1 Reis 5

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 En Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n vriend van Dawid.
1 E enviou Hirão, rei de Tiro, os seus servos a Salomão (porque ouvira que ungiram a Salomão rei em lugar de seu pai), porquanto Hirão sempre tinha amado a Davi.
2 Daarop laat Salomo aan Hiram weet:
2 Então Salomão mandou dizer a Hirão:
3 U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die HERE hulle onder sy voetsole gebring het.
3 Bem sabes tu que Davi, meu pai, não pôde edificar uma casa ao nome do Senhor seu Deus, por causa da guerra com que o cercaram, até que o Senhor pôs seus inimigos debaixo das plantas dos seus pés.
4 Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.
4 Porém agora o Senhor meu Deus me tem dado descanso de todos os lados; adversário não há, nem algum mau encontro.
5 En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die HERE my God 'n huis te bou soos die HERE met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou.
5 E eis que eu intento edificar uma casa ao nome do Senhor meu Deus, como falou o Senhor a Davi, meu pai, dizendo: Teu filho, que porei em teu lugar no teu trono, ele edificará uma casa ao meu nome.
6 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die L¡banon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.
6 Dá ordem, pois, agora, que do Líbano me cortem cedros, e os meus servos estarão com os teus servos, e eu te darei o salário dos teus servos, conforme a tudo o que disseres; porque bem sabes tu que entre nós ninguém há que saiba cortar a madeira como os sidônios.
7 Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die HERE vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.
7 E aconteceu que, ouvindo Hirão as palavras de Salomão, muito se alegrou, e disse: Bendito seja hoje o Senhor, que deu a Davi um filho sábio sobre este tão grande povo.
8 Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ,k sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout.
8 E enviou Hirão a Salomão, dizendo: Ouvi o que me mandaste dizer. Eu farei toda a tua vontade acerca das madeiras de cedro e de cipreste.
9 My dienaars sal dit van die L¡banon na die see afbring, en ,k sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan u dit laat wegneem; en u moet doen wat ek verlang deur voedsel aan my huis te lewer.
9 Os meus servos as levarão desde o Líbano até ao mar, e eu as farei conduzir em jangadas pelo mar até ao lugar que me designares, e ali as desamarrarei; e tu as tomarás; tu também farás a minha vontade, dando sustento à minha casa.
10 So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê,
10 Assim deu Hirão a Salomão madeira de cedro e madeira de cipreste, conforme a toda a sua vontade.
11 terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintig duisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer.
11 E Salomão deu a Hirão vinte mil coros de trigo, para sustento da sua casa, e vinte coros de azeite batido; isto dava Salomão a Hirão anualmente.
12 En die HERE het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verbond gesluit.
12 Deu, pois, o Senhor a Salomão sabedoria, como lhe tinha falado; e houve paz entre Hirão e Salomão, e ambos fizeram acordo.
13 Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertig duisend man was.
13 E o rei Salomão fez subir uma leva de gente dentre todo o Israel, e foi a leva de gente trinta mil homens;
14 En hy het hulle gestuur na die L¡banon, tien duisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die L¡banon, twee maande tuis; en Adon¡ram was oor die dwangarbeid.
14 E os enviava ao Líbano, cada mês, dez mil por turno; um mês estavam no Líbano, e dois meses cada um em sua casa; e Adonirão estava sobre a leva de gente.
15 Salomo het ook sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers op die gebergte gehad,
15 Tinha também Salomão setenta mil que levavam as cargas, e oitenta mil que talhavam pedras nas montanhas,
16 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drie duisend drie honderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.
16 Afora os chefes dos oficiais de Salomão, que estavam sobre aquela obra, três mil e trezentos, os quais davam as ordens ao povo que fazia aquela obra.
17 En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.
17 E mandou o rei que trouxessem pedras grandes, e pedras valiosas, pedras lavradas, para fundarem a casa.
18 En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou.
18 E as lavraram os edificadores de Hirão, e os giblitas; e preparavam a madeira e as pedras para edificar a casa.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Reis 5, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.