1 Reis 1
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI
1 Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.
1 Quando o rei Davi envelheceu, já de idade bem avançada, cobriam-no de cobertores, mas ele não se aquecia.
2 En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning 'n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom 'n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.
2 Por isso os seus servos lhe propuseram: "Nós vamos procurar uma jovem virgem para servir e cuidar do rei. Ela se deitará ao seu lado, afim de aquecer o rei".
3 Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel 'n mooi meisie gesoek en Ab¡sag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.
3 Então procuraram em todo o território de Israel uma jovem que fosse bonita e encontraram Abisague, uma sunamita, e a levaram ao rei.
4 En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning 'n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.
4 A jovem, muito bonita, cuidava do rei e o servia, mas o rei não teve relações com ela.
5 Intussen was Adonia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
5 Ora, Adonias, cuja mãe se chamava Hagite, tomou a dianteira e disse: "Eu serei o rei". Providenciou uma carruagem e cavalos, além de cinqüenta homens para correrem à sua frente.
6 En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom n Absalom gebaar.
6 Seu pai nunca o havia contrariado; nunca lhe perguntava: "Por que você age assim? " Adonias também tinha boa aparência e havia nascido depois de Absalão.
7 En hy het met Joab, die seun van Seruja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adonia.
7 Adonias fez acordo com Joabe, filho de Zeruia, e com o sacerdote Abiatar, e eles, o seguiram e o apoiaram.
8 Maar Sadok, die priester, en Ben ja, die seun van Jojada, en Natan, die profeet, en S¡me‹en Re‹en die helde van Dawid het nie met Adonia saamgegaan nie.
8 Mas o sacerdote Zadoque, Benaia, filho de Joiada, o profeta Natã, Simei, Reí e a guarda especial de Davi não deram apoio a Adonias.
9 En Adonia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Soh,let wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;
9 Então Adonias sacrificou ovelhas, bois e novilhos gordos junto à pedra de Zoelete, próximo a En-Rogel. Convidou todos os seus irmãos, filhos do rei, e todos os homens de Judá que eram conselheiros do rei,
10 maar Natan, die profeet, en Ben ja en die helde en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.
10 mas não convidou o profeta Natã nem Benaia nem a guarda especial nem o seu irmão Salomão.
11 Toe sê Natan vir B tseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adonia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?
11 Natã perguntou então a Bate-Seba, mãe de Salomão: "Você ainda não sabe que Adonias, o filho de Hagite, tornou-se rei, sem que o nosso senhor Davi ficasse sabendo?
12 Kom dan nou, laat ek u tog 'n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.
12 Agora, vou dar-lhe um conselho para salvar a sua vida e também a vida do seu filho Salomão.
13 Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het u nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word n my, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adonia dan koning geword?
13 Vá perguntar ao rei Davi: Ó rei, meu senhor, não juraste a esta tua serva, prometendo: ‘Tenha certeza que o seu filho Salomão me sucederá como rei, e se assentará no meu trono? ’ Por que foi então, que Adonias se tornou rei?
14 Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ,k agter u inkom en u woorde aanvul.
14 Enquanto você ainda estiver conversando com o rei, eu entrarei e confirmarei as suas palavras".
15 Daarop het B tseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Ab¡sag, die Sunamitiese, die koning bedien.
15 Então Bate-Seba foi até o quarto do rei, já idoso, onde a sunamita Abisague cuidava dele.
16 En B tseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?
16 Bate-Seba ajoelhou-se e prostrou-se diante do rei. "O que você quer? ", o rei perguntou.
17 En sy antwoord hom: My heer, u het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik n my koning word, en hy sal op my troon sit.
17 Ela respondeu: "Meu senhor, tu mesmo juraste a esta tua serva, pelo Senhor o teu Deus: ‘Seu filho Salomão o sucederá como rei e se assentará no meu trono’.
18 Maar kyk, nou het Adonia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.
18 Mas agora Adonias se tornou rei, sem que o rei meu senhor o soubesse.
19 Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.
19 Ele sacrificou muitos bois, novilhos gordos e ovelhas, e convidou todos os filhos do rei, o sacerdote Abiatar, e Joabe, o comandante do exército, mas não convidou o teu servo Salomão.
20 Maar op u, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning n hom sal sit.
20 Agora, ó rei, meu senhor, os olhos de todo o Israel estão sobre ti para saber de tua parte, quem sucederá ao rei, meu senhor, no trono.
21 Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.
21 De outro modo, tão logo o rei, meu senhor descanse com os seus antepassados, eu e o meu filho Salomão seremos tratados como traidores".
22 En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.
22 Ela ainda conversava com o rei, quando o profeta Natã chegou.
23 En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.
23 Assim que informaram o rei que o profeta Natã havia chegado, ele entrou e prostrou-se, rosto em terra, diante do rei.
24 En Natan sê: My heer die koning, het u gesê: Adonia sal n my koning word, en hy sal op my troon sit?
24 E Natã lhe perguntou: "Ó rei, meu senhor, por acaso declaraste que Adonias te sucederia como rei e que ele se assentaria no teu trono?
25 Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adonia lewe!
25 Hoje ele foi matar muitos bois, novilhos gordos e ovelhas. Convidou todos os filhos do rei, os comandantes do exército e o sacerdote Abiatar. Agora eles estão comendo e bebendo com ele e comemorando: ‘Viva o rei Adonias! ’
26 Maar my, u dienaar, en Sadok, die priester, en Ben ja, die seun van Jojada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
26 Mas ele não convidou a mim, que sou teu servo, nem ao sacerdote Zadoque nem a Benaia, filho de Joiada, nem a teu servo Salomão.
27 As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning n hom sal sit nie.
27 Seria isto algo que o rei, meu senhor, fez sem deixar que os seus conselheiros soubessem quem sucederia ao rei, meu senhor, no trono? "
28 Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep B tseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.
28 Então o rei Davi ordenou: "Chamem Bate-Seba". Ela entrou e ficou de pé diante dele.
29 Toe sweer die koning en sê: So waar as die HERE leef wat my uit alle benoudheid verlos het,
29 O rei fez então um juramento: "Juro pelo nome do Senhor, o qual me livrou de todas as adversidades,
30 sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo n my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
30 que sem dúvida hoje mesmo vou executar o que jurei pelo Senhor, o Deus de Israel. O seu filho Salomão me sucederá como rei e se assentará no meu trono em meu lugar".
31 En B tseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!
31 Então Bate-Seba prostrou-se, rosto em terra, e, ajoelhando-se diante do rei, disse: "Que o rei Davi, meu senhor, viva para sempre! "
32 Verder het koning Dawid gesê: Roep vir my Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada. Toe kom hulle in voor die koning,
32 O rei Davi ordenou: "Chamem o sacerdote Zadoque, o profeta Natã e Benaia, filho de Joiada". Quando chegaram à presença do rei,
33 en die koning sê vir hulle: Neem die dienaars van julle heer met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af na Gihon toe;
33 ele os instruiu: "Levem os conselheiros do seu senhor com vocês e ponham o meu filho Salomão sobre a minha mula e levem-no a Giom.
34 en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!
34 Ali o sacerdote Zadoque e o profeta Natã o ungirão rei sobre Israel. Então toquem a trombeta e gritem: Viva o rei Salomão!
35 Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan inkom en op my troon sit; want hy moet koning wees in my plek, en ek het hom aangestel om 'n vors oor Israel en Juda te wees.
35 Depois acompanhem-no, e ele virá assentar-se no meu trono e reinará em meu lugar. Eu o designei para governar Israel e Judá".
36 Toe antwoord Ben ja, die seun van Jojada, die koning en sê: Amen! Mag die HERE, die God van my heer die koning, ook so sê.
36 Benaia, filho de Joiada, respondeu ao rei: "Assim se fará! Que o Senhor, o Deus do rei, meu senhor, o confirme.
37 Soos die HERE met my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my heer die koning Dawid.
37 Assim como o Senhor esteve com o rei, meu senhor, também esteja ele com Salomão para que ele tenha um reinado ainda mais glorioso do que o meu senhor, o rei Davi! "
38 Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring.
38 Então o sacerdote Zadoque, o profeta Natã, Benaia, filho de Joiada, os queretitas e os peletitas fizeram Salomão montar a mula do rei Davi e o escoltaram até Giom.
39 En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!
39 O sacerdote Zadoque pegou na Tenda o chifre com óleo e ungiu Salomão. Então tocaram a trombeta e todo o povo gritou: "Viva o rei Salomão! "
40 Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.
40 E todo o povo o acompanhou, tocando flautas e comemorando, de tal forma que o chão tremia com o barulho.
41 En Adonia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?
41 Adonias e todos os seus convidados souberam disso quando estavam terminando o banquete. Ao ouvir o toque da trombeta, Joabe perguntou: "O que significa esta gritaria, esse alvoroço na cidade? "
42 Terwyl hy nog spreek, kom Jonatan, die seun van die priester Abjatar, daar aan; en Adonia sê: Kom in, want jy is 'n wakker man en bring 'n goeie boodskap.
42 Falava ele ainda, quando chegou Jônatas, filho do sacerdote Abiatar. E Adonias lhe disse: "Entre, pois um homem digno como você deve estar trazendo boas notícias! "
43 Maar Jonatan antwoord Adonia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak!
43 "De modo algum", respondeu Jônatas a Adonias. "Davi, o nosso rei e senhor, constituiu rei a Salomão.
44 En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;
44 O rei enviou com ele o sacerdote Zadoque, o profeta Natã, Benaia, filho de Joiada, os queretitas e os peletitas, e eles o fizeram montar a mula do rei.
45 en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het.
45 Depois o sacerdote Zadoque e o profeta Natã o ungiram rei em Giom. De lá eles saíram comemorando, e a cidade está alvoroçada. É esse o barulho que vocês ouvem.
46 En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit.
46 Além disso, Salomão já se assentou no trono real.
47 Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons heer die koning Dawid geluk te wens met die woorde: Mag u God die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon. Toe het die koning op die bed aanbid;
47 Até mesmo os oficiais do rei foram cumprimentar Davi, o nosso rei e senhor, dizendo: ‘Que o teu Deus torne o nome de Salomão mais famoso que o teu, e o seu reinado mais glorioso do que o teu! ’ E o rei curvou-se reverentemente em sua cama,
48 en die koning het ook so gesê: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien.
48 e disse: ‘Bendito seja o Senhor, o Deus de Israel, que permitiu que os meus olhos vissem hoje um sucessor em meu trono’ ".
49 Daarop het al die genooides wat by Adonia was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.
49 Diante disso, todos os convidados de Adonias entraram em pânico e se dispersaram.
50 Maar Adonia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou.
50 Mas Adonias, com medo de Salomão, foi agarrar-se às pontas do altar.
51 Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adonia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.
51 Então informaram a Salomão: "Adonias está com medo do rei Salomão e está agarrado às pontas do altar. Ele diz: ‘Que o rei Salomão me jure que não matará o seu servo pela espada’ ".
52 Daarop sê Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe.
52 Salomão respondeu: "Se ele se mostrar confiável, não cairá nem um só fio de cabelo da sua cabeça; mas se nele se descobrir alguma maldade, ele morrerá".
53 En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.
53 Então o rei enviou alguns soldados, e eles o fizeram descer do altar. E Adonias veio e se curvou solenemente perante o rei Salomão, que lhe disse: "Vá para casa".
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Reis 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.