1 Samuel 16

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 Daarna sê die HERE aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek.
1 O Senhor disse a Samuel: — Até quando você terá pena de Saul, se eu o rejeitei como rei de Israel? Encha um chifre de azeite e ponha-se a caminho; vou enviar você a Jessé, o belemita, porque escolhi um dos filhos dele para ser rei.
2 Maar Samuel vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê die HERE: Neem 'n jong koei met jou saam en sê: Ek kom om aan die HERE te offer.
2 Samuel respondeu: — Como posso fazer isso? Saul ficará sabendo e me matará. Então o — Leve um novilho e diga: “Vim para oferecer um sacrifício ao
3 Nooi Isai dan na die offermaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem.
3 Convide Jessé para o sacrifício. Eu lhe mostrarei o que você deve fazer, e você ungirá para mim aquele que eu indicar.
4 En Samuel het gedoen wat die HERE gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoetgegaan en gevra: Is u koms vrede?
4 Samuel fez o que o Senhor tinha dito e foi a Belém. Os anciãos da cidade saíram ao encontro dele, tremendo, e perguntaram: — É de paz a sua vinda?
5 En hy sê: Vrede! Ek kom om aan die HERE te offer; heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Isai en sy seuns geheilig en hulle na die offermaaltyd genooi.
5 Samuel respondeu: — Sim, é de paz. Vim oferecer sacrifício ao Então ele consagrou Jessé e os filhos dele e os convidou para o sacrifício.
6 Toe hulle inkom en hy El¡ab sien, dink hy: Gewis, hier staan voor die HERE sy gesalfde!
6 Aconteceu que, quando eles chegaram, Samuel viu Eliabe e disse consigo: — Certamente está diante do
7 Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die m,ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.
7 Porém o Senhor disse a Samuel: — Não olhe para a sua aparência nem para a sua altura, porque eu o rejeitei. Porque o
8 Toe roep Isai Abin dab en laat hom voor Samuel verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die HERE ook nie uitgekies nie.
8 Então Jessé chamou Abinadabe e o fez passar diante de Samuel, que disse: — Nem a este o
9 Verder het Isai Samma laat verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die HERE ook nie uitgekies nie.
9 Então Jessé fez passar Samá. Porém Samuel disse: — Tampouco a este o
10 So het Isai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Isai gesê: Die HERE het hulle nie uitgekies nie.
10 Assim Jessé fez passar os seus sete filhos diante de Samuel. Porém Samuel disse a Jessé: — O
11 Verder het Samuel aan Isai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Isai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om die tafel gaan sit voordat hy hier kom nie.
11 E perguntou a Jessé: — Esses são todos os seus filhos? Jessé respondeu: — Ainda falta um, o mais moço; ele está apascentando as ovelhas. Então Samuel disse a Jessé: — Mande chamá-lo, pois não nos sentaremos à mesa sem que ele venha.
12 Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en 'n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.
12 Então mandou chamá-lo e o fez entrar. Davi era ruivo, de belos olhos e boa aparência. E o Senhor disse a Samuel: — Levante-se e unja-o, pois este é ele.
13 Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van die dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.
13 Samuel pegou o chifre do azeite e ungiu Davi no meio de seus irmãos. E, daquele dia em diante, o Espírito do Senhor se apossou de Davi. Então Samuel se levantou e foi para Ramá.
14 Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.
14 Depois que o Espírito do Senhor se retirou de Saul, um espírito mau, vindo da parte do Senhor , o atormentava.
15 Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, 'n bose gees van God verskrik u:
15 Então os servos de Saul lhe disseram: — Eis que, agora, um espírito mau, enviado por Deus, está atormentando o senhor, ó rei.
16 laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal 'n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word.
16 Por isso, mande que estes seus servos, que estão em sua presença, busquem um homem que saiba tocar harpa. Assim, quando o espírito mau, enviado por Deus, vier sobre o senhor, o homem dedilhará a harpa e o senhor se sentirá melhor.
17 Daarop sê Saul aan sy dienaars: Kyk tog vir my uit na 'n man wat goed kan speel, en bring hom na my.
17 E Saul disse aos seus servos: — Então procurem um homem que saiba tocar bem harpa e tragam-no para cá.
18 En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dapper held en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die HERE is met hom.
18 Um dos moços disse: — Conheço um filho de Jessé, o belemita, que sabe tocar harpa. Ele é forte e valente, homem de guerra, fala com sensatez e tem boa aparência; e o
19 Toe het Saul boodskappers na Isai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawid wat by die skape is, na my.
19 Saul enviou mensageiros a Jessé, dizendo: — Mande-me o seu filho Davi, aquele que está com as ovelhas.
20 Isai neem toe 'n esel, brood en 'n leersak met wyn en 'n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul.
20 Então Jessé pegou um jumento e o carregou de pão, um odre de vinho e um cabrito, e enviou-os a Saul por meio de Davi, seu filho.
21 So het Dawid dan by Saul gekom en voor hom gestaan; en die het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapendraer geword het.
21 Assim Davi foi a Saul e esteve diante dele. Saul gostou muito dele e fez dele o seu escudeiro.
22 Daarna het Saul na Isai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan, want hy het guns in my oë gevind.
22 Saul mandou dizer a Jessé: — Deixe que Davi fique aqui, pois alcançou favor diante de mim.
23 En net wanneer daar 'n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.
23 E sempre que o espírito mau, enviado por Deus, vinha sobre Saul, Davi pegava a harpa e a dedilhava. Então Saul sentia alívio e se achava melhor, e o espírito mau se retirava dele.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Samuel 16, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.