Disse ele: “Este é o modo como o rei governará sobre vocês. Ele convocará seus filhos para servi-lo em seus carros de guerra e como seus cavaleiros e os fará correr à frente dos carros dele.
12 en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
12 Colocará alguns como generais e capitães de seu exército, obrigará outros a arar seus campos e a fazer as colheitas e forçará outros mais a fabricar armas e equipamentos para os carros de guerra.
13 Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.
13 Tomará suas filhas e as obrigará a cozinhar, assar pães e fazer perfumes para ele.
14 En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.
14 Tomará de vocês o melhor de seus campos, vinhedos e olivais e os dará aos servos dele.
15 En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.
15 Tomará um décimo de sua colheita de cereais e uvas para distribuir entre seus oficiais e servos.
16 En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.
16 Tomará seus escravos e escravas e o melhor do gado e dos jumentos para uso próprio.
17 Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees.
17 Exigirá um décimo de seus rebanhos, e vocês se tornarão escravos dele.
18 En in die dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in die dag nie verhoor nie.
18 Quando esse dia chegar, lamentarão por causa desse rei que agora pedem, mas o S enhor não lhes dará ouvidos”.
19 Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet 'n koning oor ons wees,
19 Mas o povo se recusou a ouvir a advertência de Samuel. “Mesmo assim, queremos um rei”, disseram.
20 dat ons ook kan wees soos al die nasies -- dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.
20 “Queremos ser como todas as nações ao nosso redor. Nosso rei nos julgará e nos conduzirá nas batalhas.”
21 En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die HERE uitgespreek.
21 Samuel repetiu para o S enhor aquilo que o povo tinha dito,
22 Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.
22 e o S enhor lhe respondeu: “Faça o que eles pedem e dê-lhes um rei”. Então Samuel ordenou aos israelitas que voltassem cada um para sua cidade.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Samuel 8, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.