1 Reis 6

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 En in die vier honderd en tagtigste jaar n die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif -- dit is die tweede maand -- het hy die huis vir die HERE gebou.
1 E sucedeu, no quadringentésimo octogésimo ano depois dos filhos de Israel terem saído da terra do Egito, no quarto ano do reinado de Salomão sobre Israel, no mês de zive, o qual é o segundo mês, que ele começou a construir a casa do SENHOR.
2 En die huis wat koning Salomo vir die HERE gebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte.
2 E a casa que o rei Salomão construiu para o SENHOR, o seu comprimento era de sessenta côvados, e a sua largura de vinte côvados, e a sua altura de trinta côvados.
3 En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die huis, was twintig el in sy lengte, oor die breedte van die huis; tien el in sy breedte aan die voorkant van die huis.
3 E o pórtico diante do templo da casa; vinte côvados era o seu comprimento, segundo a largura da casa; e dez côvados era a sua largura diante da casa.
4 En hy het aan die huis vensters gemaak met smal latwerk.
4 E para a casa ele fez janelas de luzes estreitas.
5 En teen die muur van die huis het hy rondom 'n aanbousel opgetrek, aan die mure van die huis rondom die hoofvertrek en die binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak.
5 E construiu câmaras junto ao muro da casa, contra as paredes da casa em redor, tanto do templo, como do oráculo; e assim lhe fez câmaras em redor.
6 Die onderste verdieping was vyf el in sy breedte en die middelste ses el in sy breedte en die derde sewe el in sy breedte; want hy het vir die huis rondom buitekant inkortings gemaak, om nie in die mure van die huis in te las nie.
6 A câmara mais baixa tinha cinco côvados de largura, e a intermediária tinha seis côvados de largura, e a terceira tinha sete côvados de largura; porque pela parte de fora da casa, em redor, ele fez bases estreitadas, de modo que as vigas não seriam apertadas contra as paredes da casa.
7 En toe die huis gebou is, is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis toe dit gebou is nie.
7 E a casa, quando estava em construção, foi construída de pedra preparada antes de ser trazida para lá; de forma que não tinha nem martelo, nem machado, nem qualquer ferramenta de ferro se ouviu na casa, enquanto ela esteve em construção.
8 Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde.
8 A porta para a câmara intermediária ficava no lado direito da casa; e por escadas em caracol se subia para a câmara intermediária, e da intermediária para a terceira.
9 En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.
9 Assim, ele construiu a casa, e a terminou; e cobriu a casa com vigas e tábuas de cedro.
10 En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el was elke verdieping hoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke.
10 E, depois, ele construiu câmaras contra toda a casa, com cinco côvados de altura; e elas se apoiavam na casa, com madeira de cedro.
11 En die woord van die HERE het tot Salomo gekom en gesê:
11 E a palavra do SENHOR veio a Salomão, dizendo:
12 Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou -- as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul;
12 Acerca desta casa que estás construindo, se andares nos meus estatutos, e executares os meus juízos, e guardares todos os meus mandamentos para neles andares; então cumprirei a minha palavra contigo, a qual falei a Davi, o teu pai;
13 dan sal Ek onder die kinders van Israel woon en my volk Israel nie verlaat nie.
13 e habitarei no meio dos filhos de Israel, e não abandonarei o meu povo, Israel.
14 Toe Salomo die huis klaar gebou het,
14 Assim, Salomão construiu a casa, e a terminou.
15 het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy met sipresplanke belê.
15 E ele construiu as paredes internas da casa com tábuas de cedro, tanto o chão da casa, como as paredes do teto; e as cobriu na parte interna com madeira, e cobriu o chão da casa com pranchas de cipreste.
16 Verder het hy die twintig el van die agterkant van die huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die balke, en dit aan die binnekant as 'n binneste vertrek, as 'n Allerheiligste, gebou.
16 E ele construiu vinte côvados nos lados da casa, tanto o chão, como as paredes com tábuas de cedro; construiu-os por dentro, para o oráculo, para o Santíssimo Lugar.
17 En vooraan was die huis, dit is die hoofvertrek, veertig el.
17 E a casa, isto é o templo diante dela, tinha quarenta côvados de comprimento.
18 En sederhout was aan die huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie.
18 E o cedro do interior da casa era entalhado com botões e flores abertas; tudo era cedro; nenhuma pedra era vista.
19 So het hy dan 'n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die HERE daar neer te sit.
19 E o oráculo ele preparou no interior da casa, para ali colocar a arca do SENHOR.
20 En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.
20 E o oráculo, na sua parte frontal, tinha vinte côvados de comprimento, e vinte côvados de largura, e vinte côvados na sua altura; e ele o revestiu com ouro puro; e assim cobriu o altar que era de cedro.
21 Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het 'n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.
21 Assim Salomão revestiu o interior da casa com ouro puro; e fez uma repartição por correntes de ouro diante do oráculo; e a revestiu com ouro.
22 En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek.
22 E revestiu inteiramente de ouro a casa toda, até que terminou toda a casa; também todo o altar que estava junto ao oráculo, ele revestiu com ouro.
23 Verder het hy in die binneste vertrek twee g,rubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog.
23 E dentro do oráculo ele fez dois querubins de oliveiras, cada um com dez côvados de altura.
24 En vyf el was die een vlerk van die g,rub, en vyf el was die ander vlerk van die g,rub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan.
24 E cinco côvados era uma das asas do querubim, e cinco côvados a outra asa do querubim; de uma parte extrema de uma asa até a parte extrema da outra eram dez côvados.
25 En tien el die tweede g,rub: altwee die g,rubs het een maat en een gestalte gehad.
25 E o outro querubim tinha dez côvados; ambos os querubins eram de uma medida e tamanho.
26 Die hoogte van die een g,rub was tien el, en net so die ander g,rub.
26 A altura de um querubim era dez côvados, e assim também era o outro querubim.
27 Toe het hy die g,rubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die g,rubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander g,rub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.
27 E ele pôs os querubins dentro da casa mais interna; e estenderam as asas dos querubins, de modo que a asa de um tocava uma parede, e a asa do outro querubim tocava a outra parede; e as suas asas tocavam-se entre si no meio da casa.
28 Verder het hy die g,rubs met goud oorgetrek.
28 E ele revestiu os querubins com ouro.
29 En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny.
29 E entalhou todas as paredes da casa em redor com figuras de querubins e palmeiras e flores abertas, por dentro e por fora.
30 En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met goud oorgetrek.
30 E o chão da casa, ele revestiu com ouro, por dentro e por fora.
31 En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van 'n vyfhoek gehad.
31 E para a entrada do oráculo ele fez portas de oliveira; a verga e as ombreiras eram uma quinta parte da parede.
32 En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die g,rubs en op die palmbome ingeslaan.
32 As duas portas também eram de oliveira; e ele entalhou sobre elas entalhes de querubins e palmeiras e de flores abertas, e os revestiu com ouro, e espalhou ouro sobre os querubins, e sobre as palmeiras.
33 En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig;
33 Assim, ele fez também ombreiras para a porta do templo de oliveira, da quarta parte da parede.
34 en twee deurvleuels van sipreshout: die een vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes.
34 E as duas portas eram de cipreste; as duas folhas de uma porta eram dobradiças, e as duas folhas da outra porta eram dobráveis.
35 En hy het daarop g,rubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.
35 E ele entalhou sobre elas querubins e palmeiras e flores abertas; e as cobriu com ouro ajustado sobre a obra entalhada.
36 Verder het hy die binneste voorhof gebou van drie lae gekapte klip en een laag sederbalke.
36 E ele construiu o pátio interno com três fileiras de pedra talhada, e uma fileira de vigas de cedro.
37 In die vierde jaar is die fondament van die huis van die HERE gelê, in die maand Sif,
37 No quarto ano foi a fundação da casa do SENHOR lançada, no mês de zive.
38 en in die elfde jaar, in die maand Bul -- dit is die agtste maand -- was die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.
38 E no décimo primeiro ano, no mês de bul, o qual é o oitavo mês, foi terminada a casa em todas as suas partes, e de acordo com toda a sua forma. Assim, esteve ele sete anos na sua construção.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Reis 6, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.