1 Samuel 26
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA
1 En die Sifiete het by Saul in G¡bea gekom en gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hag¡la vooraan die wildernis nie?
1 Vieram os zifeus a Saul, a Gibeá, e disseram: Não se acha Davi escondido no outeiro de Haquila, defronte de Jesimom?
2 Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Sif, en met hom saam drie duisend man, uitgesoektes uit Israel, om Dawid te soek in die woestyn Sif.
2 Então, Saul se levantou e desceu ao deserto de Zife, e com ele, três mil homens escolhidos de Israel, a buscar a Davi.
3 En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hag¡la wat vooraan die wildernis langs die pad lê, terwyl Dawid in die woestyn gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die woestyn in --
3 Acampou-se Saul no outeiro de Haquila, defronte de Jesimom, junto ao caminho; porém Davi ficou no deserto, e, sabendo que Saul vinha para ali à sua procura,
4 want Dawid het verkenners uitgestuur en verneem dat Saul verseker aankom --
4 enviou espias, e soube que Saul tinha vindo.
5 maak Dawid hom klaar en gaan na die plek waar Saul in die laer staan; en Dawid het die plek bekyk waar Saul gaan slaap het saam met Abner, die seun van Ner, sy leërowerste; Saul het naamlik geslaap in die wa-laer, terwyl die manskappe rondom hom in die laer was.
5 Davi se levantou, e veio ao lugar onde Saul acampara, e viu o lugar onde se deitaram Saul e Abner, filho de Ner, comandante do seu exército. Saul estava deitado no acampamento, e o povo, ao redor dele.
6 En Dawid het begin spreek met Ahim,leg, die Hetiet, en met Ab¡sai, die seun van Seruja, die broer van Joab, en gesê: Wie sal met my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Ab¡sai sê: Ek sal met u saam afgaan.
6 Disse Davi a Aimeleque, o heteu, e a Abisai, filho de Zeruia, irmão de Joabe: Quem descerá comigo a Saul, ao arraial? Respondeu Abisai: Eu descerei contigo.
7 Toe Dawid met Ab¡sai in die nag by die manskappe kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spies aan sy koppenent in die grond gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê.
7 Vieram, pois, Davi e Abisai, de noite, ao povo, e eis que Saul estava deitado, dormindo no acampamento, e a sua lança, fincada na terra à sua cabeceira; Abner e o povo estavam deitados ao redor dele.
8 En Ab¡sai sê vir Dawid: Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit 'n tweede keer te doen.
8 Então, disse Abisai a Davi: Deus te entregou, hoje, nas mãos o teu inimigo; deixa-me, pois, agora, encravá-lo com a lança, ao chão, de um só golpe; não será preciso segundo.
9 Maar Dawid sê vir Ab¡sai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die HERE en bly ongestraf?
9 Davi, porém, respondeu a Abisai: Não o mates, pois quem haverá que estenda a mão contra o ungido do Senhor e fique inocente?
10 Verder sê Dawid: So waar as die HERE leef, sekerlik sal die HERE hom slaan, •f sy dag sal kom dat hy sterwe, •f hy sal aftrek in die geveg en omkom!
10 Acrescentou Davi: Tão certo como vive o Senhor , este o ferirá, ou o seu dia chegará em que morra, ou em que, descendo à batalha, seja morto.
11 Mag die HERE my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die HERE sou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan.
11 O Senhor me guarde de que eu estenda a mão contra o seu ungido; agora, porém, toma a lança que está à sua cabeceira e a bilha da água, e vamo-nos.
12 Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat 'n diepe slaap van die HERE op hulle geval het.
12 Tomou, pois, Davi a lança e a bilha da água da cabeceira de Saul, e foram-se; ninguém o viu, nem o soube, nem se despertou, pois todos dormiam, porquanto, da parte do Senhor , lhes havia caído profundo sono.
13 En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in die verte op die top van die berg gaan staan -- die ruimte tussen hulle was groot --
13 Tendo Davi passado ao outro lado, pôs-se no cimo do monte ao longe, de maneira que entre eles havia grande distância.
14 en Dawid het geroep na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep?
14 Bradou ao povo e a Abner, filho de Ner, dizendo: Não respondes, Abner? Então, Abner acudiu e disse: Quem és tu, que bradas ao rei?
15 En Dawid vra vir Abner: Jy is tog 'n man, en wie is soos jy in Israel? Waarom het jy dan nie by jou heer die koning wag gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou heer, om te bring.
15 Então, disse Davi a Abner: Porventura, não és homem? E quem há em Israel como tu? Por que, pois, não guardaste o rei, teu senhor? Porque veio um do povo para destruir o rei, teu senhor.
16 Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie! So waar as die HERE leef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het oor julle heer, oor die gesalfde van die HERE nie. En kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was!
16 Não é bom isso que fizeste; tão certo como vive o Senhor , deveis morrer, vós que não guardastes a vosso senhor, o ungido do Senhor ; vede, agora, onde está a lança do rei e a bilha da água, que tinha à sua cabeceira.
17 Toe herken Saul die stem van Dawid en vra: Is dit jou stem daar, my seun Dawid? En Dawid sê: My stem, my heer die koning!
17 Então, reconheceu Saul a voz de Davi e disse: Não é a tua voz, meu filho Davi? Respondeu Davi: Sim, a minha, ó rei, meu senhor.
18 Verder sê hy: Waarom agtervolg my heer sy dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter kwaad is daar by my?
18 Disse mais: Por que persegue o meu senhor assim seu servo? Pois que fiz eu? E que maldade se acha nas minhas mãos?
19 Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: As die HERE u teen my aanhits, bied Hom dan 'n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is -- vervloek is hulle voor die aangesig van die HERE, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluit by die erfdeel van die HERE nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode!
19 Ouve, pois, agora, te rogo, ó rei, meu senhor, as palavras de teu servo: se é o Senhor que te incita contra mim, aceite ele a oferta de manjares; porém, se são os filhos dos homens, malditos sejam perante o Senhor ; pois eles me expulsaram hoje, para que eu não tenha parte na herança do Senhor , como que dizendo: Vai, serve a outros deuses.
20 Laat my bloed dan nou nie op die aarde val ver van die aangesig van die HERE nie, want die koning van Israel het uitgetrek om een enkele vlooi te soek, soos 'n man 'n patrys op die berge agtervolg.
20 Agora, pois, não se derrame o meu sangue longe desta terra do Senhor ; pois saiu o rei de Israel em busca de uma pulga, como quem persegue uma perdiz nos montes.
21 Toe sê Saul: Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.
21 Então, disse Saul: Pequei; volta, meu filho Davi, pois não tornarei a fazer-te mal; porque foi, hoje, preciosa a minha vida aos teus olhos. Eis que tenho procedido como louco e errado excessivamente.
22 En Dawid antwoord en sê: Hier is die spies van die koning; laat dan een van die jongmanne deurkom om dit te haal.
22 Davi, então, respondeu e disse: Eis aqui a lança, ó rei; venha aqui um dos moços e leve-a.
23 Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid -- die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.
23 Pague, porém, o Senhor a cada um a sua justiça e a sua lealdade; pois o Senhor te havia entregado, hoje, nas minhas mãos, porém eu não quis estendê-las contra o ungido do Senhor .
24 En kyk, soos vandag u lewe in my oë kosbaar was, mag so my lewe in die oë van die HERE kosbaar wees, en mag Hy my red uit elke benoudheid.
24 Assim como foi a tua vida, hoje, de muita estima aos meus olhos, assim também seja a minha aos olhos do Senhor , e ele me livre de toda tribulação.
25 Hierop sê Saul vir Dawid: Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer.
25 Então, Saul disse a Davi: Bendito sejas tu, meu filho Davi; pois grandes coisas farás e, de fato, prevalecerás. Então, Davi continuou o seu caminho, e Saul voltou para o seu lugar.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Samuel 26, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.